Skip to main content

Bybelskool 4de kwartaal 2014

Bybelskool.com bydrae grafikaIndeling van die leeswerk

Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com.  Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs.  Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas.  Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk.

  • HEBREËRS’n Boodskap van bemoediging
  • JAKOBUSPraktiese Christenskap
  • 1 PETRUSVolhard vol vreugde in vervolging en lyding
  • 2 PETRUSHou vas aan die ware evangelie
  • JUDASBestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Elke weeksdag plaas ek ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November.  Skryf daar in met jou e-posadres.  Dit is gratis.  Ek sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi).  Ek bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in byeenkomste in Somerstrand gemeente: Hoe praat God vandag,  watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.

NOTA: Ek het Hebreërs se indeling verander wat beteken dat daar twee bydraes bykom.  Die datums van al die bydraes is daarom aangepas.

Hebreërs – ’n Boodskap van bemoediging

Ons lees die brief aan die Hebreërs soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur.

Hoofstuk Tema Datum
Inleiding ’n Boodskap van Bemoediging 21-Oct
Hfst. 1 God praat met ons deur sy Seun 22-Oct
Hfst. 2-3:11 Jesus is die Leidsman van ons verlossing en die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis 23-Oct
Hfst. 3:12-4:13 Waak daarteen dat geeneen van julle van die lewende God afvallig word nie 24-Oct
Hfst. 4:14-5:10 Hou styf vas aan ons belydenis en nader met vrymoedigheid die troon van genade 27-Oct
Hfst. 5:11-6:20 Gaan voort na volwassenheid en hou stewig vas aan die hoop wat voorlê 28-Oct
Hfst. 7:1-28 Jesus Christus is Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek 29-Oct
Hfst. 8:1-13 Jesus Christus is die Middelaar van ’n beter verbond 30-Oct
Hfst. 9:1-22 Jesus Christus reinig ons gewete van dooie werke sodat ons die lewende God kan dien 31-Okt
Hfst. 9:23-10:18 Jesus Christus verskyn in die heiligdom voor God ter wille van ons 3-Nov
Hfst. 10:19-39 Laat ons die heiligdom ingaan met ’n opregte hart, in volle geloofsekerheid 4-Nov
Hfst. 11 Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag 5-Nov
Hfst. 12 Hardloop die wedloop wat vir ons voorlê met volharding 6-Nov
Hfst. 13 Wees gasvry, meelewend, mededeelsaam, gehoorsaam en onderdanig 7-Nov

Jakobus – Praktiese Christenskap

Ons lees die brief van Jakobus soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:

Hoofstuk Tema Datum
Inleiding Praktiese Christenskap 10-Nov
Hfst. 1:1-18 Volhard in beproewing 10-Nov
Hfst. 1:19-2:26 Doen wat die woord sê 11-Nov
Hfst. 3 Tree met sagmoedige wysheid op 12-Nov
Hfst. 4 Tree met respek vir mekaar en in afhanklikheid van God op 13-Nov
Hfst. 5 Volhard in gebed 14-Nov

1 Petrus – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding

Ons lees die eerste brief van Petrus soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:

Hoofstuk Tema Datum
Inleiding Volhard vol vreugde in vervolging en lyding 17-Nov
Hfst. 1 Jubel oor God en leef uit die hoop 17-Nov
Hfst. 2 Laat julle opbou tot ’n geestelike huis 18-Nov
Hfst. 3 Seën mekaar 19-Nov
Hfst. 4 Bo alles moet julle mekaar innig liefhê 20-Nov
Hfst. 5 Versorg mekaar en wees voorbeelde vir mekaar 21-Nov

2 Petrus – Hou vas aan die ware evangelie

Ons lees die tweede brief van Petrus soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:

Hoofstuk Tema Datum
Inleiding Hou vas aan die ware evangelie 24-Nov
Hfst. 1 Lê julle daarop toe om julle roeping en verkiesing stewig te vestig 24-Nov
Hfst. 2 Wees versigtig vir vals profete en leraars 25-Nov
Hfst. 3 Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van Jesus Christus 26-Nov

Judas – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Ons lees die brief van Judas soos volg in die vierde kwartaal 2014 deur:

Hoofstuk Tema Datum
Inleiding Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof 27-Nov
Hfst. 1 Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof 27-Nov

Byeenkomste in Somerstrand gemeente

Ek bespreek die boodskap van die onderskeie briewe by ses geleenthede in die gemeente Somerstrand met spesifieke fokus op van die onderstaande temas.  Enigeen is welkom om dit by te woon.

Let op dat die byeenkomste almal op Woensdae 18:00 in die konsistorie plaasvind, behalwe die 21 Oktober en 25 November byeenkomste wat op ‘n Dinsdag 18:00 sal wees.

Dag en datum Temas
Dinsdag 21 Oktober 18:00
  • HEBREËRS: Hoe praat God met ons?
Woensdag 29 Oktober 18:00
  • Watter rol speel tekens, wonders, kragtige dade, en gawes van die Heilige Gees?
  • Hoe hanteer ons die behoefte aan melk en nie vaste kos nie in die gemeente – d.w.s. die volgende ses dinge oor die basiese prediking oor Christus: die bekering van dooie werke, van geloof in God, van dooponderrig, oplegging van hande, opstanding uit die dood en van ewige oordeel?
Woensdag 5 November 18:00
  • Hoe werk God in ons verstand, hart en gewete?
  • Hoe kan ek geloofsekerheid hê?
  • Hoe weet ons God bestaan en dat Hy dié beloon wat Hom soek?
Woensdag 12 November 18:00
  • JAKOBUS: Praktiese Christenskap – wysheid, verhoudinge, versoekinge, gesprekke, gebed
Woensdag 19 November 18:00
  • 1 PETRUS: Vervolging, lyding en verontregting
Dinsdag 25 November 18:00
  • 2 PETRUS EN JUDAS: Dogma en dwaalleer

 


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms