Skip to main content

Matteus 24:3-51 – Jesus motiveer sy dissipels tot waaksaamheid en gereedheid, betroubaarheid en verstandigheid

Jesus vervolg in hoofstuk 24 (tot 25) met sy profetiese rede waarin Hy sy dissipels help om die eise van die eindtyd te verstaan om te kan volhard.  Die eindtyd is iets wat nou al ’n aanvang neem met Jesus se bediening (24:3-14), dit sluit die groot verdrukking in wat ’n dubbele betekenis het – dit is iets wat hulle in hulle tyd sal ervaar, sowel as iets wat aan die einde van alle tyd sal gebeur (24:15-28).  Hulle moet dus leer om met onderskeiding daarin op te tree. Daarna sal die Seun van die Mens weer kom op die wolke en die uitverkorenes versamel vir die koninkryk wat in sy volle betekenis sal aanbreek ( 24:29-31).  Hierdie verlossing sal groot vreugde bring.

Jesus skerp hierdie boodskap oor die eindtyd in met ’n appèl aan die dissipels met die voorbeeld van die vyeboom (24:32-35), wat hulle moet leer om voortdurend waaksaam en gereed te wees (24:36-44) en tot betroubaarheid en verstandigheid moet aanspoor (24:45-51).

Jesus sluit sy toespraak in hoofstuk 25 af oor die koms van die koninkryk met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipels aanspoor tot waaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).

Continue reading

Matteus 25 – Jesus spoor sy dissipels aan tot waaksaamheid, getrouheid en barmhartigheid

Jesus sluit sy toespraak oor die koms van die koninkryk af met drie uitnemende gelykenisse wat die dissipels aanspoor tot waaksaamheid (gelykenis van die tien meisies – 25:1-13), getrouheid (gelykenis van die muntstukke – 25:14-30) en barmhartigheid (gelykenis van die skape en die bokke – 25:31-46).

Continue reading

Matteus 26 – Jesus word verwerp, verraai, verhoor en verloën

Ons kom by die laaste drie hoofstukke van Matteus, die slot van sy evangelie, hoofstuk 26-28.  Alles wat hy tot dusvêr vir ons vertel het, mond uit op:

  • die omvattende Lyding van Jesus – hoofstuk 26.  Dit sluit sy verwerping deur die Joodse leiers en sy dissipel Judas, sy worsteling in Getsemane en sy gevangeneming, sy verhoor deur die Joodse Raad en die verloëning deur Petrus in, sowel as die salwing vir sy begrafnis en die laaste Pasga saam met sy dissipels wat op die instelling van die Nagmaal uitloop.
  • die onskuldige Kruisiging van Jesus – hoofstuk 27.  Dit sluit sy oorlewering aan Pilatus, sy ondervraging, sy oorlewering vir die kruisdood in stede van Barabbas, sy bespotting deur die soldate en uiteindelik sy kruisiging op Golgota, sy sterwe en begrafnis in.  Die hoofstuk vertel ook van die selfdood van Judas.
  • die verrassende Opstanding en Groot Opdrag van Jesus – hoofstuk 28.  Die enigste getuies van die Opstanding waaroor Matteus uitbrei, was Maria Magdalena en Jesus se ma Maria. Daarna haas Matteus hom na die laaste opdrag wat Jesus gee met sy Hemelvaart, die opdrag wat as die Groot Opdrag bekend sou word.  Die leuens van die Jode oor die opstanding van Jesus word ook in die verbygaan vermeld.

Continue reading

Matteus 27 – Jesus word oorgelewer en gekruisig, sterf en word begrawe

Matteus vertel die laaste dag van Jesus se lyding in nege episodes.  Dit strek van die besluit om Hom dood te maak deur die leierpriesters en familiehoofde (27:1-2) – let op dat dit almal van hulle was – sluit die selfdood van Judas in (27:3-10) en beweeg deur die ondervraging van Pilatus (27:11-14), sy oorlewering van Jesus om gekruisig te word (27:15-26), wat die bespotting deur die soldate insluit (27:27-31) tot by sy kruisiging self (27:32-44).  Jesus sterf  net ná drie die Vrydagmiddag (27:45-56) en word begrawe in die graf van Josef van Arimatea (27:57-61) met die Joodse leiers wat die graf beveilig teen enige moontlike menslike ingrype om dit te laat lyk asof Jesus opgestaan het (27:62-66).

Continue reading

Matteus 28 – Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels

Na die uitgebreide en gedetailleerde fokus van Matteus op die lydenspad wat Jesus in Jerusalem gestap het – 141 verse lank – beskryf hy in drie kort episodes die slot van sy verhaal – in net 20 verse!  Hy fokus op Jesus se opstanding en die vroue wat getuies daarvan was (28:1-10), noem in die verbygaan die gekonkel van die Joodse leiers en die bedrog van die Romeinse soldate (28:11-15) en sluit met die laaste opdrag aan sy dissipels wat as die Groot Opdrag bekend geword het (28:16-20).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders