Inleiding op Esegiël
Ek stuur dié inleiding reeds vandag om jou tyd te gee om dit te lees. Donderdag kom die bydrae oor die eerste drie hoofstukke. Ek sien uit na die reis deur Esegiël saam met jou!
Die historiese agtergrond

Esegiël was ‘n priester, die seun van Busi, wat in Galdeërland (Babilonië) opgetree het tydens die ballingskap van Juda in die 6de eeu v.C. Hy was een van die ballinge wat saam met die jong 18-jarige koning Jojagin (2 Kron. 36:9 se grondteks sê eintlik hy was 8 jaar oud!) weggevoer is tydens die eerste veldtog van Nebukadnesar teen Juda in 598-597 v.C.
Esegiël was met die begin van sy profetiese roeping omtrent 30 jaar oud, ‘n afleiding wat ons maak uit die frase in Eseg. 1:1: “Op die vyfde van die vierde maand in die dertigste jaar …” wat ook die vyfde jaar van koningin Jojagin se ballingskap was, d.w.s. 593 v.C. Hoewel daar baie verskillende interpretasies van die betekenis van dié dertigste jaar is, waarvan geeneen regtig bevredigend is nie, is die verklaring van Origines die mees aanvaarbare, dat die datum op sy eie ouderdom dui.
Indien dít die geval is, is Esegiël gebore in die tyd van koning Josia se hervormings in Jerusalem, in die twintigerjare van die vorige eeu, hervormings wat ongelukkig nie die toets van die tyd deurstaan het nie. Josia se een seun, die afskuwelike koning Jojakim (Eljakim), het hom in 609 v.C. opgevolg. Hy was ‘n dwase koning en het onder andere die boekrol met die profesieë van Jeremia opgesny en verbrand (Jeremia 36) en hom só verset teen die Here.
Onlangse kommentaar