Skip to main content

Tag: Deuteronomium

Deuteronomium 24:1-25:4 – Egskeiding, hertrou en praktiese naasteliefde

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses brei uit op die sewende gebod (egbreuk) en hanteer kortliks die saak van egskeiding en hertrou.  Dié voorskrif sou egter van groot belang in die besinning van die profetiese literatuur wees en sterk en fundamentele uitsprake van Jesus, Paulus en die Hebreërskrywer in die NT tot gevolg hê (Deut. 24:1-4).  Hy volg dit op met elf praktiese voorskrifte vir naasteliefde weereens geskoei op die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat die Here stel (Deut. 24:5-25:4).

Continue reading

Deuteronomium 23 – Om vlekloos en blaamloos voor God te lewe

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die toepassing van die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat God gestel het, word voortgesit in terme van sewe ander sake: wie lid van die byeenkoms van die Here mag wees (Deut. 23:1-8), die wyse waarop na persoonlike higiëne omgesien moes word (Deut. 23:9-14), die beskerming van weggeloopte slawe (Deut. 23:15-16), die verbod op kultiese of gewone prostitusie (Deut. 23:17-18), die beperking op rente (Deut. 23:19-20), die vrywillige betaling van geloftes (Deut. 23:21-23), en die beskerming van ander se eiendom (Deut. 23:24-25).

Continue reading

Deuteronomium 22 – Respek vir die grense van God vir die lewe en die huwelik

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses trek nou die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat God gestel het deur na ‘n hele aantal ander sake.

Hy begin met agt losstaande sake: hulp aan jou naaste se verdwaalde diere of diere van hom wat geval het, die dra van klere wat pas by jou geslag, die beskerming van wyfievoëls, veiligheidsbewustheid by jou huis, geen vermenging van verskillende sade of materiale of die inspan van oneweredige trekdiere nie, sowel as die gebod om klossies aan die klere te dra, wat ons uit Numeri 15:37-41 weet ‘n herinnering was aan die gebooie van die Here (Deut. 22:1-12).

Hy pas die beginsel van respek toe op ses gevalle waardeur die huwelik in die gedrang kan kom: twee gevalle van voorhuwelikse seks, twee gevalle van owerspel of verkragting, en twee gevalle van bloedskande (Deut. 22:13-30).

In die volgende drie hoofstukke sal Moses nog verskeie voorbeelde noem waarin respek vir die lewe en die grense wat God gestel het prakties uitgespel sal word vir toepassing in: die gemeente of volksvergadering, persoonlike higiëne, beskerming van slawe, die verbod op kultiese of gewone prostitusie, beperking op rente, betaling van geloftesbeskerming van ander se eiendom, egskeiding, en ander voorskrifte wat die menswaardigheid van mense beskerm het. ‘n Uitsondering is die uitwissing van die Amalekiete weens hulle oorlogsugtigheid in die woestyn!

Continue reading

Deuteronomium 21 – Respek vir die lewe rig selfs die wyse waarop die doodstraf toegepas word

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses brei verder uit oor die implikasies van die sesde (moord) en sewende (egbreuk) gebod wat ook die vyfde gebod (ouers) betrek.  In die geval van moord deur ‘n onbekende persoon is daar ‘n spesifieke versoeningsvoorskrif om die land en sy mense van bloedskuld te vrywaar (Deut. 21:1-9).  In die geval van ‘n troue met ‘n krygsgevange vrou word sy volledig as Israeliet gereken.  Met egskeiding is sy dus as vry persoon vrygelaat (Deut. 21:10-14).  In die geval van ‘n tweede huwelik word die regte van die eersgebore seun beskerm ongeag die voorkeur wat die pa het (Deut. 21:15-17). In die geval van ‘n koppige en rebelse kind, ‘n vraat en ‘n suiplap, wat nie op enige dissipline reageer nie, was die doodstraf deur die gemeenskap voorgeskryf (Deut. 21:18-21).  In die geval van ‘n teregstelling deur iemand aan ‘n paal op te hang, moes die liggaam dieselfde dag begrawe word (Deut. 21:22-23).

Continue reading

Deuteronomium 20 – Die Here soek vreeslose voetsoldate wat die oorlog met ‘n vredesaanbod begin

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses het reeds vroeër in hierdie tweede preek van hom die Here se oorlogsbeleid aangeraak (Deut. 7; vgl. Eks. 15).  Hy sal ook nog vier keer perspektiewe byvoeg (oor huwelike met krygsgevange vroue – Deut. 21:10-14; oor reinheid in die kamp – Deut. 23:9-14; oor pasgetroude mans wat ‘n jaar van oorlog vrygestel is – Deut. 24:5; oor die uitwissing van die Amalekiete – Deut. 25:17:19).

Hier preek hy verder oor die Here se oorlogsbeleid in terme van hulle vreeslose ingesteldheid (Deut. 20:1-4), vrystelling van gepreokkupeerdes van hul oorlogsverpligtings (Deut. 20:5-9), die vredesaanbod wat die vernietiging van die stede en hulle mense voorafgaan (Deut. 20:10-18) en selfs die beskerming van die ekologie van vrugtebome in die proses (Deut. 20:19-20).  Die oorlog is teen die mense, nie teen die bome nie!

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda