Psalm 67 is ’n Psalm wat in ’n neutedop saamvat wat God se doel is nie net met sy volk nie, maar ook wat sy doel met alle nasies is. God seën mense om tot ’n seën te wees vir ander, sodat hulle Hom kan eer.
Let op hoe die gebed in vers 2-3 albei kante insluit: “Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.” God se seën is bedoel om Sy teenwoordigheid op aarde bekend te stel en as ’n teken daarvan te dien, soos die vorige Psalm ook oor gebedsverhoring uitspel.
Hierdie Psalm bevat ’n hele paar uitdagings om dit reg te vertaal, omdat hier 15 unieke Hebreeuse woorde voorkom wat nêrens anders voorkom nie. Die betekenis is onduidelik. Daarby is daar ’n klomp woorde wat baie min elders gebruik word. Ek noem dit net om te verduidelik hoekom jy redelik baie onderlinge verskille in vertalings sal raaklees.
Maar dit is ook ’n Psalm wat die meeste woorde vir God en beskrywings van God bevat as enige ander Psalm. Die woorde Jahwe (vers 17,21), Jah (afkorting van Jahwe – vers 5,19), Elôhîm (vers 1 vv), El (afkorting van Elôhîm – vers 20), Adonai (=Here – vers 18), Shaddai (= Almagtige – vers 15), selfs “die een van Sinai” (vers 9) word vir Hom gebruik. Hy word ook genoem “Hy wat op die wolke ry” (vers 5), “Vader vir weeskinders” (vers 6), “Beskermer van weduwees” (vers 6), “God, ons hulp” (vers 20), “God wat ons red” (vers 21), “Hy wat ry deur die hemele” (vers 34), en “God van Israel” (vers 36). Die Psalm maak dus ’n punt daarvan om God se omvangryke betekenis vir alles selfs al in die name wat vir Hom gekies word, te beklemtoon.
Neem vandag een van dié name en dink na oor die betekenis wat dit vir jou inhou.
Aan die een kant skilder hierdie Psalm die ervaringe van iemand (Dawid) wat deurloop onder onredelike haat, bedreigings, vals beskuldigings en swendelary (vers 5), selfs van die gemeenskap (vers 13) en sy familie (vers 9). Dat hy boonop roep na God om hulp en moeg gewag is vir een of ander uitkoms, maak dit nie vir hom makliker nie (vers 4). Daarby word hy beledig en verkleineer omdat hy hom met God en sy huis assosieer – die beledigings teen God tref dus ook vir hom (vers 8-10).
Aan die ander kant word dié Psalm 17 keer aangehaal in die NT – in die evangelies, in Paulus se briewe sowel as in Johannes se Openbaring. Dié Psalm is dus wyd in die NT aangewend. Die aanhalings word op twee maniere gedoen. In die eerste plek word die Psalm gebruik in die begronding van die verhaal en gebeure van die evangelie van Jesus Christus, veral met betrekking tot die kruisiging. In die tweede plek word die Psalm gebruik in die interpretasie van die implikasies van die koms van die koninkryk van God, eerstens vir die Jode en tweedens vir die regverdiges met die Wederkoms. Ek lys dié verwysings met die tekste aan die einde van dié bydrae, sonder veel kommentaar, sodat jy self kan oorweeg wat dit vir jou sê.
Die Psalm begin met ’n interessante woord wat vertaal is met “Ter herinnering” (ook Ps. 38). Die woord kan verbind word met die vuuroffer (azkârâh – Lev. 2:2 vv) wat gewoonlik uit meel/stampkoring en olie bestaan het, waarvan ’n deel verbrand is en ’n deel vir die priesters gegee is. Die deel wat verbrand is, kan moontlik as ’n herinneringsoffer gesien word, wat God herinner aan sy beloftes en natuurlik ook die een wat die offer bring, herinner aan sy geloftes van toewyding aan God. Die Psalm het dus waarskynlik só ’n herinneringsfunksie.
Die Psalm is ook in sy geheel opgeneem in Psalm 40, vers 14-18, met kleinere wysigings, bv. Ps. 70 gebruik eerder die algemene naam vir God, Elôhîm. Ps. 70 is daarom moontlik ’n meer populêre weergawe van die voller liturgie van Ps. 40 vir persoonlik gebruik om God te herinner aan wie Hy is en wat die bidder nodig het.
Die Psalmis het die voordeel om God se betroubaarheid oor ’n baie lang tyd te kon ervaar. Dit bring ’n sekerheid en vertroue wat nie so maklik deur die negatiewe ervaringe van die lewe beïnvloed word nie. In enige geloofsgemeenskap moet dié ervarings, wat die toets van die tyd deurstaan het, gekoester word, ter wille van die behoud van só ’n gemeenskap. Ek onthou nog goed die getuienis van tannie Phoebe Kellerman, amper vyftig jaar my senior, uit my jong dae as predikant in Somerstrand … en die rustigheid wat dit by my ingeboesem het.
Drie van die sentrale metafore wat die Psalmis gebruik om dié Godsbeeld mee uit te druk, is dié van ’n rots (vers 3) ’n vesting (vers 3) en ’n veilige toevlug (vers 7) wat verband hou met die gebruik in antieke tye om asiel te soek in ’n heiligdom (Eks 21:13). God is as’t ware die veilige ruimte waar van die aanslae van die lewe geskuil kan word.
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
Onlangse kommentaar