Skip to main content

Tag: Deuteronomium

Deuteronomium 29 – Kom die woorde van die verbond na en voer dit uit

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die derde preek van Moses word voorafgegaan deur ‘n terugverwysing na sy preek van die vorige 25 hoofstukke.  Daarmee onderstreep die redakteur van die boek die beslissende belang van Moses se woorde.  Net soos die Tien Gebooie van God by die berg Horeb (Sinai) die basis van sy verbond met Israel gevorm het, só vorm Moses se uitleg van die Tien Gebooie, wat hy hier by Moab so voortreflik gedoen het, die basis van die verbond wat die Here hier deur Moses met Israel sluit.

Trouens, ‘n mens kan die verbond by Moab eintlik ‘n verbond van Moses noem, een wat hy met Israel sluit op grond van die Here se bevel.  Vers 1 lui só in ’n meer direkte vertaling: “Dit is die woorde van die verbond wat die Here Moses beveel het om met die Israeliete te sluit in die land van Moab, afgesien van die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.” (Deut. 29:1).

Moses begin met sy derde preek om hulle geskiedenis tot by die Jordaan in perspektief te stel (Deut. 29:2-8) as begronding van sy oproep aan hulle om te sorg dat hulle alles uitvoer wat die verbond vir hulle as volk van God bepaal (Deut. 29:9-21).  Anders sal die toorn van die Here teen hulle ontvlam (Deut. 29:22-29).

Hy voltooi die preek in hoofstuk 30 deur die gevolge van hulle gehoorsaamheid al dan nie uit te spel in terme van die vloek en die seën van die Here (Deut. 30:1-10) en volg dit op met ‘n bemoedigende woord dat gehoorsaamheid moontlik is.  Dit is nie moeilik nie.  Dit is nie buite bereik nie (Deut. 30:11-14).  Al wat hulle moet doen, is om te kies vir die lewe saam met God, om Hom nougeset te gehoorsaam.  Die hemele en die aarde is getuies daarvan, sê Moses, dat hy niks teruggehou het van dít wat God wou hê dat hy vir hulle moes deurgee nie (Deut. 30:15-20; vgl. Jesus wat ‘n soortgelyke uitspraak maak in Joh. 15:15).

Die res van die boek is ‘n epiloog wat sal aandag gee aan die aanwys van Josua as die nuwe leier van die volk (Deut. 31; 34) sowel as aan twee liedere wat Moses: “tot die laaste woord toe” aan die volk voorgehou het.  Die een is ‘n loflied op die karakter van God in sy ewewigtige hantering van Israel ten spyte van hulle wispelturigheid (Deut. 32).  Die ander ‘n seënbede (Deut. 33).

Continue reading

Deuteronomium 28 – Die omvattende seëninge en strawwe van die verbond

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses som self die seëninge en strawwe van die verbond op om die volk tot gehoorsaamheid aan te moedig as ‘n afsluiting van sy tweede preek.  Hy begin met die dinge waarmee God die volk sal seën as hulle Hom en sy gebooie gehoorsaam.  Dit is oorvloedig en omvattend en sluit elke faset van hulle lewe in, ook om in heiligheid voor die Here te leef (Deut. 28:1-14).

Hy vervolg met die dinge wat God nie net sal wegneem van hulle nie – die terugtrek en omkering van sy seën – maar ook dié vervloekinge wat Hy aktief oor hulle sal bring.  Dit is net so omvattend en sluit die ervaring in om God as teëstander te hê deur verwarring, siekte en droogte, die vernedering onder die nasies deur nederlaag en ballingskap, en totale vernietiging as gevolg van die verbreking van die verbond.   Die vervloekinge word opeenvolgend in ses fases beskryf soos in ‘n woeste maalkolk wat hulle sal insluk en vernietig (Deut. 28:15-68).

Continue reading

Deuteronomium 27 – Gehoorsaamheid word van die leiers, priesters en die hele volk gevra

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses trek die leiers (oudstes) van Israel in by die derdelaaste deel van sy tweede preek met die opdrag om ‘n altaar te bou op Ebalberg net ná die Intog.  Op die klippe daarvan moes die woorde van die wet aangebring word as ‘n herinnering om daaraan gehoorsaam te wees (Deut. 27:1-8).  Hy trek die priesters en Leviete op soortgelyke wyse in by die tweedelaaste deel van sy tweede preek met die opdrag om in die middel van die twee berge net wes van die Jordaan te gaan staan met die helfte van die volk teen die hange van Gerisimberg en die ander helfte teen die hange van Ebalberg.  Die stamme teen die hange van Gerisim sou die seëninge van die verbond simboliseer.  Die stamme teen die hange van Ebal sou die strawwe van die verbond simboliseer.  Die Leviete moes dan die hele volk aan twaalf vloeke herinner wat op oortreders van die verbond sou rus (Deut. 27:12-26).  Wat die vloeke (en die seën) behels, word in die volgende hoofstuk uitgespel.

Continue reading

Deuteronomium 26 – Geloofsbelydenis, gebed en gehoorsaamheid

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses voltooi sy perspektiewe op ‘n gesonde geloofsgemeenskap (hfst. 19-26) wat deur respek vir die lewe en gehoorsaamheid aan die grense wat God stel, gekenmerk word.  Hy gee aandag aan die geloofsbelydenis wat hulle by die insameling van hulle oeste (Pinksterfees – vgl. Deut. 16 vir ‘n bespreking) moet herinner aan God se verlossing uit Egipte en hulle vestiging in die beloofde land (Deut. 26:1-11).  Hy beklemtoon die tiendes wat elke derde jaar direk vir die Leviete, vreemdelinge, vaderloses en weduwees bedoel was.  God seën Israel immers om tot ‘n seën vir ander te wees, ‘n seën waarvoor hulle dan ook bid (Deut. 26:12-15).  Hy roep die geloofsgemeenskap op om aan God alleen gehoorsaam te wees met hulle hele hart en siel, soos Hy inderdaad Homself aan hulle verbind het.  Aan hierdie wedersydse verklaring van liefde en trou sal Moses dan die seën en strawwe van die verbond verbind (Deut. 27-28)  waarmee hy sy tweede preek (hfst. 4-28) sal afsluit.

Continue reading

Deuteronomium 25:5-19 – Die leviraatshuwelik en ‘n oproep tot regverdigheid en billikheid 

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses hanteer vervolgens ‘n uitsondering op die sewende gebod, die sogenaamde leviraat- of swaershuwelik (Deut. 25:5-10) en gee ‘n aantal los uitsprake wat Israel tot regverdigheid en billikheid oproep om oneerlikheid en bedrog te voorkom (Deut. 25:11-16).  Hy sluit met ‘n sterk uitspraak teen die Amalekiete (Deut. 25:17-19).

Continue reading

Onlangse kommentaar