Bemoediging
Die wêreld is baie mededingend. Dit is onvermydelik dat mense onder hierdie wedywering sal ly en swaarkry. Selfs die natuur ly daaronder. Jesus het in sy tyd op aarde vir hierdie mense omgegee, deernis met hulle gehad en hulle bemoedig. Die vroeë kerk het Hom hierin nagevolg. Die apostel Barnabas het sy omgewing en die mense daarin aangeraak met sy bemoediging (compassion), deur sy aanvanklike groot vrygewigheid in Jerusalem, en deur sy menswees en bediening in Antiogië (vgl sy verhaal in Hand 4; 9; 11; 13 – 15).
Hier is ’n paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel:
- Maak ’n lys van mense wat jou bemoedig. Skryf langs elkeen se naam een behoefte wat hulle dalk kan ervaar. Dink biddend na oor watter van hierdie behoeftes jy kan vervul en bemoedig hierdie mense deur in hulle behoeftes te voorsien.
- Maak ’n lys van mense in jou gemeenskap wat bemoediging nodig het. Dink biddend na oor watter mense op jou lys die Here op jou hart lê en gaan bemoedig dan hierdie mense.
- Maak ’n lys van mense wat nie deel van jou gemeenskap is nie. Dink biddend na oor watter mense op jou lys die Here op jou hart lê en gaan bemoedig hulle deur te voorsien in ’n spesifieke behoefte wat hulle ervaar.
- Gesels met drie vriende oor jou lewensingesteldheid. Hoe ervaar ander mense jou? Is daar swak plekke in hoe jy ander mense hanteer? Hoe voel dit vir ander mense om jou vriende te wees? Wys jy dat jy in ander mense belangstel? Praat jy meestal oor jouself?
View all posts in this series
- Inleiding: Beoefen die teenwoordigheid van God - June 14, 2018
- Beoefen die teenwoordigheid van God
- Geloofsgemeenskap - June 28, 2018
- Omgee en dienslewering - July 12, 2018
- Bemoediging - July 26, 2018
- Getuienis - August 9, 2018
- Vrygewigheid - August 23, 2018
Johan
Hallo Chris
Baie dankie vir al die insigte, ek leer baie. Ek het iewers n skakel gedruk en gelees van bose geeste en het die stuk probeer “save” maar die stuk kry ek glad nie meer nie. As jy miskien dit raakloop sal ek waardeer as jy my kan vertel waar ek dit weer kan kry.
Groete en sterkte met die groot werk
Johan
Chris van Wyk
Dankie Johan. Ek het ‘n paar bydraes wat jou kan help.