Skip to main content

Bybelskool beplanning 3de kwartaal 2014 tot 3de kwartaal 2016

Ek het vanoggend my beplanning van die volgorde waarin ek die Bybelboeke gaan behandel effens aangepas (2 Junie 2016 weer aangepas – in rooi hieronder).

  • Ek wil graag aan die einde van die jaar die laaste 5 boeke van die NT saam met julle lees, sodat ek die 12 kleiner profete as ‘n geheel kan lees in die 1ste kwartaal van 2015.
  • Die res van die leesprogram bly dieselfde.
  • Ek mik om DV teen die einde van die derde vierde kwartaal 2016 die oorblywende OT boeke klaar te lees.
Jeremia en Klaagliedere van Jeremia Derde kwartaal 2014
Hebreërs, Jakobus, 1&2 Petrus, Judas Vierde kwartaal 2014
12 kleiner profete: Hosea, Amos, Obadja, Jona, Miga, Joël, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, Maleagi Eerste kwartaal 2015
Esegiël Tweede kwartaal 2015
Job Derde Eerste kwartaal 20156
Psalms 107-150 Middel Derde en Vierde kwartaal 2015
Genesis, Eksodus Eerste Tweede kwartaal 2016
Levitikus, Numeri, Deuteronomium Tweede Derde kwartaal 2016
Josua, Rigters Derde Vierde kwartaal 2016

Voorspoedige 2014!

Dit was ‘n voorreg om vanjaar saam met 800-plus intekenaars die Bybel hier by www.bybelskool.com te lees. Ek sien uit na volgende jaar se lees van Matteus, die 3de en 4de Psalmboek, Jeremia en ‘n paar van die kleiner profete.

Hier is ‘n bietjie statistiek oor hoe die webtuiste gebruik is.  Die hoogtepunte was dat daar meer as 5000 besoeke ‘n maand was, 174 nuwe bydraes (in totaal nou 721 bydraes) geskryf is, en besoekers van 76 lande, veral SA, UK, Australië, en die VSA hier aangedoen het.

Ek is baie dankbaar.

Voorspoedige nuwejaar!

Leesplan vir Daniël, Ester, Esra en Nehemia

Ons lees hierdie kwartaal die boeke Daniël, Ester, Esra en Nehemia.   Hier is ‘n lusmaker van die eerste bydrae vir 17 Julie (‘n dag vroeër om alles in te pas!) waarmee ons gaan begin:

“Die boek Daniël fokus op God se aktiewe, omvattende en soewereine betrokkenheid in die heelal op drie terreine:

  1. Dit sluit die geloofsgemeenskap in, nie net in hulle eie land nie, maar ook in die vreemde in ballingskap.  Dit dra die bevestiging en versekering dat God daar is waar Sy mense is.
  2. Dit sluit die konings en koninkryke van hierdie wêreld in met wie God op verskillende maniere in gesprek tree.  Dit dra die hoop en verwagting dat God daar is waar politieke, ekonomiese en sosiaal-maatskaplike besluite geneem word.
  3. Dit sluit ook die konflik in die wêreld van engele in wat op verskillende wyses ’n impak op die mensdom en die aarde het.  Dit dra die belofte en troos dat God daar is waar die chaos magte dreig om mense met hulle boosheid te verswelg.”

Hier is ’n sinopsis van die léés plan vir dié kwartaal:

Continue reading

Bybelskool vir die derde kwartaal 2013

Ons lees hierdie kwartaal die boeke Daniël, Ester, Esra en Nehemia.   Die eerste bydrae begin 18 Julie by www.bybelskool.com.  Registreer op die voorblad om dit per e-pos te ontvang.  Die eerste byeenkoms in die gemeente van Somerstrand is 31 Julie om 18:00-19:00 in die konsistorie.

Hier is ’n sinopsis van my beplanning:

Continue reading

Beplanning vir Bybelskool.com 2013

Ek is met langverlof die hele vierde kwartaal van 2012.  Daar sal dus nie nuwe Bybelskool materiaal dié kwartaal verskyn nie.  Jy is egter welkom om enige van die vorige reekse by Bybelskool.com te gebruik.  Ek sluit vir jou die skakels na die 27 reekse in aan die onderkant van dié bydrae.

Ek sal wel van tyd tot tyd by my Facebook Bybelskool bladsy van my gedagtes en leeswerk met julle deel.  Like net die bladsy en jy sal die bydraes outomaties ontvang.

My beplanning vir volgende jaar is om ongeveer 12 Bybelboeke saam met julle te lees.  Dit hang onder andere saam met ons gemeente in Somerstrand se fokus op Die Storie (Max Lucado en Randy Frazee – lees meer daaroor by CUM) waarmee ons in 31 weke die narratiewe dele van die Bybel gaan deurwerk.  Jy is dus welkom om ook van daardie materiaal te gebruik.

Ek gaan dus in Bybelskool.com DV die volgende boeke in 2013 lees:

Psalms 42-72 Eerste kwartaal 2013 Begin 24 Januarie
1 en 2 Kronieke Tweede kwartaal 2013 Begin 11 April
Daniël, Ester, Nehemia, Esra Derde kwartaal 2013 Begin 18 Julie
Openbaring, 1&2&3 Johannes, Judas Vierde kwartaal 2013 Begin 17 Oktober

Ek het ook begin met die publisering van die Bybelskool materiaal in Epub formaat.  Ek het begin met Prediker, en beplan ook om Spreuke, Hooglied, Johannes en Jesaja te doen.  Julle kan meer daaroor lees by hierdie bydrae:

Lekker lees, luister en leef:

Onlangse kommentaar