Skip to main content

Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe

Psalm 14 en 53 het basies dieselfde inhoud, met ’n paar verskille:
  • Psalm 14 se opskrif is korter, met Psalm 53 wat byvoeg dat dié Psalm vir die koorleier is en ’n gedig is van Dawid.
  • Psalm 14 se vers indeling is ook anders met Psalm 53:1-2 wat ooreenkom met Psalm 14:1.
  • Dan is daar die woord almal wat in Psalm 14:4 bygevoeg is vergeleke met Psalm 53:5.
  • Psalm 14:5b-6 is redelik verskillend van Psalm 53:6:
“… dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur nie?  Omdat God aan die kant van die regverdiges is, sal daar niks kom van julle planne teen die hulpelose nie: die Here bly sy toevlug.” “… dat daar iets vreesliks met julle gaan gebeur, so vreeslik soos nooit tevore nie?  God sal die bene van dié wat teen sy volk wil veg, op die slagveld verstrooi.  Sy volk sal hulle op die vlug laat slaan, want God het hulle verwerp.”
  • Die twee Psalms verskil ook in die gebruik van God se naam.  Psalm 14 gebruik 4 keer God se persoonsnaam, Jahwe, en Psalm 53 net die algemene naam vir God, Êlôhîm.  Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan verskillende redakteurs wat afsonderlik gewerk het met ‘n gedig wat moontlik foute bevat het, en wat hulle toe elkeen op sy eie manier aangepas het.  Albei Psalms was in gebruik in die liturgie en is dus ingesluit in die uiteindelike Psalmboek.

Continue reading

Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid

Die verraad van die Siffiete

Hierdie kort Psalm van Dawid word gekoppel aan die verraad wat die Siffiete teen hom gepleeg het toe hy op ’n keer vir Saul in die Sifwoestyn by Goresa, op die Gakilarant suid van hierdie onherbergsame gebied, weggekruip het (1 Sam 23:19-28).  Dit was net na Saul en Doëg die priesters van Agimelek in Nob uitgewis het.  Abjatar, Agimelek se seun, was die enigste wat ontkom het en het homself by Dawid geskaar.  Abjatar het Dawid regdeur sy lewe geestelik ondersteun deur die Here vir hom te raadpleeg.  Dit was juis as gevolg van Abjatar se raad dat Dawid van Keïla na die Sifwoestyn gevlug het (1 Sam 23:6-15).

Continue reading

Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor

Hierdie Psalm word geskryf teen die agtergrond van die verraad van ’n vriend.  Dié vriend word meesal met Dawid se adviseur Agitofel geïdentifiseer wat in die stryd met Absalom teen hom gedraai het (2 Sam 15-17).

Die Here het egter Agitofel se raad verydel waarna Agitofel homself opgehang het in sy tuisdorp, Gilo.  ’n Storie met ’n tragiese einde vir Agitofel, maar ’n positiewe uitkoms vir Dawid met sy uiteindelike oorwinning oor Absalom.

Die Psalm kan op verskillende maniere ingedeel word.  Die een wat vir my die meeste sin maak, is soos volg waarin duidelik selfgesprek en gebed mekaar afwissel:

Continue reading

Psalm 56 – God let op ons trane

Die Psalm word in eerste vers met Dawid se gevange neming deur die Filistyne in Gat verbind (1 Sam 21).  Koning Akis van Gat se amptenare het Dawid na hom toe gebring omdat daar met soveel lof van sy dapperheid in oorlog gesing is in Israel.  Dawid was egter baie bang en het hom “voor die Filistyne waansinnig gehou, en terwyl hy by hulle was, het hy hom soos ’n mal mens gedra. Hy het teen die deure van die poort gekrap en sy spoeg in sy baard laat afloop.” Akis het Dawid daarom laat gaan, want hy wou nie ‘n mal mens in sy huis laat inkom nie.

Die Psalm wys hoe geloof vasgehou word midde-in die vrees vir die vyande en teëstanders.  Dit is opgedeel in 5 dele:

Continue reading

Psalm 57 – Van vrees na versekering

Dawid in die grot

Psalm 57 word weereens met ’n noodsituasie uit Dawid se lewe verbind, dié keer met die gebeure toe hy vir Saul in die grot ingevlug het.  Ons lees in Samuel van twee sulke geleenthede, waarvan hierdie Psalm waarskynlik na die eerste verwys, die verhaal in 1 Sam 22, veral omdat Psalm 56, die vorige Psalm, met dieselfde tyd in sy lewe te make het (1 Sam 21) en daar “leeus”  (moeilikheidmakers – vgl. vers 5) by hom was.

Ter wille van agtergrond: net na Dawid van die Filistynse koning Akis van Gat ontsnap het, is Dawid na die Adullamgrot toe, alles in ‘n poging om van Saul af weg te kom. Sy broers en sy hele familie het dit gehoor en daarheen gegaan na hom toe.  In hierdie tyd het ‘n klomp mense wat in die moeilikheid was, byvoorbeeld mense wat baie skuld gehad het, en ander wat doodgewoon verbitterd was oor een of ander saak, hulle by hom aangesluit.  En Dawid het hulle leier geword. Hulle was ongeveer vier honderd man sterk.

Dit is ook in dié tyd dat Dawid sy ouers in die sorg van koning Moab in Mispe gelaat het, terwyl hy in die bergskuiling, die grot, gebly het.  Op aandrang van die profeet Gad het Dawid egter uiteindelik sy selfopgelegde ballingskap opgesê en weer terug getrek na Juda.    Iets van die verandering in sy gesindheid sien ‘n mens ook in die wyse waarop die Psalm van vrees na versekering skuif.

Die ander verhaal van Dawid in die grot – met Dawid wat ’n stukkie van Saul se mantel afgesny het – word in 1 Sam 24 vertel en kan ook goed hiermee verbind word, veral in die lig van Ps. 57:7: “Hulle het ’n gat vir my gegrawe, maar self daarin geval” wat ’n digterlike verwysing na hierdie gebeure in die grot kan wees.

Continue reading

Onlangse kommentaar