Op dieselfde dag 18 Desember 520 v.C. kom die woord van die Here vir die vierde keer na Haggai. Hierdie keer is dit aan die goewerneur Serubbabel gerig om Hom nie net aan sy verkiesing deur God tot die leiersposisie te herinner nie – hy is God se seëlring, ‘n kosbare draer van die volmag van God se gesag. Hy word ook verseker van God se beskerming op politiese en internasionale gebied. Die beskrywing dra soos in die tweede profesie ‘n meer eskatologiese en kosmiese karakter wat op ‘n groter toekomsvisie dui as net dít wat Serubbabel ervaar het.
Op 18 Desember 520 v.C., die 24ste dag van die negende maand, die Joodse maand Kislev, kom die woord van die Here vir die derde keer na Haggai. Weereens kon hulle aandag gee aan die woorde van die profeet, want dit was die groeiseisoen waarin die boeregemeenskap nie te besig was nie.
Die fokus dié keer is op die bemoediging van die priesters. In ‘n reeks vrae oor die kwessie van die reinheid al dan nie van die offers wat die volk bring, en waarop die priesters telkens antwoord, help Haggai hulle om te besef dat dit eintlik die volk is wat deur hulle ongehoorsaamheid aan die Here onrein is. Elke offer wat die volk na die tempel toe bring, is daarom eintlik onrein, al word die voorskrifte nougeset nagekom.
Omdat die volk egter gehoorsaam was aan die woord van die Here om die bouwerk aan die tempel ‘n prioriteit te maak – die fondamente was dié dag voltooi – verklaar die Here die volk rein en hulle offers aanvaarbaar vir Hom. Hy sal die tye van droogte en pestilensies staak, omdat dit sy doel gedien het om hulle tot bekering te begelei. Daarby belowe die Here dat Hy van nou af hulle oeste sal seën – onthou dit is die groeiseisoen – en só hulle ekonomiese weerbaarheid sal herstel: “van nou af sal Ek voorspoed gee.”
Op 17 Oktober 520 v.C., die 21ste dag van die sewende maand, die Joodse maand Tishri, kom die woord van die Here weer tot Haggai. Dit is vier weke ná hulle met die werk begin het, waarin hulle waarskynlik die meeste van die tyd aan die opruim van die rommel van die vorige ruïnes spandeer het. Dit is ook aan die einde van die Loofhutte fees wat aan die einde van die oestyd gehou is. Hulle het dus weereens tyd gehad om op die Here te fokus ná al die harde werk tot dusver.
Weereens word die woord van die Here deur ‘n paar vrae ingelei, maar dié keer gerig aan al die mense: “Wie van julle het gesien hoe mooi die vorige tempel was? Hoe lyk dié een vir julle? Lyk hy nie na niks in vergelykig met die vorige een nie?” Die Here is dus baie bewus van die gesprekke wat onder die volk gevoer is en waarin die moedeloosheid wou-wou oorneem. God se plek sou nooit weer wees soos dit vroeër was nie. En onthou, Salomo se tempel, wat ironies genoeg ook in die sewende maand in gebruik geneem is (1 Kon. 8), was ‘n verstommende luukse gebou.
Op 29 Augustus 520 v.C., die eerste dag van die sesde maand, die Joodse maan-maand Elul, 19 jaar ná die volk in 539 v.C. van Babel af teruggekeer het, kom die woord van die Here tot Haggai. Dit is bedoel vir die twee leiers van die volk, die goewerneur Serubbabel en die hoëpriester Jesua.
Dit is belangrik om te onthou dat die Jode dié tyd die fees van die nuwe maan gevier het. Hulle was dus nie te besig om aan die dinge van die Here aandag te gee nie, en sy woorde ter harte te neem nie.
Haggai bevraagteken die standpunt van die volk dat die bouwerk aan die tempel nie ‘n prioriteit is nie. Hy doen dit met ‘n vraag van die Here: “Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?” Daarmee ontbloot God hulle verkeerde prioriteite wat tot gevolg het dat dinge ekonomies nie vir hulle wil vlot nie, al is hulle nou al amper twee dekades terug in die land: “Julle is soos ‘n dagloner wat sy loon in ‘n stukkende beursie steek.” Uitstekende metafoor wat die strawwe van die verbond uitbeeld (Deut. 28-30)!
Die tiende boek in die ry van Twaalf Kleiner Profete, Haggai, eggo daarom die boodskap van hoop in Sefanja wat vóór die ballingskap gelewer is met ‘n boodskap van bemoediging aan die volk met die herbou van die tempel ná die ballingskap. Hy bemoedig die volk dat hulle kan volhard met hulle werk, want die Here het belowe dat Hy met hulle is. Hy sal dinge laat uitwerk as hulle net naby Hom bly en aan Hom gehoorsaam bly, presies dít wat Sefanja reeds in sy hfst. 3 belowe het.
Ons weet nie veel persoonlike detail van die profeet Haggai af nie, hoewel die boek Esra na hom en Sagaria, sy tydgenoot, verwys (Esra 5:1-2; 6:14). Die datum van Haggai se optrede is egter bekend en kan presies gedateer word. Die vier profesieë van sy boek is gelewer in ‘n vier maande periode in 520 v.C., die tweede regeringsjaar van die Persiese koning Darius, as bemoediging aan die volk wat besig was om die tempel te herbou nadat hulle ongeveer 19 jaar gelede reeds teruggekeer het uit ballingskap. Hy help hulle dus om hulle prioriteite in lyn met God s’n te kry al het dit omtrent twee dekades geneem.
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar