Geloofsgemeenskap

Ons het begin met broer Lawrence se leefstyl van practising the presence of God. Baie mense ken dit beter as die pasmaat daarvan, die gewoonte van geloofsgemeenskap. Hierdie geloofsgewoonte om die gemeenskap van gelowiges te beoefen en te vier, is egter net so noodsaaklik. Dít doen ons deur ons in te stel daarop om gasvrye ruimtes te skep waarin elke gelowige welkom is net soos hy of sy is. Volgens Joseph Myers sluit dit veral die persoonlike (vriendskaps-) ruimtes in, maar ook die wyer sosiale en openbare ruimtes. Ons moet bereid wees om oor grense heen uit te reik met hierdie geloofsgewoonte.

Die grootste motivering om hier op aarde ʼn geloofsgemeenskap te vestig, lê in die gemeenskap wat daar in die Drie-eenheid bestaan. God staan met Homself in ʼn verhouding. Dit gee vir ons ’n voorbeeld wat ons in ons verhoudings met mekaar kan navolg. In die praktyk gebeur dit waar egte verhoudings in liefde met en vir mekaar gevestig en gebou word. Ons moet saam wees. Die inhoud hiervan lê in al die “mekaar”-tekste wat in die Nuwe Testament voorkom: “aanvaar mekaar” (Rom 15:7); “vergewe mekaar” (Ef. 4:32); “praat mekaar moed in” (1 Tess 5:11), en “bid vir mekaar” (Jak 5:16). Dit is ons gedeelde taal.

Dit sluit ook in ’n verbintenis aan die roeping van ’n spesifieke gemeenskap. Sommige noem dit ’n verbondsgemeenskap (covenant community), en ons sien ʼn voorbeeld hiervan in die gemeente in Antiogië in Sirië (Hand 13).

Hier is ’n paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel (ons fokus spesifiek op die “mekaar”-tekste in die Nuwe Testament):

  • Aanvaar mekaar: Gaan praat met iemand om vir hulle te wys jy aanvaar hulle. Aanvaarding beteken onder meer jy gun ander mense die reg om hulle standpunte oor ʼn saak te hê. Dit is maklik om selfs in jou aanvaarding steeds krities te wees. Een manier om dit te voorkom is om ’n lys te maak van iemand se positiewe eienskappe en dit vir daardie persoon te gaan gee. Wees eerlik en opreg.
  • Vergewe mekaar: Vra die Here om jou te help om iemand wat jou seergemaak het, te vergewe. Dit help om te onthou dat God jou vergewe het sonder dat jy iets daarvoor gedoen het of dit verdien. Jy sal ervaar dat vergifnis jou vrymaak van die verkeerde dinge wat aan jou gedoen is.
  • Praat mekaar moed in: Dink aan iemand wat swaarkry, moedeloos is of baie druk ervaar. Bid vir die regte woorde en gaan praat daardie persoon moed in. Bemagtig hom of haar, maar vermy dit om raad te gee.
  • Bid vir mekaar: Om vir mekaar te bid, bly een van die belangrikste maniere om aan mekaar verbind te bly. Kies een mens, vra vir hom of haar waarvoor jy vir hom of haar kan bid … en bid dan vir die persoon. Dit sal nog beter werk as julle vir mekaar bid.
View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: