Skip to main content

Tag: Job

Job 3 – Job vervloek sy geboortedag

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

In drie roerende gedeeltes begin Job om sy geboortedag te vervloek, soos Jeremia ook later sou doen (Jer. 20:14-18).  Job sou in die eerste plek verkies het om glad nie gebore te word, en dus nooit te bestaan het nie (3:1-10).  Hy sou in die tweede plek verkies het om by geboorte te sterf, en nooit te gelewe het nie, uitgedruk met ‘n reeks van drie waaroms (3:11-19).  Hy sou in die derde plek verkies het om eerder nou te sterf, as om verder te lewe, ook uitgedruk met ‘n reeks van drie waaroms (3:20-26 – die waaroms word veronderstel, hoewel dit eintlik net in vers 20 in die teks voorkom).

Hoewel Job dus nie direk die Here self vervloek nie – soos die Satan verkeerdelik voorspel het, en waartoe sy vrou hom aangemoedig het – veroordeel hy dit dat God hom in die lewe geroep het: “Waarom moes God dan die lewenslig gee aan ‘n man wat net swaar kry.” (3:20).

Dit is nie dat hy soseer God blameer vir sy lot nie.  Hy druk hier net die diepte van sy emosie uit.  Die lewe is vir hom geen plesier meer nie.  Waarom dan lewe?  Soos Clines (Word) opmerk: “here we are invited to view the man Job in the violence of his grief.

Continue reading

Job 2 – Job bly vroom, al word hy sonder rede geruïneer

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die Satan bly skepties oor Job se vroomheid – 2:1-6 – Vierde toneel

Job se integriteit blyk intakt te bly.  Tot die Here se vreugde.  Tot die Satan se argwaan.  Let op met hoeveel trots die Here oor Job se lojaliteit praat: “Hy het vroom gebly, al het jy My daartoe gebring om hom sonder rede te ruïneer.

Let op hoe die Here daarmee eintlik die Satan uitnooi om twee goed agter te kom. Een, dat dié eksperiment rondom Job se vroomheid in verlies eintlik verniet was, onnodig, redeloos.  Twee, dat dié eksperiment geslaag het.  Job het vroom gebly al is hy sonder rede geruïneer.

Die Satan bly egter skepties oor Job se vroomheid.  Hy dink dat ‘n mens wel alles sal gee wat jy het, selfs die lewe van jou kinders, as jy maar net self in die lewe kan bly: “Maar raak nou net aan sy liggaam en kyk of hy U dan nie in u gesig vervloek nie.

In wese bly die Satan natuurlik eintlik skepties oor God self.  Hy bevraagteken eintlik hiermee God se status op aarde.  Hy sê hiermee op verskuilde wyse dat God nie genoeg is vir mense nie, dat God nie geëer word ómdat mense sy Naam eer en aan Hom verbind is, kom wat wil nie, maar ómdat hulle sy seën wil bly geniet.  God se invloed in mense se lewe word dus met die Satan se sinisme in twyfel getrek. Mense dien Hom ómdat Hy vir hulle goed is.  Daarsonder sou hulle Hom die rug toekeer.

Continue reading

Job 1 – Sal Job vroom bly, al word hy sonder rede geruïneer?

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die boek Job begin in hfst. 1-2 met die vraag na vroomheid in ‘n situasie van verlies.  “Sal Job vroom bly, al word hy sonder rede geruïneer?”  Aanvanklik neem die Satan al Job se goed sonder rede van hom weg (hfst. 1).  Daarna is dit sy gesondheid wat sonder rede van hom af weggeneem word (hfst. 2).

Die antwoord wat in Job se lewe uitspeel, is dat hy vroom bly, selfs al word hy sonder rede geruïneer, en al is hy onbewus van die oorsake van sy ellende.  Job sê oor sy verlies: “As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?’  Onder alles het Job met geen woord gesondig nie.” (2:10).

Die vraag na sy vroomheid in verlies en die antwoord hierop word op dramatiese wyse in vyf tonele in die twee hoofstukke vertel.

Continue reading

Lees, luister, leef

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Soos altyd beklemtoon ek dat hierdie bydraes van my net ‘n leeshulp is.  Jy moet self met die Bybel werk sodat jy die boodskap wat die Here vir jou het daarin kan hoor.  Die Bybel moet immers ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees.

Ek stel voor dat jy die volgende metodiek gebruik wat gebaseer is op Lectio Divina en die luistersiklus van die Seisoen van Luister:

Continue reading

Indeling van die boek Job

Job-in-Despair - van "Drawings-for-the-Bible" deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.
Job-in-Despair – van “Drawings-for-the-Bible” deur Marc Chagall gepubliseer deur Verve.

Die boek Job kan in drie dele verdeel word volgens die taalsoort.

  • Die eerste deel is in prosa geskryf en verduidelik hoe dit gekom het dat só ‘n groot lyding vir Job getref het (hfst. 1-2). Dit handel veral oor JOB SE VERLIES en die vraag na die gehalte van sy vroomheid.
  • Die tweede deel is in poësie geskryf en bevat drie gespreksrondtes tussen Job en sy drie vriende, Elifas, Bildad en Sofar (hfst. 3-27), ‘n bydrae oor die wysheid (hfst. 28), die gesprekke tussen Job en Elihu, waar Elihu eintlik op Job en sy drie vriende in sy vier toesprake reageer (hfst. 29-31; 32-37), en die twee gespreksrondtes tussen God en Job (hfst. 38-39; 40-42:6). Dit handel veral oor JOB SE VERDEDIGING van sy lewe en die vraag na regverdigheid.
  • Die derde deel is weer in prosa geskryf en verduidelik hoe die Here Job se lot verander het (42:7–17). Dit handel oor JOB SE VERLOSSING waarin die vraag na  regverdigheid en die vraag na vroomheid in perspektief gestel word.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…