Skip to main content

Eksodus 28 – Die priesters se klere dra die boodskap van gesag en toewyding

Volgende aan die beurt is die instruksies aan Moses om sy broer Aäron en sy seuns, Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar aan te stel om die Here as priesters te dien.  God se roeping van dié familie moet dus bevestig word deur die formele aanstelling soos ons in Eksodus 39:1-31 sal lees.  Die instruksies fokus veral op die uiterlike reiniging en kleredrag wat in die diens van die Here nodig sou wees.

Die feit dat dieselfde tipe kosbare materiaal voorgeskryf word vir die klere as wat in die bou van die tabernakel gebruik sou word, dra die boodskap dat die priesters se hele lewe gestempel word deur die heiligheid wat aan God se woonplek op aarde verbind word.  Hulle gesag lê in God se roeping en in die toewyding aan sy instruksies vir die lewe.

Continue reading

Eksodus 29 – Afgesonder en bevestig as God se verteenwoordigers

Die instruksies rondom die kleredrag word opgevolg deur ‘n gedetailleerde beskrywing van hoe Aäron en sy seuns op rituele wyse afgesonder, gereinig, beklee, gesalf, en bevestig moet word in die blywende priesterlike amp deur middel van ‘n reeks rituele en offers.  Die uitvoering van al hierdie instruksies word in Levitikus 8:1-36 vertel.  Aäron se ampsklere moes ook ná sy dood gebruik word vir die bevestiging van een van sy seuns as Hoëpriester.

Hiermee is die gesag van die Here aan die priesters oorgedra en het hulle op ‘n besondere wyse nie net die ervaring van God se teenwoordigheid geniet nie, maar Hom ook verteenwoordig by die Godsvolk.  Voorwaar ‘n besondere voorreg, maar ook ‘n uitdagende verantwoordelikheid.

Continue reading

Eksodus 30 – Elke deel van die tabernakel en elke priester word geheilig aan die Here

Die volgende instruksies wat die Here vir Moses op die berg gee, handel oor die kleinerige wierookaltaar in die Heilige deel van die Tabernakel reg voor die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste deel van die Tabernakel geskei het – Eks. 30:1-10.  Daarby kom instruksies oor die versoeningsoffer tydens ‘n sensus, wat twee keer op die reis deur die woestyn nodig was – Eks. 30:11-16. Die instruksies vir die bronswaskom waarin Aäron en sy seuns hulleself gereinig het vir hulle diens – Eks. 30:17-21 – sowel as die gewyde salfolie wat vir hulle salwing gebruik en die presiese bestanddele vir die wierook wat gebruik moes word, word ook vir Moses gegee – Eks 30:22-38.

Continue reading

Eksodus 31 – Hulle moet alles maak net soos Ek jou beveel het

Die instruksies vir die bou van die tabernakel word afgesluit met die aanwys van die vakmanne wat die Here uitgekies het vir die werk – Eks. 31:1-11 – sowel as die herhaling van die opdrag tot die hou van die Sabbat – Eks. 31:12-18.  In die eerste geval word die werk van God se Gees direk betrek in die toerusting en bemagtiging van die vakmanne. In die tweede geval word God se keuse om op die sewende dag nie te werk nie, maar te rus, ‘n beginsel wat ook in die bou van die Tabernakel nagekom moes word.  Die “werk vir die Here” kon nooit as ‘n verskoning gebruik word om die ritme tussen werk en rus te ignoreer nie.  Dit was ook die dag waarop die Here juis by die tabernakel aanbid kon word.

Continue reading

Eksodus 32 – Die tragedie van die goue bulkalf en die toorn van Jahwe

Die episode van die goue bulkalf staan vir altyd as ‘n herinnering aan die eerste en grootste versoeking vir die Godsvolk om ander gode náás Jahwe te aanbid, om God op hulle eie terme te aanbid en nie op Syne nie.  Die gevolge daarvan kan altyd in die moreel-etiese konsekwensies gesien word.  Waar ander of eensydige “prentjies” van God as verklaring vir Hom gebruik word, kan sy wil vir die lewe (die Tora) geïgnoreer word soos ons hier in die onvermydelike “losbandigheid” van die volk kan sien, die tweede grootste versoeking vir die Godsvolk.

Jou Godsbeeld bepaal jou mensbeeld.  Waar jy sekere aspekte van God bo ander verhoog, bv. die klem vandag op God se genade en insluiting, sal jy geneig wees om sonde oor te sien en sondige praktyke goed te keur, dinge wat deur ander aspekte van ‘n Bybelse Godsbeeld aangespreek word, bv. God se toorn en verkiesing.  God se genade maak net sin in die lig van sy toorn, soos Romeine 1-3 so helder uitlê.  God se insluiting maak net sin in die lig van die verkiesing, soos Romeine 9-11 so helder uitlê.

Lees dus hierdie gedeelte met groot aandag, omdat hier fundamentele aspekte van ons Godsverhouding neergelê word.  Die tragedie van die goue bulkalf – Eks. 32:1-6 – word opgevolg deur die toorn van God – Eks. 32:7-14.  Dit is alleen wanneer ‘n mens dít goed begryp dat jy die triomf van die genade en vergifnis van God – Eks. 32:15-35 kan raaksien in die gedeelte: “Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda