Skip to main content

Tag: Esegiël

Esegiël 25 – ‘n Woord teen die Ammoniete, Moabiete, Edomiete en Filistyne

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Esegiël rig soos ‘n hele paar van die ander profete ook ‘n paar oordeelswoorde aan die omringende nasies, interessant genoeg, sewe nasies in getal.

In ‘n geografiese spiraal fokus Esegiël in hoofstuk 25 opeenvolgend op die Ammoniete in die noord-ooste, die Moabiete in die ooste, die Edomiete in die suid-ooste, en die Filistyne in die weste. In hoofstuk 26-28 kom Tirus en Sidon in die noorde aan die beurt – met ‘n kort heilswoord vir Israel aan die einde daarvan – voor hy die grootste deel van sy oordele in hoofstuk 29-32 – sewe profesieë in getal – teen Egipte in die verre suide uitspreek.

Daarmee getuig Esegiël van God se soewereine aanspraak op al die mense van die aarde. Hy bepaal die wel en weë van almal, selfs dié wat Hom nie aanbid nie. Hy wys ook duidelik uit dat die leedvermaak en minagting van die omringende volke op niks sal uitloop nie. Veral die eerste vier nasies sal hulle selfstandigheid verloor, terwyl Juda (Israel) weer hulle selfstandigheid sal herwin.

Babilonië word geïgnoreer, moontlik weens beide die feit dat hulle God se instrument van oordeel teen Jerusalem is, sowel as die gevaar wat dit sou kon inhou om hulle te direk aan te spreek. Sommige geleerdes sien in die uitgebreide beskrywing van Tirus en Sidon ‘n verskuilde boodskap aan Babilonië, maar die oordeel teen die twee nasies maak in elk geval sin, weens Nebukadnesar se uitgebreide veldtog net ná die inname van Jerusalem teen hulle.

Dit is redelike eenvoudige stof wat in die geval van die eerste vier nasies ook in ‘n eenvoudige formaat gegiet word. Die Here gee telkens vir hulle die redes vir sy oordeel en kondig dan die oordeel self aan.

Continue reading

Esegiël 24 – Ellende wag vir die stad, sowel as vir Esegiël – 588 v.C.

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Die laaste gedateerde boodskap in die reeks van oordele oor Jerusalem word aan Esegiël openbaar op die sabbat, Saterdag, 15 Januarie 588 v.C. Dít is die dag waarop die Here Esegiël ingelig het dat die koning van Babel vir Jerusalem aangeval het. As getuienis van die sekerheid van God se woorde aan hom, laat die Here hom “dié datum aanteken, presies dié datum.” En ons weet uit die vergelykbare detail in 2 Konings 25:1 en Jeremia 52:4 dat dit korrek was.

Interessant genoeg wil dit voorkom asof dié (tiende) maand ná die terugkeer uit ballingskap ‘n vastyd geword het om die volk aan die tragedie van die ballingskap te herinner (Taylor). Vgl. die boodskap in Sagaria 8:19 waar die Here onder andere belowe dat dié vasdae – die tiende maand verwys na die ballingskapsvas – in die toekoms in feesdae omgekeer sal word.

Daarmee sluit Esegiël die oordeelsboodskap van die heilige God af oor die onreg en verydeling van mense in Juda en Jerusalem wat Hom minag. Hy verwyder hulle daarom uit hulle land en stuur hulle in ballingskap, terwyl Hy ook sy teenwoordigheid van hulle onttrek. Die volgende hfste. van 25 tot 36 sal die fokus na God se oordeel ook oor die nasies verskuif voor die boodskap van heil in die tweede deel van die boek, hfste. 37-48, aan die beurt sal kom.

In twee roerende laaste metafore word Jerusalem eerstens beeldryk vergelyk met ‘n geroeste pot wat deur geen vuur roesvry gemaak kan word nie (24:1-14). Tweedens sterf die vrou van Esegiël as ‘n tragiese voorbeeld van wat met Jerusalem, God se heiligdom, sal gebeur (24:15-27).

  • 24:1-14 – Jerusalem is ‘n geroeste pot wat geen vuur roesvry kan maak nie
  • 24:15-27 – Esegiël se vrou sterf as voorbeeld van Jerusalem se ballingskap

Continue reading

Esegiël 23 – Ohola en Oholiba, die twee susters Samaria en Jerusalem het dieselfde pad geloop

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Op soortgelyke wyse as in hoofstuk 16 word die twee ryke van Israel – met die hoofstede Samaria en Jerusalem – op afgryslik metaforiese wyse as die twee owerspelige susters, Ohola en Oholiba, beskrywe. Dié twee het aan die Here behoort, maar hulle het gesmag na ander minnaars en só ontrou aan die Here geraak. Daarom het die Here hulle gestraf as voorbeeld wat ander moes afskrik.

Die kru en onkuise taal getuig van Esegiël se passie vir die eer van God en sy afgryse aan die verbondsverbreking van beide dele van die volk. Die metafoor ontvou in vier dele:

  • 23:1-10 – Ohola (Samaria) is in die mag van haar minnaars, die Assiriërs oorgegee
  • 23:11-21 – Oholiba (Jerusalem) het eers gesmag na die Babiloniërs en toe na die Egiptenare
  • 23:22-35 – Die Here straf Oholiba vir haar aanstootlike gedrag en onsedelikheid
  • 23:36-49 – Albei volke dra die straf vir hulle sonde met afgode

Continue reading

Esegiël 22 – “Hulle maak of Ek nie daar is nie”!

Michael Buesking - Drawing Jerusalem - with permission
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission

Die fokus skuif terug na Jerusalem en die naderende ballingskap. Esegiël formuleer die boodskap in drie punte, telkens ingelei met die frase: “Die woord van die Here het tot my gekom.” (22:1, 17, 23).

  • In die eerste deel brei Esegiël uit oor ‘n hele aantal van die redes vir die ballingskap – 22:1-16. “Hulle maak of Ek nie daar is nie.”!
  • In die tweede deel gebruik hy die metafoor van ‘n smeltoond om God se houding teenoor hulle as een van oordeel te tipeer – 22:17-22.
  • In die derde deel word die gevolge van God se oordeel uitgespel. Dit is daarom hul verdiende loon – 22:23-31.

Continue reading

Esegiël 21:28-32 – ‘n Woord teen die Ammoniete

In ‘n kort profesie word die oordeel van die Here ook teen die Ammoniete voltrek. Die boodskap is dat al het die swaard by die vurk in die pad Jerusalem getref, dit nie beteken dat die Ammoniete vry sal kom nie.

Die Here sal hulle oordeel weens hulle gespot van Israel en aan wrede mense oorgee wat weet hoe om uit te roei. Hulle sal as volk ophou bestaan.

In hoofstuk 25 sal dié oordeel en die oorsake daarvan verder uitgespel word.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda