Haggai 1:1-15 – God bemoedig die leiers om die bou van die tempel ‘n prioriteit te maak

prayer-shawlOp 29 Augustus 520 v.C., die eerste dag van die sesde maand, die Joodse maan-maand Elul, 19 jaar ná die volk in 539 v.C. van Babel af teruggekeer het, kom die woord van die Here tot Haggai. Dit is bedoel vir die twee leiers van die volk, die goewerneur Serubbabel en die hoëpriester Jesua.

Dit is belangrik om te onthou dat die Jode dié tyd die fees van die nuwe maan gevier het. Hulle was dus nie te besig om aan die dinge van die Here aandag te gee nie, en sy woorde ter harte te neem nie.

Haggai bevraagteken die standpunt van die volk dat die bouwerk aan die tempel nie ‘n prioriteit is nie. Hy doen dit met ‘n vraag van die Here: “Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?” Daarmee ontbloot God hulle verkeerde prioriteite wat tot gevolg het dat dinge ekonomies nie vir hulle wil vlot nie, al is hulle nou al amper twee dekades terug in die land: “Julle is soos ‘n dagloner wat sy loon in ‘n stukkende beursie steek.” Uitstekende metafoor wat die strawwe van die verbond uitbeeld (Deut. 28-30)!

Die Here stel dus onomwonde vir hulle die standaard, dít wat Jesus in die Bergrede eeue later ook sou beklemtoon. Dien die Here en sorg dat sy teenwoordigheid bo alles bewaar word in die geloofsgemeenskap. Dan sal hulle die sorg van die Here op alle terreine van die lewe ervaar: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Matt. 6:33).

Vir Haggai en sy mense was die fokus op die bou van die tempel, die fisiese simbool van God se teenwoordigheid in Jerusalem. Waar dít herstel sou word, dáár sou hulle die seën van die Here ook ekonomies en sosiaal ervaar, trouens: “oor alles waarmee die mens hom besig hou.

Die effek van hierdie boodskap was dat die twee leiers moed geskep het en die volk gemotiveer het om die werk aan die tempel voort te sit en klaar te maak. Hoekom? Want hulle het die woord van die Here “ter harte geneem”. Dit het die volk met soveel ontsag vervul dat hulle ongeveer drie weke later, op die 24ste dag van Ellul, die 21ste September 520 v.C., met die werk begin het. Hulle het dus hulleself in hierdie tyd gereed gekry vir die groot taak wat vir hulle gewag het.

Haggai


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: