Inleiding: Beoefen die teenwoordigheid van God

Die beoefening van die teenwoordigheid van God word veral met die 17de-eeuse boek Brother Lawrence-The Practice of the Presence of God geassosieer. In hierdie boek het Joseph de Beaufort briewe van en ’n paar gesprekke met Nicholas Herman opgeteken. Nicholas Herman is beter bekend as broer Lawrence, die naam wat hy gekry het in ʼn klooster in Parys waar hy as kok gewerk het. Broer Lawrence het ’n direkte benadering tot die geestelike lewe gevolg en dit was sy doel om álles wat hy gedoen en gedink het “in die Here” en “vir die Here” te doen en te dink.

Hierdie geloofsgewoonte behels om met ’n voortdurende en groeiende bewussyn van en sensitiwiteit vir die Here se teenwoordigheid te leef. Elke oomblik van elke dag is ʼn gawe van God se betrokkenheid in ons lewe. Dit nooi ons uit om in gemeenskap en eenheid met Hom te leef. Soos Paulus in Filippense 1:21 sê: “Want om te lewe, is vir my Christus.”

Jy kan hierdie geloofsgewoonte deur die volgende geloofspraktyke beoefen (die skakels sal mettertyd op die webtuiste bygevoeg word, soos ek dit publiseer – jy sal dit ook in jou Inbox kry). Onthou, werk eers vir twee weke met die eerste een, Beoefen die teenwoordigheid van God. Daarna die omgee en dienslewering ensovoorts:

  1. Beoefen die teenwoordigheid van God
  2. Omgee en dienslewering
  3. Bemoediging
  4. Getuienis
  5. Geloofsgemeenskap
  6. Vrygewigheid
View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: