Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 90:13-17

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In die tweede deel van die Psalm bely Moses dat die geheim van die lewe afhanklik is van God se gawes, van sy ontferming, sy liefde, en die jare wat Hy ons gee. Dit is wanneer Hy elke dag sy liefde in oorvloed gee en Hy sorg dat sy werk en grootheid duidelik raak vir ons kinders dat die lewe sin begin maak en ons blydskap kan belewe. Daarom vra Moses dat hulle – dit kan aan enige tydperk in die woestyn gekoppel word (vgl. Eks. 34 bv.) – die goedheid van die Here ons God só sal belewe, dat Hy die werk van ons hande in stand sal hou. Watter ongelooflike insig in hoe die lewe werk, en watter belangrike gebed om te bid!

Bid die Psalm

“Kom terug, Here! Hoe lank gaan U nog uitstel? Ontferm U tog oor u dienaars! Vul ons met u genade in die oggend, dan sing ons van vreugde al ons dae. Gee ons vreugde na al ons lyding, na al die jare van onheil wat ons beleef het. Laat al u dienaars u werke sien, en hulle kinders u heerlikheid. En mag die Here ons God sy goedheid aan ons bewys, en die werk van ons hande bevestig. Ja, bevestig die werk van ons hande!” NLV

Boodskap en betekenis

Moses is baie bewus van twee goed: 1) hoe onbeduidendheid menslike lewe werklik is in vergelyking met God se grootheid en ewigheid; en 2) hoe afhanklik die mens is van God se ontferming, liefde, en goedheid. Daar is niks wat goed is wat nie van God af kom nie. Daarom is die enigste verwagting en hoop wat sin maak van die lewe, in God self en die gawes wat Hy gee, geleë. Daarom kan ek myself vind in hierdie aanhaling van Nicolas Herman, beter bekend as Brother Lawrence: “The time of business,” het hy gesê, “does not with me differ from the time of prayer and in the noise and clutter of my kitchen, while several persons are at the same time calling for different things, I possess God in as great tranquility as if I were upon my knees at the blessed sacrament.” (The Practice of the Presence of God the best rule of a Holy Life.) Die hele lewe is in God se hand en moet as sodanig deur jou gelewe word.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 90:1-12

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die 4de Psalmboek, Psalms 90-106, fokus op die feit dat Jahwe reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Die 4de Psalmboek eindig met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word. Dié tema van God se getrouheid deur die geslagte word onder andere bevestig deur die eerste Psalm in die reeks, Psalm 90, wat ’n Psalm van Moses is. Uiteraard is dit daarom een van die vroegste Psalms, maar dit word hier geplaas om die tema van God as getroue toevlug van geslag tot geslag in te lui: “Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag.” (Ps. 90:1). Aan die einde van die 4de Psalmboek word weereens die verhaal van Moses en die volk in die twee laaste Psalms, Psalm 105 en 106, aangeroer, waarmee die tema van God se getrouheid as’t ware omgeklink word: “Hy hou sy verbond altyd in stand” (Ps. 105:8) en “aan sy liefde is daar geen einde nie!” (Ps. 106:1). Soos God aan Dawid getrou was, só was Hy inderdaad reeds getrou van Moses af, wat die hoop op die terugkeer uit ballingskap vir die volk lewend hou. Die Psalm verdeel in twee natuurlike dele: 1) Vers 1–12 is ’n lofprysing op God se werk in die volheid van die lewe van die mensdom wat afsluit met ’n gebed dat die Here ons wysheid sal gee. 2) Vers 13–17 is ’n gebed dat God sy ontferming en liefde in oorvloed aan sy volk sal gee sodat God se goedheid en grootheid vir die nageslag duidelik sal bly. Ons bid dit oor 2 dae.

Bid die Psalm

“’n Gebed van Moses, man van God. Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God. U laat mense weer terugkeer tot stof, en sê: “Keer terug, mensekinders!” Vir U is duisend jaar soos gister wat verbygaan, soos ’n nagwaak wat gou verby is! U vee mense weg soos drome wat verdwyn, soos gras wat in die oggend opkom: Soggens skiet dit op en groei, in die aand verdroog dit en verwelk. Inderdaad, ons kwyn weg onder u toorn; ons is oorweldig deur u woede. Ons sondes is oop en bloot voor U, ons geheime sondes word bekend in die lig van u teenwoordigheid. Al ons dae gaan verby onder u toorn, ons eindig ons lewe soos ’n sug. Die getal van ons jare kan 70 wees, of as ons sterk is, 80. Maar selfs die beste daarvan is vol swaarkry en verdriet. Die lewe is gou verby, en ons bestaan nie meer nie. Wie ken die krag van u toorn? Wie ken die vrees van u woede? Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” NLV

Boodskap en betekenis

O God, our help in ages past
Our hope for years to come,
Our shelter from the stormy blast,
And our eternal home
.”

So lui die eerste vers van Isaac Watts se parafrase van hierdie Psalm reeds in 1719 n.C. wat steeds wêreldwyd in die Christelike kerk gesing word. Hy het die essensie van hierdie Psalm op ’n besondere raak manier vasgevang. God was ’n toevlug (skuilplek) van geslag tot geslag: “in ages past”, sowel as die hoop “for years to come.” Om die waarheid te sê, Hy is “our eternal home.” Want, is Hy dan nie van ewigheid tot ewigheid God nie? Die prentjie wat die woord toevlug/skuilplek oproep, is dié van ’n kraal of opstal waar skape of bokke weg van die wind en weer en gevaar beskerm word. Só is God vir ons, sê Moses (vgl. ook sy  lied in Deut. 31:30–32:47). Om die waarheid te sê, die woord vir toevlug word ook gebruik vir God se woonplek (Deut. 26:15) waarin Hy natuurlik die Een is wat die veiligheid daarvan waarborg. Dit is dié wete wat rus bring in onstuimige omstandighede. Hierteenoor word die mens se eindigheid geskets met die beeld van gras wat maar vir ’n dag bestaan voor dit afgesny word, en verlep en verdroog. So is mense onderworpe aan die verganklikheid van die dood. Daar is ’n absolute einde aan hulle kortstondige bestaan, wat skerp kontrasteer met die oneindigheid van God se bestaan. Voeg dit by die ander probleem van mense – dat hulle weens hulle oortredinge en sonde aan God se toorn onderworpe is – en die ellende van die mensdom is maar al te duidelik. Ons jare skiet verby soos ’n gedagte en is vol swaarkry en leed (moeite en rampe) waaroor Moses uitroep: “Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.” God ken ons soos ons werklik is – eindig, verganklik, geneig tot sonde, onderworpe aan die moeite en rampe van die lewe. Die geheim van die lewe is volgens Moses dat ’n mens dit doodgewoon erken, en nie net sonder voorgee en met meer eerlikheid sal lewe nie, maar ook jou sal instel om beter die geleenthede en potensiaal wat daar wel is, raak te sien en te benut. Dit is die tipe wysheid wat ons van God moet afbid, sê Moses, sodat ons met wysheid kan leef.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 89:39-53

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Teenoor hierdie beskrywing van God se liefde en trou – van sy verbintenis aan sy verbond, van sy liefde ten spyte van: “my liefde vir hom sal nooit ophou nie,” selfs wanneer hulle ongehoorsaam is – staan die werklikheid dat die verbond toe nie in ag geneem is nie, dat die koningskap van sy nasate weggeneem is en Jerusalem verwoes is.  Die vyande het geseëvier. Op grond van die feit dat God dus belowe dat Hy sy liefde nie sal terughou nie, ten spyte van Israel se ongehoorsaamheid, vra die Psalmis daarom: “Sal U Uself vir altyd verberg?  As pleidooi dat die Here tog sy liefde weer sal in werking stel, word die kortstondigheid en nietigheid van die lewe geskets.  Almal gaan uiteindelik dood en het daarom behoefte aan God se liefde van vroeër, ’n mens wil amper sê sonder verdienste, net uit deernis met hulle lot. Daarom bid Etan dat God aan hulle sal dink, verpersoonlik in die gestalte van sy gesalfde en nie vyande die oorhand laat kry nie: “Hulle wat spot, is u vyande, Here, hulle bespot elke tree van u gesalfde.” Die Psalm sluit met vers 53 wat ook die 3de Psalmboek afsluit.

Bid die Psalm

“Maar U het hom verwerp en verstoot. U was kwaad vir u gesalfde. U het u verbond met hom laat vaar, U het sy kroon op die grond vertrap. U het al sy stadsmure afgebreek en sy vestings in puinhope verander. Elkeen wat verbykom, beroof hom, terwyl sy bure hom bespot. U het sy vyande laat triomfeer, al sy teenstanders laat jubel. U het sy swaard nutteloos gemaak, hom nie bygestaan in die geveg nie. U het sy grootsheid beëindig en sy troon op die grond gegooi. U het hom oud voor sy tyd gemaak en hom met vernedering oordek. Sela Hoe lank nog, Here? Sal U Uself vir altyd verberg, en u toorn soos vuur laat brand? Dink tog hoe verganklik is die lewe. Is die skepping van die mens dan ’n nuttelose daad? Watter mens kan lewe sonder om die dood te sien? Wie kan homself red uit die mag van die doderyk? Sela Here, waar is u liefde van vroeër wat U in u trou met ’n eed aan Dawid beloof het? Dink tog, Here, aan die vernedering van u dienaars, hoe ek in my hart die beledigings van baie volke dra. Hulle wat spot, is u vyande, Here, hulle bespot elke tree van u gesalfde. Lof aan die Here vir altyd! Amen, ja, amen!” NLV

Boodskap en betekenis

God se liefdesdade is ’n sterk getuienis daarvan dat Hy sy beloftes waar maak.  Die vraag is egter of dié beloftes in alle omstandighede waar gemaak kan of sal word? Wat gebeur as die nageslag nie meer die Here dien nie? Kan God dan ook nog sy beloftes waarmaak, dié beloftes wat hy aan die voorgeslagte gegee het? Meer spesifiek, kan Israel staatmaak op voorkeur behandeling omdat God ’n verbond met hulle stamvader Dawid gesluit het? En wat van ons? Ons is geneig om ’n meer wit-swart oordeel te fel – reg of weg.  Etan weet egter dat só ’n aanpak altyd sal lei tot ’n verwerping.  Daarom pleit hy eintlik vir die onmoontlike hoop, dat God se liefde sy oordeel sal troef en daaroor sal triomfeer.  Dit is die gebed wat ons kan aangryp en vir onsself en vir ons mense kan bid.  Die hoop op God se onverdiende guns alleen. En die bloed het op Golgota geloop om dít vir ons almal reg te kry… daarin lê ons verlossing. Jesus is bespot en as “koning van die Jode” verwerp, sodat Hy aan die kruis vergifnis kon verwerf vir elkeen wat in Hom glo, en sy vertroue op Hom plaas. Dit is die hoop vir die nageslag van Israel, en uitgebrei tot enigiemand uit al die nasies van die aarde.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 89:20-38

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Etan wy in die tweede deel van die Psalm uit oor al die beloftes wat die Here aan Dawid gemaak het, van die bystand aan ’n dapper jong man wat gelei het tot die salwing as koning tot die ondersteuning in die talle oorloë waarin hy betrokke was.  Daarin was God se trou en liefde by hom.  Deur God se krag het hy oorwin. Trouens, Hy sal sorg dat Dawid Hom aanbid, en vir Hom sal sê: “U is my Vader, my God, die rots van my redding.” Een van die min plekke in die OT waar van God as Vader gepraat word. Let ook op dat daar God se beloftes ‘n opvolger “vir altyd” bepaal!

Bid die Psalm

“Voorheen het U deur ’n visioen met hulle wat aan U getrou is, gepraat en gesê: “Ek het hulp verleen aan ’n krygsman. Uit die gewone mense het Ek die uitverkore een verhef. Ek het my dienskneg Dawid gevind. Met heilige olie het Ek hom gesalf. Met my hand sal Ek hom ondersteun, met my arm sal Ek hom sterk maak. Vyande sal hom nie onderwerp nie, goddeloses sal hom nie verdruk nie. Ek sal sy vyande voor hom verpletter en sy haters verslaan. My trou en liefde sal met hom wees, en deur my Naam sal hy oorwin. Ek sal sy mag uitbrei tot by die see, en tot by die riviere. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God, die rots van my redding.’ Ek sal hom my eersgeborene maak, die magtigste koning op aarde. Ek sal vir altyd aan hom my trou betoon; my verbond met hom vas laat staan. Ek sal ’n opvolger vir altyd bepaal; sy troon sal wees sonder einde, so lank as wat die hemel bestaan. Maar as sy seuns my gebooie nalaat en nie in my weë wandel nie, as hulle nie my bepalings navolg, nie my bevele gehoorsaam nie, dan sal Ek hulle eiesinnigheid straf, hulle oortredings swaar bestraf. Maar my liefde vir hom sal nooit ophou nie, en my trou aan hom sal Ek nie wegneem nie. Ek sal my verbond nie verbreek nie, en wat Ek beloof het, nie verander nie. Ek het by my heiligheid ’n eed afgelê, en my belofte aan Dawid sal Ek nie verbreek nie. Sy nakomelinge sal altyd daar wees, en sy troon sal blywend wees soos die son. Soos die maan is dit daar vir altyd, ’n getroue getuie in die lug!” Sela” NLV

Boodskap en betekenis

God se verbond met Dawid staan vas.  Dawid sal God aanroep as Vader en God sal hom eerste stel.  Vir altyd sal God sy trou handhaaf teenoor hom, want God se verbond met hom staan vas.  Dit sluit in dat hy ‘n opvolger sal hê wie se troon vir altyd sal wees, trouens solank as wat daar ’n hemel is. Wat ‘n vergesig belofte, is dit nie! Tog beteken dit nie dat die menslike nasate van Dawid hiermee ’n blanko tjek kry tot seën onafhanklik van hulle gehoorsaamheid aan die Here nie. Nee Etan is ook duidelik daaroor dat as sy seuns nie handel volgens God se woord nie, nie lewe volgens sy bepalinge nie, sy voorskrifte verontagsaam, sy gebooie nie nakom nie, sal Hy hulle straf. “Maar my liefde vir hom sal nooit ophou nie, en my trou aan hom sal Ek nie wegneem nie.”  God se verbond sal nie verbreek word nie. God se beloftes sal nie teruggehou word nie – spesifiek die beloftes van ’n nageslag om op sy troon te sit.  En die permanensie daarvan word aan die bestaan van die son en die maan sowel as die hemel gekoppel. Iets wat ons weet in Jesus, die Seun van Dawid, vervul is. In Lukas 1:32–33 is die engel se woorde aan Maria: “Die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee … en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.” Ook Paulus verbind Jesus aan die Dawidiese beloftes (Hand. 13:22-23, 34; vgl. ook Hebr. 1:5-6). Ook Johannes verwys na Jesus as die heerser oor die konings van die aarde (Openb. 1:5).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 89:1-19

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die laaste Psalm in die 3de Psalmboek, Psalm 89,  begin met die wonderlike uitkoms wat God gee, wat eintlik ’n noodsaaklike boodskap is ná die donkerte van Psalm 88. Tog vra die Psalm ook of ’n mens altyd kan staatmaak daarop, veral wanneer dit lyk asof God in sy toorn sy verbond nie in ag neem nie (vers 39 en verder). ’n Situasie waarmee menige van ons kan identifiseer. Die Psalm word toegeskryf aan Etan, soos Heman, ‘n Esragiet.  Hy was ook een van vier bekende wyses in Israel wie se wysheid egter deur Salomo oortref is (1 Kon. 4:31). Etan en Heman was nakomelinge van Serag uit die stam van Juda (1 Kron. 2:6), vandaar die naam Esragiet (nakomeling van Serag).  Hy moet onderskei word van die ander Etan, wat ook Jedutan genoem word, en saam met Asaf en Heman in die tyd van Dawid as tempelsangers opgetree het (1 Kron. 6:33). Ons bid dit in drie dele.

Bid die Psalm

“’n Gedig van Etan die Esragiet. Ek wil altyd sing van die goedheid van die Here. Ek wil, geslag na geslag, sy getrouheid bekendmaak. Ek het gesê: “U troue liefde sal vir altyd duur. U getrouheid is so standvastig soos die hemel.” U het gesê: “Ek het ’n verbond gesluit met my uitverkorene. Ek het ’n eed afgelê vir Dawid, my dienaar: ‘Ek sal jou nageslag vir altyd as konings vestig, en jou troon bou van geslag tot geslag.’” Sela Here, die hemel prys u wondermag; die hemelse wesens prys u trou. Want wie in die hemel kan met die Here vergelyk word? Wie onder die hemelse wesens is soos die Here? In die hemelse vergadering is daar groot ontsag vir God. Hy is meer ontsagwekkend as hulle wat Hom omring. Here, God die Almagtige, wie is magtig soos U, Here? U is omring deur u getrouheid. U heers oor die bruisende oseane. As die golwe styg, laat U dit bedaar. U het vir Rahab vernietig, met u sterke arm u vyande verdryf. Aan U behoort die hemel, die aarde is u besitting, die wêreld en alles daarin – dit alles het U gemaak. U het noord en suid gemaak, Tabor en Hermon prys u Naam. U arm is toegerus met mag, u hand is sterk, u regterhand is omhoog! Geregtigheid en reg is die fondament van u troon. Onfeilbare trou en waarheid is tot u diens. Geseënd is hulle wat U met vreugde dien, wat lewe in die lig van u teenwoordigheid, Here. Hulle juig die hele dag oor u Naam, is verheug oor u regverdigheid. U is hulle kragtige roem. Deur u goedheid is ons sterk. Die Here is ons beskermer, die Heilige van Israel is ons koning.” NLV

Boodskap en betekenis

God word in die eerste deel van die Psalm geloof vir sy liefde en trou wat vir altyd standhou beide in die hemel as op die aarde (vgl. die Ons Vader gebed oor God se wil).  Dit het Hy bewys: 1) met sy verbond met en belofte aan Dawid: “Ek sal jou nageslag vir altyd as konings vestig, en jou troon bou van geslag tot geslag.”; 2) met die ereposisie wat die Here self  beklee in die hemel onder die hemelse wesens (seuns van God in Hebreeus) in die hemelse vergadering; 3) met sy magsposisie in terme van die skepping waarin God orde in die chaos op die aarde gebring het – alles behoort aan Hom, want Hy het dit gemaak; 4) met die ereposisie wat Hy beklee onder sy mense wat juig tot sy eer omdat hulle sy guns en regverdigheid geniet, ’n goedheid wat op spesiale wyse aan die koning bewys is: “Die Here is ons beskermer, die Heilige van Israel is ons koning.” Dit is ‘n lofprysing wat ons ook aan God kan bring. Hy kan vertrou word, want Hy is “omring deur sy getrouheid”.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar