Bybelskool 4de kwartaal 2014
Indeling van die leeswerk
Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com. Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs. Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas. Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk.
- HEBREËRS – ’n Boodskap van bemoediging
- JAKOBUS – Praktiese Christenskap
- 1 PETRUS – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding
- 2 PETRUS – Hou vas aan die ware evangelie
- JUDAS – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
Elke weeksdag plaas ek ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November. Skryf daar in met jou e-posadres. Dit is gratis. Ek sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi). Ek bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in byeenkomste in Somerstrand gemeente: Hoe praat God vandag, watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.
NOTA: Ek het Hebreërs se indeling verander wat beteken dat daar twee bydraes bykom. Die datums van al die bydraes is daarom aangepas.
Hebreërs – ’n Boodskap van bemoediging
Ons lees die brief aan die Hebreërs soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur.
Hoofstuk | Tema | Datum |
Inleiding | ’n Boodskap van Bemoediging | 21-Oct |
Hfst. 1 | God praat met ons deur sy Seun | 22-Oct |
Hfst. 2-3:11 | Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis | 23-Oct |
Hfst. 3:12-4:13 | Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie | 24-Oct |
Hfst. 4:14-5:10 | Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade | 27-Oct |
Hfst. 5:11-6:20 | Gaan voort na volwassenheid en hou stewig vas aan die hoop wat voorlê | 28-Oct |
Hfst. 7:1-28 | Jesus Christus is Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek | 29-Oct |
Hfst. 8:1-13 | Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond | 30-Oct |
Hfst. 9:1-22 | Jesus Christus reinig ons gewete van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien | 31-Okt |
Hfst. 9:23-10:18 | Jesus Christus verskyn in die heiligdom voor God ter wille van ons | 3-Nov |
Hfst. 10:19-39 | Laat ons die heiligdom ingaan met ’n opregte hart, in volle geloofsekerheid | 4-Nov |
Hfst. 11 | Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag | 5-Nov |
Hfst. 12 | Hardloop die wedloop wat vir ons voorlê met volharding | 6-Nov |
Hfst. 13 | Wees gasvry, meelewend, mededeelsaam, gehoorsaam en onderdanig | 7-Nov |
Jakobus – Praktiese Christenskap
Ons lees die brief van Jakobus soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:
Hoofstuk | Tema | Datum |
Inleiding | Praktiese Christenskap | 10-Nov |
Hfst. 1:1-18 | Volhard in beproewing | 10-Nov |
Hfst. 1:19-2:26 | Doen wat die woord sê | 11-Nov |
Hfst. 3 | Tree met sagmoedige wysheid op | 12-Nov |
Hfst. 4 | Tree met respek vir mekaar en in afhanklikheid van God op | 13-Nov |
Hfst. 5 | Volhard in gebed | 14-Nov |
1 Petrus – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding
Ons lees die eerste brief van Petrus soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:
Hoofstuk | Tema | Datum |
Inleiding | Volhard vol vreugde in vervolging en lyding | 17-Nov |
Hfst. 1 | Jubel oor God en leef uit die hoop | 17-Nov |
Hfst. 2 | Laat julle opbou tot ’n geestelike huis | 18-Nov |
Hfst. 3 | Seën mekaar | 19-Nov |
Hfst. 4 | Bo alles moet julle mekaar innig liefhê | 20-Nov |
Hfst. 5 | Versorg mekaar en wees voorbeelde vir mekaar | 21-Nov |
2 Petrus – Hou vas aan die ware evangelie
Ons lees die tweede brief van Petrus soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:
Hoofstuk | Tema | Datum |
Inleiding | Hou vas aan die ware evangelie | 24-Nov |
Hfst. 1 | Lê julle daarop toe om julle roeping en verkiesing stewig te vestig | 24-Nov |
Hfst. 2 | Wees versigtig vir vals profete en leraars | 25-Nov |
Hfst. 3 | Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van Jesus Christus | 26-Nov |
Judas – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
Ons lees die brief van Judas soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:
Hoofstuk | Tema | Datum |
Inleiding | Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof | 27-Nov |
Hfst. 1 | Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof | 27-Nov |
Byeenkomste in Somerstrand gemeente
Ek bespreek die boodskap van die onderskeie briewe by ses geleenthede in die gemeente Somerstrand met spesifieke fokus op van die onderstaande temas. Enigeen is welkom om dit by te woon.
Let op dat die byeenkomste almal op Woensdae 18:00 in die konsistorie plaasvind, behalwe die 21 Oktober en 25 November byeenkomste wat op ‘n Dinsdag 18:00 sal wees.
Dag en datum | Temas |
Dinsdag 21 Oktober 18:00 |
|
Woensdag 29 Oktober 18:00 |
|
Woensdag 5 November 18:00 |
|
Woensdag 12 November 18:00 |
|
Woensdag 19 November 18:00 |
|
Dinsdag 25 November 18:00 |
|
Elsie Ceronio
Goeie dag Baie dankie vir die kosbare samestelling van die Bybelskool m.b.t. die bybelboeke. Ons is ‘n bybelstudie groep wat sopas deur Hebreers gewerk het. Ons gebruik die bybelstudie metode om nie ‘n handboek te gebruik nie, maar werk met verskillende vertalings en leer wat die Woord van God (bybel) vir ons wil sê. Ek het opsommings van die insette van die groep opgestel en dit gereeld met u boek gaan kontroleer. Mag die Here u seen met die werk wat u doen. Het u enige werkstuk m.b.t. uitverkiesing?
Vrede
Chris van Wyk
Dankie! Ek het al iets oor die uitverkiesing op die webtuiste in my stuk oor Romeine 9-11 geplaas: http://bybelskool.com/romeine-9-11-die-jode-se-volle-getal-sal-gelowig-word/. Die beste is om die Dordtse Leerreëls self te lees. Jy kan dit hier kry: http://ngkerksomerstrand.co.za/belydenisskrifte/. Al ses ons geloofsbelydenisse is daar. Die direkte skakel na die Dordtse Leerreëls is: http://ngkerksomerstrand.co.za/belydenisskrifte/dortse_leerreels/
Chris van Wyk
Ekskuus – die skakel was foutief. Hier is die regte skakel na my kort bydrae oor die uitverkiesing: http://bybelskool.com/romeine-9-11-die-jode-se-volle-getal-sal-gelowig-word/