Hierdie Psalm druk die vaste geloof van Dawid uit terwyl hy in ’n situasie van groot uitdagings verkeer. Dit gee aan hom nie net ’n rustige sekerheid midde-in aanvegtinge nie, maar dien ook as getuienis en bemoediging van die geloofsgemeenskap. God is vir almal ’n veilige vesting. Daarin kan ’n mens rus vind.
Let op hoe hierdie Psalm regdeur een van belydenis en bemoediging is en waarskynlik in die liturgie gebruik is as getuienis aan die geloofsgemeenskap en dat die Psalm eers in die laaste vers, amper ongemerk, oorgaan tot ’n gebed aan God.
Hierdie kort Psalm word nie aan ’n spesifieke tyd in Dawid se lewe gekoppel nie, hoewel ’n mens kan agterkom dat sy gebed teen die agtergrond van die optrede van kwaadwilliges teen onskuldiges geskryf word. Wat veral interessant is, is dat hy werk met sy waarneming dat God mense met “hulle eie tonge” tot ’n val bring (vers 9). Die “giftige woorde vir pyle” wat hulle uit hinderlae vir hom bedoel (vers 4-5) word getroef met die pyl van God (vers 8) wat verder uitgespel word as die gevolg van hulle eie bose planne. Bose mense word deur hulle eie boosheid gevang, daarvoor sorg die Here.
Die Psalm is ’n lofsang aan God vir al sy oorvloedige gawes. Dit sluit sy gebedsverhoring en vryspraak van skuld vir alle mense in (vers 2-3), ook die oorvloed van die goeie dinge wat Hy gee vir die geloofsgemeenskap, dié wat Hy uitkies om nader te kom om sy teenwoordigheid by die tempel te geniet (vers 5-6a) asook die kragtige dade wat Hy regoor die wêreld vir almal (vers 6b-9) en alles doen ( vers 10-14). Hy is nie net God ons Verlosser nie (vers 6a), maar die God van alle mense selfs in afgeleë lande (vers 6b), trouens die God van die hele bewerkte en onbewerkte aarde.
Let op hoe die teenwoordigheid en betrokkenheid van God in konsentriese geografiese sirkels beskryf word, wat ook die wyse is waarop die Psalm opgebou is.
Die eerste kenmerk van dié Psalm (outeur onbekend) wat my opval, is die feit dat die eerste deel van die Psalm (vers 1-7) in die meervoud geskryf is – ons – en die tweede deel van die Psalm (vers 8-20) in die enkelvoud – ek. Die Psalm was dus waarskynlik bedoel om in die liturgie gebruik te word om beide die geloofsgemeenskap as ’n individu (dit kon ook die koning gewees het) kans te gee om God te prys vir sy groot dade. Dit is dus ’n soort dankseggings liturgie.
Dit getuig van ’n wisselwerking tussen verhale van die gemeenskap en dié van ’n lid van daardie gemeenskap, wat ons ’n goeie voorbeeld gee van die ideaal wat ons gerus in ons eredienste na kan streef. Die lof van die gemeenskap en die lof van die individu hoort saam in die liturgie. Dit komplimenteer mekaar.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar