Skip to main content

Matteus 19 – Jesus spel koninkrykswaardes vir huwelike, kinders en welvaart uit

Matteus begin met hoofstuk 19 ’n nuwe hoofdeel in sy evangelie wat handel oor die impak op die Joodse volk van die koninkryk wat in Jesus aangebreek het, in Judea (hfst. 19-20) sowel as uiteindelik in Jerusalem (hfst. 21-25).

  • Matteus vertel verhale van Jesus se interaksie met die Joodse leiers asook die dissipels wat die waardes van die koninkryk uitspel in terme van vyf aspekte: die huwelik en egskeiding (19:1-12), die status van kinders (19:13-15) die rol van rykdom in die lewe van dissipels (19:16-30), die dienende karakter van leierskap (20:20-28) en die Groot Gebod (22:34-40).  Jesus gebruik ook twee simboliese handelinge om die waardes van die koninkryk verder tuis te bring.  Hy reinig onder ander die tempel om werklik ’n huis van gebed te wees (21:12-17), en vervloek die vyeboom wat aan die eenkant die doodsheid van die Joodse leiers simboliseer en aan die anderkant die krag van geloof aan die dissipels demonstreer (21:18-22).
  • Hy troef die Joodse leiers in ’n gesprek oor sy gesag (21:23-27) en oor belasting (22:15-22).  Tussendeur kondig Jesus vir die derde keer sy kruisdood en opstanding aan vir die dissipels (20:17-19) en tree ook een keer met die Sadduseërs in gesprek oor die opstanding, iets wat hulle natuurlik per definisie ontken (22:23-33).  Daardeur bevestig Hy sy identiteit as die Christus, soos ook eksplisiet uitgespel in die vraag van Jesus – interessant genoeg! – aan die Fariseërs (22:41-46).
  • Jesus vertel ook vier gelykenisse wat die deelnemers aan die koninkryk uitspel in terme van wie eerste is en wie laaste (20:1-16), wie werklik die wil van God die Vader doen (21:28-32) en uiteindelik die bose bedoelings van die Joodse leiers aan die kaak stel met die gelykenis van die huurders en die wingerd (21:33-46) en dat hulle die koninkryk verbeur met die gelykenis van die bruilofsfees (22:1-14).
  • Matteus vertel ook een genesingsverhaal, die genesing van twee blindes, wat simbolies net voor die Intog in Jerusalem geplaas is en ironiese kommentaar is op Jerusalem wat blind is vir die Koning wat die stad binnegaan, selfs al kan hulle Hom eien as: “die profeet Jesus van Nasaret in Galilea”.

Die verhale, simboliese handelinge, gelykenisse, gesprekke en die laaste genesingsverhaal word opgevolg met die vyfde en laaste toespraak van Jesus, dié keer ’n profetiese rede, in verband met die verdere koms van die koninkryk – hfst. 23-25.

  • Dit sluit ’n verdoemende veroordeling van die skrifkenners en Fariseërs se skynheiligheid in (23:1-12) en sewe oordele oor hulle omdat hulle mense van die koninkryk uitsluit met hulle skynheiligheid (23:13-36) asook ’n veroordeling van Jerusalem wat God se genade versmaai het (23:37-39) en tot die vernietiging van die tempel sal lei (24:1-2).
  • Jesus vervolg deur sy dissipels te help om die eise van die eindtyd te verstaan, iets wat nou al ’n aanvang neem (24:3-14) en die groot verdrukking in hulle tyd, sowel as aan die einde van alle tyd, sal insluit (24:15-28 – die profetiese rede het hier ’n dubbele betekenis) waarna die Seun van die Mens weer sal kom op die wolke en die uitverkorenes sal versamel ( 24:29-31).
  • Hy skerp sy boodskap in met ’n appèl aan die dissipels aan die hand van die les van die vyeboom (24:32-35) wat hulle moet leer om waaksaam te wees (24:36-44) en tot getrouheid moet aanspoor (24:45-51).
  • Jesus sluit sy toespraak oor die koms van die koninkryk af met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipels aanspoor tot waaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).

Continue reading

Matteus 20 – Jesus spel koninkrykswaardes vir leiers en die geloofsgemeenskap uit

In hierdie hoofstuk vind ons die volgende vier perikope:

  • Jesus vertel die eerste van vier gelykenisse – die gelykenis van die arbeiders wat op verskillende tye gehuur is – wat die deelnemers aan die koninkryk uitspel. Hier spel Hy die deelnemers uit in terme van wie eerste is en wie laaste – 20:1-16.
  • Jesus kondig die derde en laaste keer sy lyding, kruisdood en opstanding aan vir die dissipels, waardeur Hy sy identiteit as die lydende Seun van die Mens bevestig.  Hy is nie die triomfantelike Messias wat die Jode verwag het nie – 20:17-19.
  • Jesus brei verder uit oor die waardes wat in die koninkryk geld, deur klem te lê op die dienende karakter van leierskap in antwoord op die vraag van die twee seuns van Sebedeus, die twee dissipels, Jakobus en Johannes – 20:20-28.
  • Jesus genees twee blindes langs die pad van Jerigo af wat Hom as die Here, die Seun van Dawid (h)erken – 20:29-34Die genesingsverhaal word simbolies net voor die Intog in Jerusalem geplaas as ironiese kommentaar op Jerusalem wat blind is vir die Koning wat die stad binnegaan, selfs al kan die Jode die verband lê tussen Jesus as die “Seun van Dawid” en Jesus as: “die profeet van Nasaret in Galilea”, soos ons in hfst. 21 gaan lees.   Die insig keer hulle egter nie om Hom ‘n kruisdood te laat sterwe nie.

Continue reading

Matteus 21 – Jesus het ’n groot impak op Jerusalem en die Joodse leiers

Jesus arriveer uiteindelik in Jerusalem vir die volvoering van sy roeping – sy lyding, kruisdood en opstanding – soos Hy nou al drie maal duidelik aan die dissipels gekommunikeer het.

Hoofstuk 21 fokus op:

  • die impak van Jesus se Intog in Jerusalem op die stad en sy mense (21:1-11);
  • die impak van Jesus op die tempel en die kultus deur Jesus se reiniging van die tempel (21:12-17);
  • die simboliese vervloeking van die vyeboom deur Jesus (21:18-22) as inleiding tot sy gesprek met die Joodse leiers wat handel oor drie wesenlike sake:
    • Jesus se gesag (21:23-27);
    • Die noodsaak van gehoorsaamheid aan die hand van die gelykenis van die twee kinders  (21:28-32);
    • Die noodsaak van geloof om die koninkryk te beërwe na aanleiding van die gelykenis van die huurders en die wingerd (21:33-46).

Die implikasies hiervan kan nie misgekyk word nie, soos die leierpriesters en die Fariseërs uiteindelik te kenne gee dat hulle dit begin besef.  Dit is, dat God die koninkryk van hulle sal wegneem en sal gee aan dié wat in Hom glo.   Die Jode maak die fout, sê Jesus, om te dink dat hulle Hom uit die weg kan ruim deur Hom dood te maak.  Maar wat eerder sal gebeur, verklaar Jesus, is dat hulle verpletter sal word, juis op dié klip wat hulle, die bouers, as hoeksteen vir God se gebou afgekeur het.  Hoe tragies.

Continue reading

Matteus 22 – Jesus is te uitgeslape vir die onbetroubare Fariseërs

Jesus vervolg sy gesprek met die Fariseërs met ’n derde gelykenis oor die reaksie van genooide gaste na ’n bruilofsfees met die implisiete betekenis dat die Fariseërs optree soos die eerste genooides wat die uitnodiging geweier het (22:1-14).  Daarmee onderstreep Jesus finaal hulle onbetroubaarheid.  Die gelykenis word opgevolg met drie vrae wat die Fariseërs in reaksie daarop aan Jesus vra: oor belasting aan die keiser (22:15-22), oor die opstanding van die dooies (22:23-33) en die groot gebod in die wet (22:34-40).  Dit is almal vrae wat Hom polities, godsdienstig en eties probeer vastrek, hoewel Jesus net te uitgeslape is vir hulle met sy deeglike praktiese antwoorde.  Jesus sluit sy wedersydse gesprek met hulle af met ’n eie vraag wat Hy aan hulle rig oor Sy identiteit  waarop hulle geen antwoord gehad het nie (22:41-46).  In hoofstuk 23 sal Hy ’n omvattende oordeel oor hulle uitspreek.

Continue reading

Matteus 23:1 – 24:2 – Jesus veroordeel die skynheiligheid van die skrifkenners en Fariseërs

Die verhale, simboliese handelinge, gelykenisse, gesprekke en die laaste genesingsverhaal van hoofstuk 19-22 word opgevolg met die vyfde en laaste toespraak van Jesus, dié keer ’n profetiese rede, in verband met die verdere koms van die koninkryk – hfst. 23-25.

Dit sluit ’n verdoemende veroordeling van die skrifkenners en Fariseërs se skynheiligheid in (23:1-12), sewe oordele oor hulle omdat hulle mense van die koninkryk uitsluit met hulle skynheiligheid (23:13-36) asook ’n veroordeling van Jerusalem wat God se genade versmaai het (23:37-39) en tot die vernietiging van die tempel sal lei (24:1-2).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda