Skip to main content

Ons God is ‘n verterende vuur – Hebreërs 12

Hebreers-200Die teks in Hebreërs 12 gaan op ’n nuwe manier oop vir my, na ek vanoggend daarop gefokus het in PAYG en in voorbereiding vir my prediking môre (dit is een van die leesrooster tekste).
Waar ek die teks in Hebreërs 12 altyd in ’n persoonlike hoedanigheid gelees het – my eie sonde wat tot lyding en dissipline lei – besef ek vandag dat dit eintlik oor die uitdaging van sondaars en die sonde binne die geloofsgemeenskap gaan. Wonder hoe ek dit al die jare gemis het!

Ons stryd is nie net teen persoonlike sonde nie, al is dit ook hoe werklik.  Ons stryd, sê die geestelike leier van ’n huisgemeente (in Italië, waarskynlik Rome), is teen mense in die geloofsgemeenskap wat in hulle sonde volhard sowel as uiteindelik teen die mag van die sonde self.  Die verlossing van Christus moet in alle dele van ons eie lewe sowel as in die lewe van die geloofsgemeenskap beleef en geleef word.  Hy moet voor oë gehou word en Hy moet in die volle konsekwensie van die woord gevolg word.

Hebreërs help ons dus verstaan dat daar ’n kant van lyding is wat gelowiges ervaar wat nie weens hulle eie persoonlike oortredinge is of weens die verganklikheid en verydeling van die wêreld nie.  Lyding kom ook en soms veral van mense binne die geloofsgemeenskap.  Sondaars en die sonde binne die geloofsgemeenskap bring lyding oor ons net soos dit die geval was met die Here Jesus.

Continue reading

Hebreërs 13 – Wees gasvry, meelewend, mededeelsaam, gehoorsaam en onderdanig

HebreërsIn ’n gemeenskap wat fokus op Jesus as Leidsman en Voleinder van die geloof en terselfdertyd sorg dat die ander lede van die geloofsgemeenskap nie agterbly en afvallig raak van die lewende God nie, kan mens nie anders as om te fokus op dinge wat die gemeenskap bevestig en bou nie.

Daarom beskryf die skrywer die tipe gemeenskap waarna hulle streef om te wees in die vorm van ’n hele aantal onderlinge houdings en gewoontes.  Hy gee ’n sinopsis van tien van die eienskappe van die geloofsgemeenskap wat as pastorale en etiese onderrig kan dien.

Continue reading

Hebreërs 12 – Hardloop die wedloop wat vir ons voorlê met volharding

HebreërsDie grootste voorbeeld van geloofsvolharding is natuurlik Jesus Christus self.  Meer nog, Hy is nie net vir ons ’n inspirerende voorbeeld in eie reg nie, maar trouens die Leidsman sowel as die Voleinder van die geloof.  Hy het die vermoë om ons nie net te inspireer nie, maar in staat te stel om die wedloop wat vir ons voorlê, te hardloop.  Hy is immers die Een wat as Hoëpriester ons verlede, hede en toekoms in sy hande hou (hfst. 8-10).

Die skrywer sluit dus sy aansporing en bemoediging van die geloofsgemeenskap af deur op die volgende aspekte van die geloofswedloop klem te lê:

  • Rig self die oog op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof – 12:1-13
  • Sien toe dat niemand anders God verontagsaam nie – 12:14-29

Continue reading

Hebreërs 11 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag

HebreërsDit is só belangrik om hoofstuk 11 in konteks te lees.

  • In die vorige hoofstuk het die skrywer die geloofsgemeenskap in Rome aangemoedig om met vrymoedigheid in God se teenwoordigheid te leef (10:19-22).
  • Hy het hulle aangespoor tot liefde en goeie dade terwyl hulle met volharding God se wil soek en doen (10:23-25, 35-36).

Nou wil hy hulle in hoofstuk 11 verder inspireer deur ’n wye reeks van voorbeelde van geloofsvolharding, sodat hy dit as deel van sy appèl kan gebruik dat hulle die wedloop wat vir hulle voorlê met volharding kan hardloop (12:1-3).  “Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar met lof aangaande die mense van ouds getuig is.” (11:2; vgl. ook vers 39).

Hy doen dit as volg:

  • Inleiding oor geloofsvertroue – 11:1-3
  • Geloofsvoorbeelde uit die oertyd – 11:4-7
  • Geloofsvoorbeelde uit die aartsvadertyd – 11:8-23
  • Geloofsvoorbeelde uit die Eksodus- en Intogtyd – 11:24-31
  • Geloofsvoorbeelde uit die Rigters- en Koningstyd – 11:32-38
  • Gevolgtrekking oor geloofsvolharding – 11:39-40

Continue reading

Hebreërs 10:19-39 – Laat ons die heiligdom ingaan met vrymoedigheid

HebreërsDie skrywer rond nou die tema af wat hy in hfst. 5 begin het deur die geloofsgemeenskap op te roep om nie vas te val by die basiese prediking oor Christus nie – die “melk” van “die bekering van dooie werke, van geloof in God, van dooponderrig, oplegging van hande, opstanding uit die dood en van ewige oordeel” (6:1-2) – en eerder te fokus op die “vaste kos” van onder andere “die boodskap van regverdiging”, “die aanvoeling, deur gewoonte geoefen, om te kan onderskei tussen goed en kwaad” (5:13-14) en “die volle sekerheid van die hoop” op God se beloftes (6:11).

Dit is immers waarom hy die moeite gedoen het om die omvattende waarde van Jesus se Hoëpriesterskap uit te spel in hfst. 7-10, want die regte perspektief daarop, sal hulle in staat stel om geestelike volwasse te word en die wedloop te hardloop wat vir elkeen van hulle voorlê.  Hy staan immers in vir hulle verlede, hede en toekoms.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda