Skip to main content

Psalm 48 – God sal ons altyd lei

Hierdie Psalm besing met passie die berg van die Here in Jerusalem, Sion, soos ook in ‘n hele paar ander Psalms gedoen word (76, 84, 87, 122). Op ’n dieper vlak gaan dit egter natuurlik oor God self wat lofwaardig oor die hele aarde is.  Dit is Sy teenwoordigheid wat met Sion geassosieer word waardeur Sion ’n simbool van God self geword het.

Continue reading

Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou

Hierdie is die laaste Psalm van die Koragiete in die 2de Psalmboek.  Dit is ook die 1ste van ’n reeks van 5 wysheidsPsalms.  Die fokus van hierdie Psalm word in vers 5 gegee.  Die Psalmis wil ’n geheimenis (raaisel) verklaar met ’n woord van wysheid (spreuk).  Dit is die raaisel van die vrees vir rykes. 

Rykes wat net vertrou op hulle rykdom en nie op God nie, gaan immers ook dood soos die res van die mensdom (vers 14-15).  “Die dood is hulle wagter.”  Die enigste hoop vir die lewe lê in God opgesluit wat ’n mens van die mag van die dood kan verlos (vers 16).  Daarom hoef, trouens mag gelowiges nie vir rykes bang wees of hulle rykdom beny nie (vers 17).

Continue reading

Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer

Psalm 50 is die eerste van die Psalms van Asaf, een van die hoof sangleiers van ’n Levitiese  sangersgeslag in die dae van Dawid (1 Kron. 6:39).  Getrou aan die aard van ‘n sangleier van formaat, is dié Psalm in die vorm van ‘n liturgie, wat lofsang as ‘n sleutel deel van elke gelowige se geestelike lewe uitspel.  Trouens jy kan God nie reg vereer en dien as jy dit nie doen nie, sê Asaf.

Lof bestaan vir Asaf ten diepste in die dankbare erkenning en verering van God se teenwoordigheid in alles (50:1-6).  Dit is eintlik net die gebrek aan hierdie lof wat God se toorn laat ontvlam (50:7), veral in reaksie op die goddelose gelowiges  wat nie met Hom rekening hou nie (50:22). God wil niks anders as lof van ons hê nie (50:14), wat gelowiges ook die voorreg gee om tot Hom in nood te kan roep (50:15).  Offers is nie vir Hom wesenlik nie, lof wel!

Komende van die amptelike liturg, wie se familie baat gevind het by die offers, is dit nogal ‘n mondvol!  Maar, eers iets meer oor Asaf:

Continue reading

Psalm 51 – Wees my genadig, o God

Psalm 51 is die bekendste van die sogenaamde boetepsalms in die Psalmboek (6; 32; 38; 51; 102; 130; 143).  Dit word gekoppel aan Dawid se reaksie op die profeet Natan se veroordeling van sy owerspel met Batseba en die verraad teen haar man Urija wat tot sy dood gely het (2 Sam 11-12) soos vers 1-2 uitspel.  Maar die betekenis hiervan is vir alle tye en in alle situasies waar om vergifnis en herstel gebid word.

Die Psalm kan op verskillende manier ingedeel word.  Vers 1-2 is duidelik ’n inleiding en vers 20-21 ’n verdere stukkie kommentaar.  Die hart van die Psalm lê in die gebed van vers 3-19 wat volgens die inhoud daarvan in twee breë kategorieë verdeel kan word wat ook die boodskap van die Psalm die beste beskrywe:

  1. Gebed om vergifnis – vers 3-11;
  2. Gebed om herstel – vers 12-19.

Die laaste 2 verse, vers 20-21, se verwysing na die herbou van die mure van Jerusalem en die hervatting van die offerkultus kan moontlik metafories bedoel wees, maar is meer waarskynlik in die na-ballingskap tydvak bygevoeg. Dit gee aan die Psalm ’n gemeenskapsbetekenis wat die persoonlike betekenis daarvan uitbrei en afrond.

Continue reading

Psalm 52 – God is goed en sorg vir my

Dit is ’n unieke Psalm waarin die boodskap eintlik op ’n vyand van Dawid, Doëg, gemik is, ’n soort stryd Psalm wat nie maklik inpas in die normale kategorisering van Psalms in lof en klag nie.  Tate gee die volgende titel aan die Psalm wat ook die boodskap daarvan opsom: ”The Divine Judgment of a Mean and Powerful Person” (Psalm 51-100 – Word Biblical Commentary).

Daarom eers ietsie meer oor die stryd tussen Dawid en Doëg, voor die inhoud van die Psalm aan die orde kom.

Continue reading

Onlangse kommentaar