Skip to main content

Eksodus 13:17-14:31 – Die teenwoordigheid van die Here raak die Godsvolk se kompas deur die woestyn

In drie episodes word die trek van die Israeliete uit Egipte tot deur die Rietsee vertel.  Die redes vir die ompad wat die Israeliete neem en die direkte begeleiding wat die Here van die begin af vir hulle gegee het, word in die eerste episode vertel – Eks. 13:17-22.  Farao se koppige agtervolging van die Israeliete om hulle weer terug te dwing in slawerny word in die tweede episode vertel met die klem op die Israeliete wat opgeroep word om vas te staan en op die Here se ingrype te wag en vertrou: “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg” – Eks. 14:1-14.  Die Here se wonderbare voorsiening van ‘n pad deur die Rietsee waardeur die Israeliete finaal van Egipte en die smeltkroes van hulle vernedering kan afskeid neem, word in die laaste episode vertel – Eks. 14:15-31.

Continue reading

Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter

Hoofstuk 15 gaan oor Moses, Mirjam en Mara.  Moses (15:1-19) en Mirjam (15:20-21) span saam en lei die volk in ‘n loflied wat die Here se verlossing van sy volk verheerlik sowel as sy verplettering van sy vyande. Die lied fokus egter nie net op wat Hy alles vir die volk by die Rietsee gedoen het nie, maar vir wie Hy inderdaad vir hulle was tot in die beloofde land.  Hy wys hier dat Hy nie net hoog verhewe is nie, maar die Een wat naby kom en direk betrokke raak by die lewe van sy mense.

Dit is ook duidelik dat die lied mettertyd aangepas is vir liturgiese gebruik deur elemente van die Intog en selfs die uiteindelike vestiging van die tempel in Jerusalem in te sluit as die gewyde plek wat God vir Homself in die midde van die volk reggemaak het.

Dié lofsang was egter skaars stil of die volk het versink in bitterheid weens die gebrek aan water, veral toe hulle opgewonde was oor die uitkoms van Mara … en dié water bitter was (15:22-27).  Die vreugde en verset sou gou ‘n patroon begin vorm op hulle pad deur die woestyn.  God sou voortgaan om hulle met sy wondervoorsienings te verras, en die volk wie se geheues só kort was sou telkens by ‘n volgende uitdaging vir Moses en ten diepste die Here verwyt het vir hulle situasie.

Continue reading

Eksodus 16 – God voorsien brood, vleis en die Sabbat as tekens van sy teenwoordigheid

Dit is maar die begin van die sewende week ná die Uittog. Die interne verset van die volk begin al hoe erger raak.  Hierdie keer is hulle ontevrede oor ‘n gebrek aan vleis en kos.  Die Here gee daarom nie net vir hulle manna as brood en kwartels as vleis nie (Eks. 16:1-21), maar bevredig ook hulle behoefte aan geestelike voedsel (Eks. 16:22-30).  Dít is waarvoor die sewende dag as die rusdag by uitstek geskik sou wees.  Die boodskap hiervan word ook vir die nageslag bewaar (Eks. 16:31-36).

Die verset lei tot die volgende bewys van God se teenwoordigheid by hulle.  God voorsien in hulle fisiese behoefte van brood en vleis – manna en kwartels – Eks. 16:1-21.  Daarby stel Hy ook die eerste keer die Sabbatdag as ‘n rusdag in waarop hulle sou kon herstel van hulle arbeid en aktiwiteite die vorige week – Eks. 16:22-30. Die hoofstuk sluit af met ‘n beskrywing van die maatreëls wat Moses tref dat dié voorsiening van die Here vir die nageslag bewaar sou kon bly – Eks. 16:31-36.

Hoofstuk 17 sou verder oor eksterne uitdagings praat waar dit nie meer die farao vanuit Egipte was wat hulle teengestaan het nie, maar die Amalekiete wat teen Israel by Refidim kom veg het.  Dit sluit die bekende verhaal van Aäron en Hur in wat Moses se arms in die geveg regop gehou het.  Dit berei ‘n mens ook voor vir die res van die strydverhale van die woestyn sowel as die Intog in Kanaän.

Hoofstuk 18 sou weer terugkeer na die interne konflik in die volk wat besleg is met die raad van Jetro aan Moses oor gedeelde leierskap.  Dit berei ‘n mens ook voor vir die wyse waarop onderlinge verhoudinge gereël sal  word in die verbondsboek van Eks. 20-24, sowel as die latere nog meer uitgebreide vorm daarvan in Levitikus wat Eksodus opvolg in die Tora.

Continue reading

Eksodus 17 – Is die Here by ons of nie?

Hoofstuk 17 brei verder uit oor die interne uitdagings wat die volk regdeur die woestyn sou hê rondom water – 17:1-7.  Dit sou die mees vanselfsprekende area van hulle lewens wees waarvoor hulle volledig van God afhanklik sou moes bly.  Dit sou egter ook die een area wees waarin hulle die meeste ongeduld sou betoon, tot groot verlies vir Moses wat by een só ‘n geleentheid verlei word tot ongehoorsaamheid.  Dit sou mettertyd ook duidelik word dat hulle worsteling met water eintlik die dieper vraag na God se teenwoordigheid moes beantwoord soos dit in vers 7 verwoord word: “Is die Here by ons of nie?

Die eerste eksterne uitdaging in die woestyn het ook kort hierna opgedaag in die vorm van die geveg teen die Amalekiete – 17:8-16.  Hier sou hulle moes leer om aan die een kant self verantwoordelikheid te neem en in opdrag van die Here deur sy leiers planne te maak en hulle in die geveg met hulle vyand te begewe, terwyl hulle steeds op die Here vertrou, gesimboliseer deur die kierie wat Moses met die hulp van Aäron en Hur sou regop hou.  Dit berei ‘n mens ook voor vir die res van die strydverhale van die woestyn sowel as die latere Intog in Kanaän.

Continue reading

Eksodus 18 – Jetro mentor Moses en die Israelitiese leiers tot ‘n leierskapspan

Die Here het sy betroubaarheid tot dusver reeds onomwonde gewys deur drie sleutel optredes.  Sy verlossing van die Israeliete uit Egipte, sy voorsiening in die woestyn, en sy verdelging van Amalek in die oorlog.  ‘n God wat sulke dinge vir sy mense kan doen, kan staatmaak op hulle lojaliteit.  In voorbereiding vir die gawe van die wet as verbondsluiting met die volk op Sinai in hoofstuk 20 en verder, word in hoofstuk 18 aan die leierskapstruktuur aandag gegee en in hoofstuk 19 aan die voorbereiding van die volk.  Laasgenoemde is nodig om God se openbaring te kan ontvang en eersgenoemde sodat toerusting en begeleiding vir die volk in hulle gehoorsaamheid aan die wet gegee kan word.

Jetro speel in hoofstuk 18 ‘n belangrike rol.  Hy bring nie net vir Sippora na Moses met hulle twee seuns terug nie, maar begelei al die Israelitiese leiers in ‘n offermaaltyd tot eer van die Here as Bevryder – Eks. 18:1-12.  Daarna begelei hy ook vir Moses om ‘n groot deel van sy leierskapsfunksies aan sewentig leiers te delegeer, sodat hulle almal die verantwoordelikheid daarvoor kan deel – Eks. 18:13-23.  Die hoofstuk sluit af met Moses se uitvoering daarvan – Eks. 18:24-27.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms