Moses brei uit op die sewende gebod (egbreuk) en hanteer kortliks die saak van egskeiding en hertrou. Dié voorskrif sou egter van groot belang in die besinning van die profetiese literatuur wees en sterk en fundamentele uitsprake van Jesus, Paulus en die Hebreërskrywer in die NT tot gevolg hê (Deut. 24:1-4). Hy volg dit op met elf praktiese voorskrifte vir naasteliefde weereens geskoei op die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat die Here stel (Deut. 24:5-25:4).
Die toepassing van die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat God gestel het, word voortgesit in terme van sewe ander sake: wie lid van die byeenkoms van die Here mag wees (Deut. 23:1-8), die wyse waarop na persoonlike higiëne omgesien moes word (Deut. 23:9-14), die beskerming van weggeloopte slawe (Deut. 23:15-16), die verbod op kultiese of gewone prostitusie (Deut. 23:17-18), die beperking op rente (Deut. 23:19-20), die vrywillige betaling van geloftes (Deut. 23:21-23), en die beskerming van ander se eiendom (Deut. 23:24-25).
Moses trek nou die beginsel van respek vir die lewe en die grense wat God gestel het deur na ‘n hele aantal ander sake.
Hy begin met agt losstaande sake: hulp aan jou naaste se verdwaalde diere of diere van hom wat geval het, die dra van klere wat pas by jou geslag, die beskerming van wyfievoëls, veiligheidsbewustheid by jou huis, geen vermenging van verskillende sade of materiale of die inspan van oneweredige trekdiere nie, sowel as die gebod om klossies aan die klere te dra, wat ons uit Numeri 15:37-41 weet ‘n herinnering was aan die gebooie van die Here (Deut. 22:1-12).
Hy pas die beginsel van respek toe op ses gevalle waardeur die huwelik in die gedrang kan kom: twee gevalle van voorhuwelikse seks, twee gevalle van owerspel of verkragting, en twee gevalle van bloedskande (Deut. 22:13-30).
In die volgende drie hoofstukke sal Moses nog verskeie voorbeelde noem waarin respek vir die lewe en die grense wat God gestel het prakties uitgespel sal word vir toepassing in: die gemeente of volksvergadering, persoonlike higiëne, beskerming van slawe, die verbod op kultiese of gewone prostitusie, beperking op rente, betaling van geloftes, beskerming van ander se eiendom, egskeiding, en ander voorskrifte wat die menswaardigheid van mense beskerm het. ‘n Uitsondering is die uitwissing van die Amalekiete weens hulle oorlogsugtigheid in die woestyn!
Moses brei verder uit oor die implikasies van die sesde (moord) en sewende (egbreuk) gebod wat ook die vyfde gebod (ouers) betrek. In die geval van moord deur ‘n onbekende persoon is daar ‘n spesifieke versoeningsvoorskrif om die land en sy mense van bloedskuld te vrywaar (Deut. 21:1-9). In die geval van ‘n troue met ‘n krygsgevange vrou word sy volledig as Israeliet gereken. Met egskeiding is sy dus as vry persoon vrygelaat (Deut. 21:10-14). In die geval van ‘n tweede huwelik word die regte van die eersgebore seun beskerm ongeag die voorkeur wat die pa het (Deut. 21:15-17). In die geval van ‘n koppige en rebelse kind, ‘n vraat en ‘n suiplap, wat nie op enige dissipline reageer nie, was die doodstraf deur die gemeenskap voorgeskryf (Deut. 21:18-21). In die geval van ‘n teregstelling deur iemand aan ‘n paal op te hang, moes die liggaam dieselfde dag begrawe word (Deut. 21:22-23).
Moses het reeds vroeër in hierdie tweede preek van hom die Here se oorlogsbeleid aangeraak (Deut. 7; vgl. Eks. 15). Hy sal ook nog vier keer perspektiewe byvoeg (oor huwelike met krygsgevange vroue – Deut. 21:10-14; oor reinheid in die kamp – Deut. 23:9-14; oor pasgetroude mans wat ‘n jaar van oorlog vrygestel is – Deut. 24:5; oor die uitwissing van die Amalekiete – Deut. 25:17:19).
Hier preek hy verder oor die Here se oorlogsbeleid in terme van hulle vreeslose ingesteldheid (Deut. 20:1-4), vrystelling van gepreokkupeerdes van hul oorlogsverpligtings (Deut. 20:5-9), die vredesaanbod wat die vernietiging van die stede en hulle mense voorafgaan (Deut. 20:10-18) en selfs die beskerming van die ekologie van vrugtebome in die proses (Deut. 20:19-20). Die oorlog is teen die mense, nie teen die bome nie!
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar