Dit bly bevredigend en bemoedigend om die diep begronding van die NT in die boodskap van die OT te sien.Nie net word die OT ekstensief aangehaal in die NT as begronding van die boodskap van die NT nie, maar elke boek in die NT vertoon ‘n vertroudheid met en verankering in die teologie en metafore van die OT.Dit versterk ons vertroue op die samehang van die boodskap van die hele Bybel.
Dit geld ook die boek Deuteronomium.Al die Evangelies haal uit Deuteronomium aan in hulle beskrywing en verwoording van Jesus se bediening, soos dit ook die geval is by die ander skrywers van die NT in hul briewe aan die gelowiges.
Trouens, in die evangelies gebruik Jesus nie net direkte aanhalings uit Deuteronomium in sy bediening nie, maar skoei Hy waarskynlik sy laaste gesprekke met sy dissipels in Johannes 13-17 op die voorbeeld van Moses se toesprake in Deuteronomium 31-33.
Hier is ‘n seleksie van 25 voorbeelde van die gebruik van Deuteronomium om vir jou ‘n prentjie daarvan te gee ter versterking van jou vertroue in die boodskap vir jou lewe.
Die tweede generasie kamp in die vlakte van Moab.Hulle is gereed om die beloofde land Kanaän in te neem.Moses het egter aan die einde van sy reis as leier met die volk gekom.Net voordat hy sterwe, lewer hy daarom drie laaste “preke” om die volk voor te berei vir die Intog.Hy het dit, saam met al die vorige woorde van God: “tot die laaste woord toe, in ’n boek opgeteken”, en vir die Leviete gegee om in die Tabernakel by die verbondsark te bewaar as getuienis van God self aan die volk (Deut. 31:24).Daarom word die boek in Hebreeus: “Hierdie is die woorde” genoem.
Na sy dood op die berg Nebo sou Josua die volk verder lei die beloofde land in met hierdie wetboek as rigsnoer: “Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.” (Jos. 1:8).
Die drie toesprake van Moses vorm die inhoud van die boek Deuteronomium wat daarmee die vyf boeke van die Pentateug afsluit.Moses fokus in hierdie drie boodskappe op die impak van die verlede, hede en toekoms op die volk.Dit verskaf ‘n teologiese raamwerk waarbinne Israel nie net hulle identiteit as volk van God kan begryp nie, maar hulle absolute lojaliteit aan die Here as Verbondsgod kan verseker.Dit sou die lamp vir hulle weg en die lig op hulle pad wees (Ps. 119:105).
Moses begrond sy boodskappe in die genade van God wat sy beloftes vir die geloofsgemeenskap in vervulling sal bring.Hierdie genade van God sal vir hulle die lewe beteken as hulle aan God gehoorsaam is.Ongehoorsaamheid sal egter die oordele van die verbond oor hulle bring.
Met hierdie begronding van God se seën in ‘n oorsaak-gevolg skema stempel Deuteronomium die geskiedenis van Israel in die beloofde land, soos veral hierna in die sogenaamde Deuteronomistiese Geskiedwerk – Josua, Rigters, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings – beskryf sal word.Gehoorsaamheid aan God sou met die keur van sy seëninge begroet word. Ongehoorsaamheid aan God sou hulle blootstel aan die trauma van sy strawwe wat uiteindelik in die oordeel van die onderskeie ballingskappe sou uitmond.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar