Skip to main content

Judas – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Inleiding op Judas

600-x-800px-Voorblad---Petrus-JudasDie brief van Judas word geskryf deur die: “dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus.” (Jud. 1). Daarmee kies Judas om sy geloofsbande met Jesus te beklemtoon eerder as sy familiebande. Sy verwantskap met Jakobus maak dit egter tog duidelik dat hy familie van Jesus is. Saam met die brief van Jakobus het ons dus briewe van twee van Jesus se broers in die NT.

In vers 3-4 spel Judas die aanleidende rede uit vir die skryf van die brief, hoewel ons nie presies weet wie dié groep gelowiges is aan wie hy dit gerig het nie. Dit is aan die een kant om die leringe van dwaalleraars te bestry wat verdeeldheid en onsekerheid onder hulle gesaai het (vers 4). Aan die ander kant skryf hy om hulle op te roep om hulle lewe te bou op hul heiligste geloof (vers 3).

Hierdie twee temas bepaal dan ook die indeling van sy boodskap in die res van die brief. Die tema van vers 4 word eerste behandel en dié van vers 3 tweede:

  • Die leringe van die dwaalleraars word bestry in vers 5-19 veral met die uitleg van bekende temas uit die Joodse geskiedenis, waarin ‘n mens ses OT temas (Eksodus, Vloedverhaal, Sodom en Gomorra, Kain, Bileam, Korag), kan herken, ook twee temas uit die pseudepigrafiese werke Henog 1 (vers 14-15 – profesie van Henog) en die Hemelvaart van Moses (vers 9 – stryd tussen Migael en die duiwel) en nog verwysings na engele en hemelwesens uit twee ander werke. Pseudepigrafiese werke is Joodse werke uit dié tyd wat toegeskryf is aan historiese persoonlikhede om daaraan gesag te verleen, maar nie deur hulle geskryf is nie. Die woord pseudepigrafies beteken letterlik “valse geskrifte”, wat egter nie beteken dat die inhoud vals is nie, maar dat die titel daarvan misleidend is. Hierdie temas van die Joodse geskiedenis word aangevul met die uitleg van ‘n tema uit die woorde van die apostels van die NT (vers 18).
  • Die oproep om hulle lewe op hul heiligste geloof te bou, word in vers 20-23 behandel. Dit is opvallend hoe Judas dié geloof op Trinitariese wyse uitspel – gebed deur die Gees, bewaring deur die liefde van God, en die hoop geskoei op die ontferming van die Here Jesus Christus. Dít is die wyse waarop ‘n mens jou lewe bou op jou heiligste geloof. Dit is ook die basis vir ons ontferming oor dié wat twyfel.

Judas se klem op temas uit die Joodse geskiedenis en sy aanvaarding dat dit bekend sal wees vir sy lesers, beteken dus waarskynlik dat hulle Joodse Christene was, anders as wat die geval was met die geloofsgemeenskap waaraan Petrus sy briewe gerig het.

Vers 24-25 eindig die brief met ‘n lofprysing op die bewarende krag van God, eerder as die verwagte groeteboodskap soos in ander NT briewe.

Continue reading

Bybelskool 4de kwartaal 2014

Bybelskool.com bydrae grafikaIndeling van die leeswerk

Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com.  Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs.  Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas.  Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk.

  • HEBREËRS’n Boodskap van bemoediging
  • JAKOBUSPraktiese Christenskap
  • 1 PETRUSVolhard vol vreugde in vervolging en lyding
  • 2 PETRUSHou vas aan die ware evangelie
  • JUDASBestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Elke weeksdag plaas ek ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November.  Skryf daar in met jou e-posadres.  Dit is gratis.  Ek sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi).  Ek bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in byeenkomste in Somerstrand gemeente: Hoe praat God vandag,  watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.

NOTA: Ek het Hebreërs se indeling verander wat beteken dat daar twee bydraes bykom.  Die datums van al die bydraes is daarom aangepas.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda