Skip to main content

Ons God is ‘n verterende vuur – Hebreërs 12

Hebreers-200Die teks in Hebreërs 12 gaan op ’n nuwe manier oop vir my, na ek vanoggend daarop gefokus het in PAYG en in voorbereiding vir my prediking môre (dit is een van die leesrooster tekste).
Waar ek die teks in Hebreërs 12 altyd in ’n persoonlike hoedanigheid gelees het – my eie sonde wat tot lyding en dissipline lei – besef ek vandag dat dit eintlik oor die uitdaging van sondaars en die sonde binne die geloofsgemeenskap gaan. Wonder hoe ek dit al die jare gemis het!

Ons stryd is nie net teen persoonlike sonde nie, al is dit ook hoe werklik.  Ons stryd, sê die geestelike leier van ’n huisgemeente (in Italië, waarskynlik Rome), is teen mense in die geloofsgemeenskap wat in hulle sonde volhard sowel as uiteindelik teen die mag van die sonde self.  Die verlossing van Christus moet in alle dele van ons eie lewe sowel as in die lewe van die geloofsgemeenskap beleef en geleef word.  Hy moet voor oë gehou word en Hy moet in die volle konsekwensie van die woord gevolg word.

Hebreërs help ons dus verstaan dat daar ’n kant van lyding is wat gelowiges ervaar wat nie weens hulle eie persoonlike oortredinge is of weens die verganklikheid en verydeling van die wêreld nie.  Lyding kom ook en soms veral van mense binne die geloofsgemeenskap.  Sondaars en die sonde binne die geloofsgemeenskap bring lyding oor ons net soos dit die geval was met die Here Jesus.

Continue reading

Hebreërs 13 – Wees gasvry, meelewend, mededeelsaam, gehoorsaam en onderdanig

HebreërsIn ’n gemeenskap wat fokus op Jesus as Leidsman en Voleinder van die geloof en terselfdertyd sorg dat die ander lede van die geloofsgemeenskap nie agterbly en afvallig raak van die lewende God nie, kan mens nie anders as om te fokus op dinge wat die gemeenskap bevestig en bou nie.

Daarom beskryf die skrywer die tipe gemeenskap waarna hulle streef om te wees in die vorm van ’n hele aantal onderlinge houdings en gewoontes.  Hy gee ’n sinopsis van tien van die eienskappe van die geloofsgemeenskap wat as pastorale en etiese onderrig kan dien.

Continue reading

Hebreërs 12 – Hardloop die wedloop wat vir ons voorlê met volharding

HebreërsDie grootste voorbeeld van geloofsvolharding is natuurlik Jesus Christus self.  Meer nog, Hy is nie net vir ons ’n inspirerende voorbeeld in eie reg nie, maar trouens die Leidsman sowel as die Voleinder van die geloof.  Hy het die vermoë om ons nie net te inspireer nie, maar in staat te stel om die wedloop wat vir ons voorlê, te hardloop.  Hy is immers die Een wat as Hoëpriester ons verlede, hede en toekoms in sy hande hou (hfst. 8-10).

Die skrywer sluit dus sy aansporing en bemoediging van die geloofsgemeenskap af deur op die volgende aspekte van die geloofswedloop klem te lê:

  • Rig self die oog op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof – 12:1-13
  • Sien toe dat niemand anders God verontagsaam nie – 12:14-29

Continue reading

Onlangse kommentaar