Webinar Veritas College International Inligtingsessie
Stel jy belang om jouself as kerkleier deur middel van hoër onderwys voor te berei? Registreer nou
Stel jy belang om jouself as kerkleier deur middel van hoër onderwys voor te berei? Registreer nou
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Psalm kan in twee dele verdeel word: 1) “U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde” – vers 1–9; 2) “Verbly julle in die Here, regverdiges” – vers 10–12. Die Here se koningskap word in die eerste deel van die Psalm op twee maniere beskryf. Dit word eerstens in metaforiese terme as ’n kosmiese gebeure geteken: die aarde juig, die afgeleë eilande is bly, wolke en duisternis omring Hom, vuur gaan voor Hom uit en verbrand sy teenstanders, ens. Die Here se koningskap word tweedens steeds op metaforiese wyse as ’n kommunikasie gebeure geteken: die hemele verkondig sy geregtigheid sodat al die volke Sy Majesteit kan sien (vgl. Ps. 19). Hierdie getuienis oor God het twee uitkomste. Aan die eenkant staan almal wat afgodsbeelde dien, beskaamd, want dié afgode moet in aanbidding voor Hom buig! Aan die ander kant hoor die Godstad, Jerusalem, met sy tempel op die Sionsberg, sowel as die “stede van Juda” (“dogters” in Hebreeus) dit en het ’n groot blydskap en juig oor God se posisie as die Allerhoogste oor die hele aarde wat ver verhewe is bo alle gode. In die tweede deel van die Psalm word gefokus op die vreugde wat gelowiges daarom in God kan hê. Hulle word nie net as regverdiges en getroues geteken nie, maar as “liefhebbers van die Here” (1933-vertaling – “Lovers of Jahwe” soos in verskeie Engelse vertalings). Dit is mense wat hulle aktief beywer om met God geassosieer te word, om met Hom in verhouding te lewe, wat Hom liefhet bo alles. Dié liefhebbers van die Here word bemoedig om nie net die Here lief te hê nie, maar ook die slegte en die kwade te haat in die wete dat God die lewe van sy troue volgelinge beskerm en hulle uit die hand van goddelose mense sal red. Met die pragtige metafoor van God wat as’t ware die lig vir regverdiges aansteek, word die vreugde van dié wat met opregtheid God lief het, geteken. Hulle kan inderdaad hulle in die Here verbly en sy heilige, gevierde Naam loof.
Bid die Psalm
“Die Here regeer! Laat die aarde juig. Laat die talle eilande bly wees. Wolke en duisternis omring Hom. Reg en geregtigheid is die grondslag van sy troon. Vuur gaan voor Hom uit en al sy teenstanders verbrand. Sy weerligte verlig die wêreld. Die aarde sien dit en bewe. Berge smelt soos was voor die Here, voor die Here van die hele wêreld. Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. Almal wat beelde vereer, is tot skande gebring, almal wat roem op hulle nietige afgode; want alle gode moet voor Hom buig. Sion het dit gehoor en is bly, en die stede van Juda juig oor u oordele, Here! Want U, Here, is hoog verhewe bo die hele aarde; U is verhewe ver bo alle gode. Julle wat die Here liefhet, haat dan wat boos is! Hy beskerm die lewe van sy getroues, Hy red hulle uit die mag van goddeloses. Oor regverdiges skyn daar lig, en daar is blydskap vir hulle wat opreg is. Regverdiges, wees bly in die Here, en prys sy heilige Naam!” NLV
Boodskap en betekenis
“Julle wat die Here liefhet”! Dit is ‘n wonderlike beskrywing van die regverdiges, dié wat in opregtheid hulleself aan die Here verbind, dié wat Hom getrou navolg en sy dissipels is. Maak nie saak waar ’n mens jouself dus bevind op hierdie wêreld nie, selfs al is dit op ’n ver afgeleë eiland, dáár kan jy ’n “liefhebber van die Here” wees en jou verlustig in sy heerskappy! Dit is hierdie beskrywing van Psalm 97 wat ek ook graag op myself van toepassing wil maak: “Liefhebbers van die Here”. Dit is wie ek is, en só wil ek bekend staan. Om die waarheid te sê, dit is hoe ek graag wil hê die Here aan my moet dink. En skielik staan ek op heilige grond…
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Psalm 96-100 fokus baie spesifiek op die koningskap van die Here, iets wat nie net geld vir sy volk in terme van die verbond nie, maar vir almal op die aarde, omdat sy heerskappy ook ’n universele betekenis het. Ons tref Psalm 96 in sy geheel ook aan in 1 Kronieke 16 waar dit as ’n keurspel van lofliedere – saam met dele uit Psalm 105 en 106 – gebruik word in die feesviering met die tuiskoms van die ark in Jerusalem in die tyd van Dawid. Kronieke gebruik ‘n deel van die verhaal in 2 Samuel 6 om die geskiedenis te verwoord en haal daarby dan ‘n keurspel uit die drie Psalms aan (in hierdie volgorde: Ps. 105:1–15; 96:1–13; 106:47–48) met die titel “Loof die Here”, wat Dawid vir Asaf en sy ampsgenote die eerste keer laat uitvoer het by die geleentheid. Psalm 96 kom dus waarskynlik uit die pen van Dawie. Dit het twee duidelike dele: 1) Sing en getuig tot eer van die God van die gode – vers 1–6; 2) Prys die Regeerder en Regter van die aarde – vers 7–13. Let op hoe God se reddingsdade in die geskiedenis sowel as sy skeppingsmag in terme van die heelal as motivering vir die lof aan Hom beskryf word. Dit is die diepste motivering vir die getuienis aan alle mense op die aarde. Dit is ook waarom almal opgeroep kan word om Hom te loof en prys en van Hom te getuig. Vier keer word almal op die aarde in vers 1–2 opgeroep om ’n nuwe lied tot eer van God te sing/prys, en dan word dit aangevul met ’n oproep om God se reddingsdade te verkondig, en Sy Majesteit onder die nasies bekend te maak. Lofprysing en getuienis gaan saam. Dit is twee kante van dieselfde munt. Daarom word almal wat op die aarde woon, opgeroep om die Here te erken, aan Hom dankoffers te bring en in aanbidding voor Hom te buig en oral te getuig van sy teenwoordigheid en heerskappy. Die “geslagte van die aarde” dui op die subverdelings in nasies, die “tribes” of subgroepe wat daar in elke samelewing voorkom. Hulle word daarom as sodanig erken, maar ook opgeroep om saam die Here te dien. Let op hoe drie belangrike konsepte in vers 10 gebruik word om God se karakter en betekenis te teken: sy soewereiniteit (regeer), stabiliteit (“die wêreld staan vas”) en billikheid (“regverdig oordeel”). Hierdie beskrywing van God het nie net betekenis vir die mense op aarde nie, maar ook vir die hele heelal. Daarom word die hemele en die aarde, die see en alles daarin, die veld en alles daarop, selfs die bome in die bos opgeroep om hulle in God te verheug, want Hy is op pad om sy heerskappy te vestig sodat daar inderdaad stabiliteit, regverdigheid en billikheid op aarde sal wees.
Bid die Psalm
“Sing vir die Here ’n nuwe lied! Sing vir die Here, almal op aarde! Sing vir die Here, loof sy Naam! Verkondig sy verlossing dag na dag. Vertel die nasies van sy heerlikheid, aan al die volke van sy wonderdade. Groot is die Here; lof kom Hom toe! Hý moet gedien word bo alle gode. Die gode van die volke is niks, die Here het die hemele gemaak! Heerlikheid en majesteit is voor Hom; krag en glans is in sy heiligdom. Erken die Here, geslagte van die aarde, erken die Here vir sy heerlikheid en mag. Erken die Here vir die roem van sy Naam! Bring offers vir Hom en kom na sy voorhowe. Aanbid die Here in sy heilige glans. Laat die hele aarde voor Hom bewe. Vertel aan die nasies: “Die Here regeer! Die wêreld staan vas en sal nie wankel nie.” Sy oordeel oor volke is regverdig. Laat die hemele verheug wees, laat die aarde bly wees. Laat die see druis en ook alles daarin. Laat die velde jubel en alles daarop! Laat die bome van die bos juig voor die Here. Want die Here kom! Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld oordeel met regverdigheid, en die nasies met sy betroubaarheid.” NLV
Boodskap en betekenis
Psalm 96 roep die volk van die Here, trouens alle mense, op om die Here te prys. Hoekom? Want Hy kom om oor die hele aarde te heers. Die motivering daarvoor word in sy skeppingswerk sowel as sy reddingsdade in die geskiedenis gevind. Dít, sê die Psalmis, moet aan al die nasies verkondig word sodat hulle hulle eie gode, wat in elk geval nie gode is nie, kan verlaat en ook van God se onwankelbare koningskap kan sing. Dié God is aan die kom om oor die aarde te heers met regverdigheid en billikheid, en Israel se getuienis moet die pad vir God onder die nasies gereed maak.
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Soos met die vorige drie Psalms is die lof van Psalm 95 gefokus op God se skeppingsmag. Dit is in Joodse huishoudings gebruik as ’n intrede Psalm, veral die eerste 7 verse, met die aanvang van die Sabbatsritueel op ’n Vrydagaand. Dit is ook ’n baie geliefde Psalm om as toetredelied of loflied in die liturgie te gebruik. Psalm 95 val in twee duidelike dele uiteen: 1) ’n Oproep tot ’n loflied oor God – vers 1–7a; 2) ’n Waarskuwing om nie hardkoppig en moedswillig te wees nie – vers 7b–11. Let op die dinamiek van die liturgiese beweging tot lof van God: van buite die tempel (“Kom, laat ons sing”), na die binnekant (“Kom, laat ons aanbid en neerbuig”), en uiteindelik die neerkniel voor God in aanbidding (“en kniel voor die Here ons Maker”). God word beskryf as die een wat redding gee, wat koning is oor al die gode, die Skepper van die dieptes van die aarde sowel as die kruine van die berge. Dié God is ook die Herder wat die volk soos ’n kudde skape versorg. Die oorgang na die waarskuwing in die tweede deel is amper brutaal eerlik. Die profeet–priester draai nie doekies om nie. Die liturgiese prosessie om aan God eer te betoon, beteken uiteindelik niks as dit nie gekoppel word aan gehoorsaamheid aan die Skepper– en Herder–God in die pad wat hulle met dié God in die lewe loop nie. Dié boodskap word met voorbeelde uit die verlede gerugsteun, en die volk opgeroep om die Here nie teleur te stel soos die geval was in die woestyn by Meriba en Massa nie waar die volk fout gevind het met God se pad van “waterskaarste” met hulle en die realiteit van sy teenwoordigheid by hulle bevraagteken het en Hom getoets het met die woorde: “Is die Here by ons of nie?” (Eks. 17:7 en Num. 20:13). Dieselfde lot kan die aanbidders in die tempel tref as hulle nie luister na die Here nie en sy teenwoordigheid by hulle bevraagteken. Wees daarom nie hardkoppig en moedswillig soos hulle nie, anders sal julle ook nie die rus van die Here beleef nie, sê die Psalmis.
Bid die Psalm
“Kom, laat ons sing tot eer van die Here! Laat ons juig oor die rots van ons redding! Laat ons met lofsange voor Hom kom, Hom met lofliedere besing, want die Here is ’n groot God, die groot Koning bo alle gode. Die dieptes van die aarde is in sy hand, selfs die toppe van die berge is Syne. Die see is Syne; Hy het dit gemaak. Sy hande het die droë grond gevorm. Kom, laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die Here ons Maker, Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Ag, dat julle vandag na Hom sal luister! Moenie julle harte verhard soos destyds by Meriba, soos by Massa in die woestyn nie. Daar het julle voorouers My beproef, My getoets, al het hulle my werke gesien. 40 jaar lank het Ek ’n afkeer gehad aan hierdie geslag, en Ek het gesê: “Dis ’n volk wat ontrou bly. Hulle ken nie my paaie nie.” In my toorn het Ek ’n eed afgelê: “Hulle sal my rusplek nie binnegaan nie.”” NLV
Boodskap en betekenis
Ons kan maklik gewoond raak aan die lofprysing van die Here in ons byeenkomste en die ontsag vir Hom verloor in ons daaglikse lewe waar ons uitgelewer is aan allerlei uitdagings en beproewinge. Die lofprysing moet ons juis energie gee vir die uitdagings wat wag, eerder as wat dit ons soort van laat ontvlug van die werklikheid. God is immers by ons in ons lofprysing sowel as in die beproewings van die lewe. Daarop kan ons staatmaak, maar daarvoor moet ons ook toelaat en begroot: “Die Here IS by ons!” . In die NT vind dié boodskap ’n neerslag in Hebreërs 3-4 waarin die gevaar van afvalligheid deur ongeloof uitgespel word met verwysing na beide Eksodus 17 as Psalm 95. Nie net word die NT volk van God daar uitgenooi om die “rus” van God binne te gaan deur Hom te erken en na Hom te luister nie, maar die waarskuwende stem van die Psalm word direk met die Heilige Gees in verband gebring.
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.
Ons Vader
“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)
Teks en konteks
Die Psalmis rig hom vervolgens op diegene wat bereid is om te luister na wat hy te sê het, dié wat hulle deur God wil laat vermaan. Dié onderrig kom uit die “gebooie”, waarin die tweede deel van Psalm 19 in herinnering geroep word. Sulke mense sal nie net gelukkig wees nie, maar ook rus kry na tye van teëspoed as die Here optree teen dié wat goddeloos opgetree het. Ná die interne aanspreek van die onverstandiges en die bemoediging van die opregtes, wend die Psalmis hom teen dié plek waar onreg die meeste gedy, die korrupsie van dié wat verantwoordelik is vir die regspraak, die regters. Dit is diegene: “wie se wette ellende bring.” Dit is net God self wat kan en sal help. Anders was die stilte van die graf immers lankal reeds sy tuiste.
Bid die Psalm
“Geseënd is hulle vir wie U vermaan, Here, vir wie U uit u gebooie onderrig. U gee hom verligting in moeilike tye, maar vir die goddelose wag ’n graf. Die Here sal sy volk sekerlik nie verlaat nie, en sy erfdeel nie laat vaar nie. Regspraak sal kom vir die regverdiges en al die opregtes sal dit soek. Wie beskerm my teen goddeloses? Wie staan my by teen boosdoeners? As die Here my nie gehelp het nie, was die stilte van die graf my lot. Toe ek sê: “My voet gly!” het u trou my ondersteun, Here. Wanneer twyfel my oorweldig, het u troos my verbly. Kan ’n bose regeerder aan U verbind wees, iemand wie se wette ellende bring? Hulle span saam teen regverdiges, veroordeel onskuldiges tot die dood. Maar die Here is my toevlug; my God is ’n rots waar ek kan skuil. Hy sal hulle sondes vergeld, hulle vernietig oor hulle boosheid. Die Here ons God sal hulle uitwis.” NLV
Boodskap en betekenis
Die Psalm bring groot rus in my gemoed. Net soos God die reg in die heelal handhaaf, só doen Hy dit op aarde. Ons mag dus die gebed in die Ons Vader bid: “Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.” (Matt. 6:10b). En ons mag God vertrou dat Hy dit in spesifieke sake sal doen, bv. in hoe regspraak uitgeoefen word. Selfs as dinge op die korttermyn nie uitwerk nie, bly Hyself vir ons ’n toevlug en gee Hy rus van die ontstellende gedagtes wat in ons binneste vermenigvuldig, en beur ons op deur sy vertroosting, NT-gesproke deur Die Vertrooster, die Heilige Gees. Die vrede van God sal oor ons gevoelens en gedagtes die wag hou, belowe Paulus ons in Filippense 4:7.
Lofprysing
“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)
Onlangse kommentaar