Judas – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
Inleiding op Judas
Die brief van Judas word geskryf deur die: “dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus.” (Jud. 1). Daarmee kies Judas om sy geloofsbande met Jesus te beklemtoon eerder as sy familiebande. Sy verwantskap met Jakobus maak dit egter tog duidelik dat hy familie van Jesus is. Saam met die brief van Jakobus het ons dus briewe van twee van Jesus se broers in die NT.
In vers 3-4 spel Judas die aanleidende rede uit vir die skryf van die brief, hoewel ons nie presies weet wie dié groep gelowiges is aan wie hy dit gerig het nie. Dit is aan die een kant om die leringe van dwaalleraars te bestry wat verdeeldheid en onsekerheid onder hulle gesaai het (vers 4). Aan die ander kant skryf hy om hulle op te roep om hulle lewe te bou op hul heiligste geloof (vers 3).
Hierdie twee temas bepaal dan ook die indeling van sy boodskap in die res van die brief. Die tema van vers 4 word eerste behandel en dié van vers 3 tweede:
- Die leringe van die dwaalleraars word bestry in vers 5-19 veral met die uitleg van bekende temas uit die Joodse geskiedenis, waarin ‘n mens ses OT temas (Eksodus, Vloedverhaal, Sodom en Gomorra, Kain, Bileam, Korag), kan herken, ook twee temas uit die pseudepigrafiese werke Henog 1 (vers 14-15 – profesie van Henog) en die Hemelvaart van Moses (vers 9 – stryd tussen Migael en die duiwel) en nog verwysings na engele en hemelwesens uit twee ander werke. Pseudepigrafiese werke is Joodse werke uit dié tyd wat toegeskryf is aan historiese persoonlikhede om daaraan gesag te verleen, maar nie deur hulle geskryf is nie. Die woord pseudepigrafies beteken letterlik “valse geskrifte”, wat egter nie beteken dat die inhoud vals is nie, maar dat die titel daarvan misleidend is. Hierdie temas van die Joodse geskiedenis word aangevul met die uitleg van ‘n tema uit die woorde van die apostels van die NT (vers 18).
- Die oproep om hulle lewe op hul heiligste geloof te bou, word in vers 20-23 behandel. Dit is opvallend hoe Judas dié geloof op Trinitariese wyse uitspel – gebed deur die Gees, bewaring deur die liefde van God, en die hoop geskoei op die ontferming van die Here Jesus Christus. Dít is die wyse waarop ‘n mens jou lewe bou op jou heiligste geloof. Dit is ook die basis vir ons ontferming oor dié wat twyfel.
Judas se klem op temas uit die Joodse geskiedenis en sy aanvaarding dat dit bekend sal wees vir sy lesers, beteken dus waarskynlik dat hulle Joodse Christene was, anders as wat die geval was met die geloofsgemeenskap waaraan Petrus sy briewe gerig het.
Vers 24-25 eindig die brief met ‘n lofprysing op die bewarende krag van God, eerder as die verwagte groeteboodskap soos in ander NT briewe.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik