Skip to main content

Bydraes hervat weer Donderdag

My program die afgelope twee weke was net te vol om by te bly met die bydraes oor Job.  Ek hoop om die bydraes weer Donderdag te hervat.  Jammer!

Hier is sommer twee aanhalings wat julle sal interesseer uit ‘n boek waarmee ek tans besig is: The Case for the Resurrection of Jesus, 2004, deur Gary R. Habermas en Michael R. Licona van Kregel Publications gepubliseer by Grand Rapids.

Continue reading

Internasionale dag van die Bybel 23 November

Dit is vandag, 23 November, die Internasionale dag van die Bybel na aanleiding van Habakuk 2:14 “Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.”  Daar is ‘n leesplan by die skakel beskikbaar, en die idee is om 12:00 vandag almal saam ‘n gedeelte uit die Bybel te lees.  Gebruik #BibleCelebration en deel met ons die gedeelte wat jou tref.

Ek self lees Psalm 140, die gedeelte vir die dag by Bybelskool.com​.  Dit is ‘n baie gepaste gebed in die lig van die bedreiging van wêreldvrede op só baie plekke, veral in Frankryk, België, Irak, Iran, Sirië, Kenia, Somalië en nog baie ander.  Geweldenaars is Godloënaars, en dié Psalm verkondig ‘n God wat die regsaak van magteloses en behoeftiges behartig.

Kom ons bid daarvoor.  En bely dat regverdiges sy Naam sal loof; dat opregtes in sy teenwoordigheid sal woon.

Bybelskool beplanning vir die res van 2015 en 2016

Ek het my beplanning vir die Bybelskool vir die res van 2015 aangepas.  Ek het ‘n maand studieverlof in die derde kwartaal wat ek aan skryfwerk gaan spandeer.  Ek gaan dus nie tyd hê om Job in die derde kwartaal in te pas nie en skuif dit daarom na die eerste kwartaal 2016.

Die laaste Psalmboek, veral met die 176 verse van Psalm 119, kan dan ingepas word van September tot begin Desember.  Ek begin 31 Augustus met Psalm 107 en maak DV 7 Desember klaar met Psalm 150.

Psalms 107-150 Middel Derde en Vierde kwartaal 2015
Job Eerste kwartaal 2016
Genesis, Eksodus  Tweede kwartaal 2016
Levitikus, Numeri, Deuteronomium  Derde kwartaal 2016
Josua, Rigters  Vierde kwartaal 2016

Die Psalms gaan ek as volg lees (Ps 119 is in 22 dele opgedeel volgens die Hebreeuse alfabet: Alef, Bet, Gimel ens.):

Continue reading

Eenduisend Intekenaars

Ons het so pas die EENDUISEND INTEKENAAR kerf bereik.

Baie dankbaar!

So ‘n bietjie statistiek:

  • Die hele NT se 260 hoofstukke is reeds verlede jaar afgehandel.
  • Van die OT se 929 hoofstukke het ek reeds 496 behandel – 53,39%
  • In die volgende twee jaar sal ek DV poog om die 433 hoofstukke wat oorbly, af te handel.

Bybelskool 4de kwartaal 2014

Bybelskool.com bydrae grafikaIndeling van die leeswerk

Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com.  Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs.  Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas.  Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk.

  • HEBREËRS – ’n Boodskap van bemoediging
  • JAKOBUS – Praktiese Christenskap
  • 1 PETRUS – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding
  • 2 PETRUS – Hou vas aan die ware evangelie
  • JUDAS – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Elke weeksdag plaas ek ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November.  Skryf daar in met jou e-posadres.  Dit is gratis.  Ek sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi).  Ek bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in byeenkomste in Somerstrand gemeente: Hoe praat God vandag,  watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.

NOTA: Ek het Hebreërs se indeling verander wat beteken dat daar twee bydraes bykom.  Die datums van al die bydraes is daarom aangepas.

Continue reading

Onlangse kommentaar