Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission
Meer as ‘n jaar na Esegiël se eerste gesig, terwyl hy in sy huis op ‘n Maandag met die leiers van Juda op 17 September 592 v.C. sit en gesels, het die mag (hand) van die Here weer van hom besit geneem. Hy word in hierdie gesig na die tempel en die stad Jerusalem geneem om nie net die geestelike toestand van die mense wat tot die oordeel gely het, te sien nie, maar ook hoe God se magtige teenwoordigheid uit die stad uit weggeneem word. Daar is ‘n sprankie hoop vir die ballinge dat God “vir hulle ‘n heiligdom” sal bly in die lande waarheen hulle verstrooi is, sowel as ‘n belofte van terugkeer in die toekoms.
Jy kan dié vier hoofstukke in een sitting lees en daarna my bydrae, óf jou leeswerk oor vier dae versprei en my bydraes op soortgelyke wyse lees. Hoofstuk 12 kom dus aan die einde van die week.
8:1-18 – Die leiers dink die Here sien nie hulle afgodediens nie
9:1-11 – Die straf is naby vir die stad Jerusalem
10:1-22 – Die Here maak gereed om die stad te verlaat
11:1-25 – Die Here verlaat die stad met die belofte van ‘n terugkeer
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission
In opvolg van hfst. 6 se uitspel van die implikasie van die vyf simboliese handelinge van hfst. 4-5 word in hfst. 7 verder daarop uitgebrei in meer digterlike taal. Waar in hfst. 6 die “Berge van Israel” aangespreek is, word hier op soortgelyke wyse die “land Israel” aangespreek en gefokus op die verwoesting wat dwarsoor die land die inwoners van die land sal tref, maar met spesiale verwysing na die verwoesting van die stad Jerusalem en die heiligdom.
Waar in hfst. 6 veral die ongehoorsaamheid in aanbidding – die plekke van aanbidding sowel as die persone in aanbidding – aangespreek is, fokus Esegiël hier ook op die magsmisbruik in die land. Die probleem is: “Soos die mag toegeneem het, het die eiegeregtigheid ook toegeneem.” (7:10b). Interessant genoeg gaan die opstand téén die magsmisbruik nie kom van die kant van die inwoners van die land nie: “nie deur hulle verset, hulle protes nie, nie deur ‘n klag van hulle kant nie”, maar van die toorn van die Here wat op almal in die land rus. (7:11).
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission
Die implikasie van die vyf simboliese handelinge van hfst. 4-5 word in twee verdere profesieë uitgespel in hfst. 6-7.
In hoofstuk 6 word die “Berge van Israel” aangespreek en die verwoesting wat oor die mense van die woestyn in die suide af tot by Ribla in die noorde (vgl. 2 Kon 23:33; Eseg. 47:14) sal kom, beskryf. Dit sluit dus die hele grondgebied van Israel in.
In hoofstuk 7 word die “land Israel” aangespreek en die verwoesting wat dwarsoor die land die inwoners van die land sal tref, met spesiale verwysing na die verwoesting van die stad Jerusalem en die heiligdom.
Die Here gee in dieselfde jaar, 593 v.C., vir Esegiël die opdrag om vyf simboliese aksies uit te voer (4:1-5:4). Die vyf aksies dra die boodskap van die dreigende ballingskap van Jerusalem wat nie net groot nood vir hulle sal bring nie, maar afstand tussen hulle en God sal bring. Hy sal nie meer na hulle hulpgeroep luister nie. Die Here lê dan dié simboliese aksies verder uit as sy woorde van oordeel téén die volk (5:5-17). Hulle het sy voorskrifte nie nagekom nie, sy heiligdom met al hulle afskuwelikhede verontreinig, en sy naam onder die ander volke in diskrediet gebring. God tree dus teen hulle op. Daar is geen omkeer meer moontlik nie. Let ook op dat dié optrede as ‘n waarskuwing en afskrikmiddel vir die nasies bedoel word. God eis onverdeelde trou aan Homself.
4:1-5:4 – Jerusalem sal beleër en in ballingskap weggvoer word
Die vyf simboliese aksies word almal in die huis van Esegiël uitgevoer, maar só dat die res van die mense in ballingskap dit kon sien. Dit is amper soos ‘n “huisteater” wat die profetiese boodskap van die Here vir die volk opvoer. Veral die derde simboliese aksie het lank geduur, meer as ‘n jaar lank. Vandaar dat die volgende gedateerde profesieë in hfst. 8 twee jaar ná die eerste visioen van Esegiël gedateer is.
Michael Buesking_Ezekiel-Laying-Siege-to-Jerusalem-2 – with permission
Die eerste simboliese aksie behels ‘n baksteen wat Esegiël voor hom neer sit en die stad Jerusalem daarop teken. Daar rondom plaas hy ‘n beleëringswal, ‘n kamp en ‘n paar stormramme. Dit stel die beleëring van Jerusalem voor.
Die tweede simboliese aksie behels ‘n ysterplaat wat tussen hom en die baksteenstad geplaas word. Dit stel God se afskeiding van die stad voor. Hy wil hulle nie meer sien nie, en gaan nie meer na hulle luister nie. Dit herinner aan Jeremia se beskrywing van God wat in ‘n wolk gehul is: “sodat geen gebed na U kon deurkom nie.” (Kl. 3:44).
Dit alles is ‘n teken vir Israel. Soos Jeremia na die baksteen kyk, maar dit nie kan sien deur die ysterplaat nie, só sorg die Here dat Hy nie langer hulle afskuwelike sondes hoef gade te slaan nie. Soos Jeremia die baksteen beleër het, só gee die Here die stad oor aan Nebukadnesar se beleëring. Hy is dus afsydig – luister nie na hulle gebede nie – en vyandig – gee hulle oor aan vernietiging.
Michael Buesking Ezekiel-Lays-Siege-to-Jerusalem – with permission
Die derde simboliese aksie behels Esegiël wat 390 dae op sy linkersy gaan lê om die sonde van Israel simbolies te dra, en 40 dae op sy regtersy om die sonde van Juda te dra. Die 390 dae hou moontlik verband met die tydperk tussen die afskeiding van die noordryk onder koning Jerobeam in 931 v.C. tot en met die terugkeer uit ballingskap in 538 v.C. Die veertig dae hou moontlik verband met die tydperk van die laaste wegvoering uit Jerusalem in 582 v.C. (Jer. 52:30), vyf jaar nadat Jerusalem vernietig is, tot en met die terugkeer uit die ballingskap. Beide tydperke kan ook doodgewoon simbolies bedoel wees.
Dit alles is ‘n profetiese handeling wat die sekerheid van die ballingskap aan die volk moet oordra. Die volk sal die volle impak van God se oordeel oor hulle sonde moet dra, vóór daar weer die moontikheid van verlossing en omkeer sal kom.
Die vierde simboliese aksie behels Esegiël wat ses tipes kos neem – koring, gars, boontjies, lensies, sorghum en spelt – en in ‘n skottel daarvan kos maak vir hom. Die verskillende soorte illustreer die skaarsheid van die kos wat beskikbaar sal wees in die ballingskap. Hy moet soort van raap en skraap om dit bymekaar te kry. Die hoeveelheid wat Esegiël elke dag mag eet, word ook presies gerantsoeneer, net soos die hoeveelheid water wat hy mag drink. Dit dui op die hongersnood, broodsgebrek en waternood wat die volk sal deurmaak in Jerusalem.
Die Here wil verder hê dat Esegiél die kos gaarmaak op die droë uitwerpsel van mense om die kos daarmee onrein te maak. Dit simboliseer die verontreinigende impak wat die verstrooiing op die volk sal hê. Esegiël protesteer – die eerste keer dat ons lees dat hy in gesprek tree met die Here – en die Here laat hom toe om die kos op beesmis gaar te maak.
Die vyfde simboliese aksie behels Esegiël wat ‘n skerp swaard neem en as ‘n skeermes inspan om sy hare en baard af te skeer. Dié hare word in derdes verdeel om te illustreer wat die mense in die stad gaan beleef – verbrand, fyngekap en verstrooi. ‘n Klompie word beskerm in sy klere, hoewel ‘n deel daarvan ook verbrand sal word. Niemand is eintlik veilig nie. Die hele Israel sal die vuur van die Here aan hulle bas voel.
Esegiël weeg die hare
Esegiël verbrand ‘n derde van die hare
Esegiël verstrooi ‘n derde van die hare
5:5-17 – God word Jerusalem se teenstander omdat hulle nie volgens sy voorskrifte leef nie
Mike Buesking – Ezekiel Symbolizes the Exile – Oil on canvas – http://www.prophetasartist.com/about-the-artist/ – with permission
Dit is die 31ste Julie 593 v.C., die vyfde van die vierde maand, Tammuz. As my berekeninge reg is, is dit ‘n Vrydag net voor die sabbat die aand begin. Dit is die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin. Esegiël is tussen die ballinge aan die Kebarrivier, waarskynlik besig om die Here te aanbid (vgl. Ps. 137 en Hand. 16). Hy is 30 jaar oud.
Skielik het die hemele vir hom oopgegaan – soos vir Jesus (ook dertig jaar oud), Stefanus en Johannes in die NT – en het hy gesigte gesien wat van God af kom. Die mag (hand) van die Here het vir Esegiël in besit geneem. Let op dat die gesig wat Esegiël sien as ‘n: “woord van die Here” vertolk word (1:4). Die rede is dat die visioen wat Hy sien God se boodskap aan die volk oordra. Esegiël word nou God se woordvoerder.
Die eerste magtige verskyning van die Here loop uit op Esegiël se roeping en opdrag wat in die eerste drie hoofstukke in drie dele beskryf word:
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar