Skip to main content

Haggai 2:20-23 – God bemoedig Serubbabel dat Hy hom gekies het en sal beskerm

prayer-shawlOp dieselfde dag 18 Desember 520 v.C. kom die woord van die Here vir die vierde keer na Haggai. Hierdie keer is dit aan die goewerneur Serubbabel gerig om Hom nie net aan sy verkiesing deur God tot die leiersposisie te herinner nie – hy is God se seëlring, ‘n kosbare draer van die volmag van God se gesag. Hy word ook verseker van God se beskerming op politiese en internasionale gebied. Die beskrywing dra soos in die tweede profesie ‘n meer eskatologiese en kosmiese karakter wat op ‘n groter toekomsvisie dui as net dít wat Serubbabel ervaar het.

Boodskap

Die tempel is vier jaar later in 516 v.C. voltooi (vgl. Esra 6:15). Sonder hierdie oproep van die profeet Haggai sou dié werk egter nog jare onvoltooid gebly het, moontlik selfs nooit regtig van die grond af gekom het nie. Sy bemoediging gedurende hierdie belangrike vier maande tydperk van Augustus tot Desember in 520 v.C het nie net die verhouding tussen die Here en sy volk herstel nie, maar die leiers – Serubbabal die goewerneur, Jesua die hoëpriester sowel as die gewone priesters – en die gewone lede van die volk geïnspireer om te begin leef as Godsvolk.

Daarmee was die stryd nog nie volledig gewen nie. Esra sou eers ongeveer 60 jaar later in 459 v.C. fokus op die verdere hervormings rondom die wet van die Here, en Nehemia meer as 70 jaar later in 445 v.C. op die herbou van die stad Jerusalem. Sonder die herbou van die tempel in 520-516 v.C. sou hierdie ander hervormings rondom die wet en die stad nie moontlik wees nie.

Dit tref my hoe hierdie opdrag van Haggai aan die volk om die tempel te herbou vóórdat hulle aandag gee aan hulle eie huise en omstandighede in die NT geëggo word in die woorde van die Here Jesus: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Matt. 6:33). Vir die OT gemeenskap in Haggai se tyd was die fokus op die tempel, die plek waar die geloofsgemeenskap die Here gedien het. Vir die NT gemeenskap, sowel as die Christelike gemeenskap deur die eeue daarna, is die fokus op die koninkryk van God wat in die wêreld moet kom, oral waar die Here gedien móét word. Ons fokus is dus nie op ‘n plek, die kerkgebou, nie, maar op die mense wat die boodskap van die Here moet hoor.

Vir die OT gelowiges het die Here seën belowe as hulle prioriteite reg ingestel is om te fokus op die teenwoordigheid van die Here in die tempel van Jerusalem. Vir die NT gelowiges belowe die Here sy seën as deel van hulle fokus op die teenwoordigheid van die Here tot in die uithoeke van die wêreld. Ons is geroep om getuies te wees nie net in Jerusalem nie, maar ook in Judea, en Samaria en waar daar ook al mense tot aan die eindes van die wêreld is (Hand. 1:8). Laat ons dit inderdaad dan ook nou doen!


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Haggai


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda