Steeds op die wysie van “Moenie verwoes nie”, spreek Dawid die wydverspreide probleem van ’n korrupte regstelsel aan. Hy vra van God in dié gebed om optrede sodat: “die mense sal sê: Daar is tóg ’n beloning vir die regverdige, daar is tóg ’n God wat reg op die aarde laat geskied!” (vers 12). Die goddelose regters se mag, invloed, nalatenskap en lewe moet verwoes word, sodat die regverdiges bevestig kan word in hulle lewenskeuse en, belangrik, God weer kan raaksien.
Een van die groot vrae in verband met die Psalms is wat ons as volgelinge van Jesus Christus moet maak met die wraakgierige houding teenoor die vyande soos baie keer grafies in die Psalms uitgespreek word.
Die derde Psalm in die reeks, Ps. 57-59, wat op die wysie van “Moenie verwoes nie” vir die koorleier aangedui word, word verbind met die verhaal van Saul wat opdrag gegee het dat Dawid se huis omsingel word om hom dood te maak. Dit is dus ’n diep persoonlike Psalm in ’n situasie van groot gevaar. Telkens word die historiese situasie egter ook wyer geïnterpreteer as metafoor vir die bedreiging van die nasies (vers 6,9) en het die Psalm ook betekenis vir die geloofsgemeenskap (vgl. die meervoud in vers 12 “ons Beskermer” en die hoop op die universele getuienis van God se verlossing in vers 14).
Dawid en Mikal
Ons vind dié verhaal in 1 Sam 19, terwyl Dawid nog vir Saul in sy huis op die lier gespeel het. Saul het dié dag met sy spies in sy hand gesit toe ”’n boosaardige gees wat deur die Here gestuur is,” oor Saul gekom het, en hy geprobeer het om Dawid met die spies dood te maak. Dawid het egter gekoes en gevlug vir sy lewe na sy eie huis. Saul het toe van sy mense na Dawid se huis toe gestuur “om hom dop te hou en hom in die môre dood te maak.”
Ons verhouding met God speel gewoonlik af teen die agtergrond van ons persoonlike worstelinge en uitdagings, sowel as in ’n mindere mate teen die agtergrond van publieke en sosiale werklikhede waaraan ons blootgestel word. Natuurlik is dit ook deel van die ervaringswêreld van die Psalmdigters.
In dié Psalm word egter oor ’n verhouding met God gepraat teen die agtergrond van nasionale uitdagings. Gevegte teen twee nasies word in vers 2 genoem wat die aanleiding is vir die skryf van die Psalm en beïnvloed hoe ’n mens dit lees. Die drie gevegte wat genoem word, is dié van Dawid teen die Arameërs van Mesopotamië, Dawid teen die Arameërs van Soba en Joab teen die Edomiete in die Soutvlakte waar hy 12 000 mense doodgemaak het.
Dit is duidelik dat dié oorwinnings in die verlede in herinnering geroep word, in ‘n tyd waar dit sleg gaan met die volk en opnuut om God se ingrype gevra word. 2 Samuel 8 beskryf waarskynlik die historiese omstandighede van die oorwinnings in die verlede en 1 Konings 11 die historiese omstandighede van die Psalm se worsteling met die nederlae in die hede waaruit die gebed vir God se ingrype geformuleer is.
Tóg is die Psalm uiteindelik ook bedoel vir geestelike onderrig, omdat wat op ’n nasionale vlak gebeur, betekenis het vir hoe ons dink oor ons persoonlike – en gemeenskapslewe.
Hierdie kort Psalm gee ’n diep-persoonlike beskrywing van die innerlike geestelike belewenis van iemand wat in alle omstandighede met God ’n pad wil stap. Dit is waarskynlik ’n gebed van Dawid in die tyd van sy koningskap (vgl. vers 7-8).
Die Psalm kan verdeel word in twee dele:
die gebed om verlossing in vers 2-5 en
die dankgebed vir verlossing in vers 6-9.
Vers 7-8 word in die derde persoon geskryf en herinner aan die belofte aan Dawid dat sy koningskap vir ewig sal wees (2 Sam 7), voordat in vers 9 weer na die eerste persoon teruggekeer word soos in die eerste deel van die Psalm. Dawid herinner God dus daarmee aan sy beloftes.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar