Skip to main content

Matteus 4 – Jesus se versoeking en die begin van sy bediening

Die lewe is darem nie maklik nie! Van die hoogtepunt van die doop en die duif … word Jesus gelei na die dieptepunt  van die duiwel se versoeking.  Dit is egter nie slegte nuus nie.  Dit is goeie nuus, dit is die evangelie.  Hoekom?  Want Jesus aanvaar die uitdaging sonder skroom, sonder klag, sonder om terug te deins.  Dit is immers al die eerste oorwinning; om nie in te gee voor die behoefte om dinge makliker in die lewe te hê  nie.  En Hy slaag die toets uiteindelik met vlieënde vaandels as ewige getuienis dat ons in Hom die oorwinning oor die duiwel, die versoeker en aanklaer, het.

Baie van ons is bekend met die gelade sin waarmee Scott Peck sy boek The Road Less Travelled begin: “Life is difficult.” Maar minder van ons weet of onthou wat hy direk daarna skryf: “This is a great truth, one of the greatest truths.  It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it.  Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult.  Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.”  Dit is die eintlike punt van die besef dat die lewe moeilik is. As jy dit eenmaal aanvaar dat die lewe moeilik is, kan jy daarmee handel, kan jy met moed en oortuiging daarop reageer.

Matteus vertel dus dié verhaal van Jesus se versoeking (4:1-11) as belangrike inleiding tot die begin van sy verkondiging (4:12-17), die roeping van sy eerste dissipels (4:18-22) en die barmhartige hart wat Hy aan sy mense bewys deur hulle nie net te onderrig nie, maar ook van elke siekte en kwaal te genees (4:23-25).

Continue reading

Matteus 5 – Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid

Hierdie toespraak van Jesus, die sogenaamde Bergrede (hfst. 5-7), is die mees indringende verkondiging van wat die koninkryk van God behels.  Ten diepste handel die koninkryk oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik.  Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT, maar in alle opsigte dieper en vêrder as dit gaan.  Die sentrale plek wat die “Ons Vader” gebed in die Bergrede neem, val ook op, waarin die gebed vir die koninkryk ook sentraal staan (6:9-13).

Continue reading

Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid

Nadat Jesus hierdie ses sleutel aspekte van die stryd vir geregtigheid op die tafel gesit het, fokus Hy op hóé mens die lewe van geregtigheid beoefen.  En onthou, dit omsluit eintlik almal met wie jy in ‘n verhouding is.  Mense wat naby aan jou is soos huweliksmaats, en mense wat jou teenstanders en selfs jou vyande is.  Mense wat wat jou kwaad maak en ontstel met hulle dwaasheid en “nikswerdgeid” (“a useless soort van vent,” soos een van my vriende soms uit radeloosheid opmerk), sowel as jou verhouding met jouself, waarin dit belangrik is om reg te kyk, reg te praat en reg op te tree teenoor dié wat jou kwaad (kan) aandoen.

Jesus lig in hierdie hoofstuk twee oorhoofse aspekte van die lewe van geregtigheid uit:

  1. Liefdadigheid, gebed en vas – die lewe met God – 6:1-18;
  2. Fokus op God nie op jou eie welvaart nie – die lewe in die gemeenskap – 6:19-34.

Continue reading

Matteus 7 – Jesus fokus op die vrug van geregtigheid

Hoofstuk sewe bevat ’n klomp samevattende gedagtes van Jesus wat agt laaste opdragte vir die dissipels gee en só ’n prentjie van die vrug van geregtigheid in die dissipels se lewe vir ons skets.

Continue reading

Matteus 8 – Jesus herstel gemeenskap en bevorder geloof met gesprek en genesings

Met hoofstuk agt kom ‘n volgende hoofdeel van Matteus se verhaal op die tafel, wat ek in die inleiding as volg gedefinieer het: die krag en missie van die koninkryk – hfst. 8-10.  Die drie hoofstukke handel oor ‘n seleksie van verhale uit Jesus se bediening wat twee hoofaksente bevat:

  • GENESINGS: Matteus fokus sterk op die verhale van Jesus se genesings en wonders; daar is nege genesingsverhale (‘n melaatse, verskillende verlamdes, ‘n koorsige skoonma, verskillende besetenes, ‘ n bloeiende vrou, en ‘n gestorwe dogter) en een wonderverhaal oor die storm wat stil gemaak word, verweef met die ander verhale.  Só word God se krag gedemonstreer;
  • DISSIPELSKAP: Matteus fokus sterk op ‘n beskrywing van hoe Jesus gevolg moet word.  Tussen die verhale van genesings en wonders is daar verskillende verhale van volgelingskap ingeweef, soos die verhaal van Matteus se roeping, en die verhaal oor die uitsending van die twaalf, waarin Jesus ook uitbrei oor die ontberinge van dissipelskap en die eis tot lojaliteit aan Hom, waarby ook sy lering oor vastye en feestye ingesluit word.  Só word God se missie uitgevoer.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms