Skip to main content

503 gebruikers by Bybelskool.com!

Ons het gister die 500 geregistreerde gebruikers mylpaal bereik.

Ek is diep dankbaar vir die vreugde om my lees van die Bybel met ‘n groter gehoor as die gemeente te kan deel.

Ek het ‘n bietjie gaan rondkrap in die detail wat gebruikers (20% het iets gedeel) oor hulleself op die webtuiste sê.

‘n Paar (anonieme) opmerkings:

Continue reading

Bydraes oor 27 Bybelboeke by Bybelskool.com

Jy kan reeds bydraes lees oor 27 Bybelboeke by Bybelskool.com. Ek het die bydraes nou ook per Bybelboek gerangskik om makliker ‘n boek op ‘n slag te lees. Dit is alfabeties gerangskik.  Jy kan dit in hierdie bydrae bereik, sowel as by die spyskaart aan die regterkant van die webtuiste.

Hier is die lys van boeke.

Continue reading

Volgende Bybelskool – 3de kwartaal 2011

Ons het die evangelie van Johannes deurgelees in die tweede kwartaal 2011.  Die bydraes kan almal onder die menu Johannes gelees word.

Daar is nou reeds 7 kursusse wat jy op jou eie tempo kan deurwerk.  Kleingroepe kan dit gebruik om Bybelboeke een vir een deur te werk.  Almal is welkom om vrae te vra, en ek sal so gou as wat ek kan daarop antwoord.

Die volgende Bybelskool kursus gaan waarskynlik oor die evangelie van Lukas en Handelinge handel (alternatiewelik oor Genesis).  Ek sal binnekort ‘n besluit neem en dit adverteer.  Die kursus sal die laaste week van Julie 2011 ‘n aanvang neem, waarskynlik 27 Julie.

Continue reading

TENNIS EN DIE BYBELSKOOL

Het jy iets wat jy as so half “heilig” beskou? Iets waarmee niemand eintlik moet intervere nie? Ek het so iets. Dis ‘n Woensdagmiddag, want dan  speel  ek tennis. Sonder om te vêr in die verlede in terug te gaan,  so iets oor die manne wat saam speel. Tussen vyf van ons kom ons die laaste vyftien jaar elke Woensdag op die baan bymekaar. Ons gemiddelde ouderdom het nou sewentig geslaan. Desnieteenstaande  suiker, kanker, hoë bloeddruk, heup- en knie-vervangings, swak sig en hardhorendheid foeter ons mekaar weekliks met ‘n toegewyde passie op,  net om na die tyd ons vergeselde lywe met ‘n biertjie of drie te versterk en alle kwade gevoelens wat daar mag ontstaan het weens swak roepe en verkeerde tellings uit die gestelle  uit te spoel.

Hoekom vertel ek dit vir jou ? Op ‘n Woensdagmiddag volg ‘n Woensdagaand en Woensdagaand is Bybelskool.  In my toestand nie die beste plek om heen te gaan nie. Om vir ‘n uur te gaan konsentreer en intelligent te probeer lyk met ‘n gebroke vlees en ‘n amper onwillige gees is ‘n tall order.

Met n stomende lyf, stort ten spyt, maak ons dit net om teen halfsewe die konsistorie binne te storm. Chris, ons predikant wat die gesprek lei, staan reeds voor en begin stiptelik.  Met ‘n entoesiasme wat nie anders kan as om jou mee  te voer nie,  begelei hy ons in die lewe en werk van Jesaja en God se betrokkenheid in die wel en wee van Sy volk.  Die gees is gewillig, maar die vlees swig en ek trek so af en toe ‘n groot vis uit. My wederhelf elmboog my met liefde om my daaraan te herinner dat die nie slaaptyd is nie. Uiteindelik oorwin die gees en ek begin intens luister na die gesprek.

Ek praat spesifiek van “die gesprek”, omdat dit presies is wat gebeur. Die Bybelskool  is nie ‘n lesing nie, maar ‘n diepgaande en oop  gesprek tussen voorganger en deelnemers en deelnemers en deelnemers .  Ja daar word intensief voorberei vir hierdie gesprek.

Vinnie het êrens in haar navorsing ‘n bron raak geloop wat ‘n bepaalde perspektief gee; Christine beklemtoon die onrus by die volk en tussen al Willem se notas kom God se deurgaanse betrokkenheid na vore.  Serfies, dis nou Johan Serfontein, maak keel skoon en skiet van die heup. Slegs geloof kan jou red en van die anderkant van die vertrek word hy aangevul deur Jurie wat Christus se woorde aanhaal aan die bloedvloeiende vrou wat sy kleed aangeraak het: “Jou geloof het jou gered.”

Ek luister met verwondering hoedat gelowiges mekaar aanvul, ondersteun en onderrig om beter te kan verstaan wie die God is wat ons onvoorwaardelik aanbid. Die God wat ‘n verwarde Israel deur’ n profeet aanspreek met  geregtigheid en oordeel, maar altyd getemper deur sy alles omvattende liefde van hoop, indien jy in Hom glo.

Sonder dat ek ‘n woord gesê het – want jy hoef nie iets te sê om Bybelskool toe te kom nie; jy hoef net te luister en die voorreg met dankbaarheid te geniet – besef dat uit verwarring twee goed na vore kan kom: ‘n ontsag vir die Here se hantering van enige situasie en ‘n geloof in Hom wat ek in my lewe moet demonstreer, soms met ‘n oortuiging wat stil geleef word, en soms met dieselfde oortuiging wat duidelik uitgespel word, selfs vir my teenstanders.

Dankie dat  ek dit met jou kon deel en ek nooi jou om saam met my te kom luister in die Bybelskool. Jy hoef nie te praat nie net luister.

Vrede en vreugde

Frik Buys

Bybelskool oor die boek Jesaja – begin 20 Januarie

Ons lees die boek Jesaja in die eerste kwartaal.  In die gemeente van Somerstrand word dit gekombineer met ‘n Bybelstudie– en preekreeks.  Lidmate kan hulle in die week vooraf óf by ‘n Bybelstudiegroep óf in die Bybelskool ingrawe in die fokusteks vir die Sondag en bydraes maak, voor ons saam gaan luister na wat God vir die gemeente sê. Klik hier om direk na die bydraes oor die boek Jesaja te gaan.

Leesplan

Ons begin Donderdag 20 Januarie met die inleiding en oriëntering op die boek Jesaja sowel as die lees van hoofstukke 1-6.  Die eerste byeenkoms in die gemeente is Woensdag die 26ste Januarie 2011 18:30.

Datum Teks Byeenkoms 18:30
20-26/1 Jesaja 1-6 26/1
27/1-2/2 Jesaja 7-12 2/2
3-9/2 Jesaja 13-27 9/2
10-16/2 Jesaja 28-35 16/2
17-23/2 Jesaja 36-39 23/2
24/2-2/3 Jesaja 40-48 2/3
3-9/3 Jesaja 49-55 9/3 – geen byeenkoms!
10-16/3 Jesaja 56-61 16/3
17-23/3 Jesaja 62-66 23/3
24-30/3 Jesaja in die NT 30/3

Registrasie

Enigiemand is baie welkom om in te skakel.  Registreer aan die regterkant by Registrasie / TEKEN IN (of klik hier vir die direkte skakel), en ek sal die bydraes per e-pos vir jou stuur.  Registrasie en inskakeling is gratis.  Onthou ook om kommentaar te lewer of jou vrae te vra.  Jy kan dit doen aan die onderkant van enige bydrae deur op comments te klik.  Ek antwoord graag.

Jy kan ook enigeen van die vorige Bybelskool kursusse op jou eie tyd deurwerk:

Bydraes oor die boek Jesaja

[jwcatpostlist includecats=146]

Onlangse kommentaar