Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 81:1-8

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 81 is ’n oproep tot lof waarin die volk aangemoedig word om op God se voorsiening staat te maak en nie in opstand te kom weens hulle omstandighede nie. Die Psalm leer ons dat lofprysing voor skuldbelydenis kom. Die Here moet geloof word met sang, tamboeryne, liere en harpe sowel as met die ramshoring wat geblaas is om die verskillende feeste aan te kondig. Asaf hoor die boodskap van bevryding “in ‘n vreemde taal” wat waarskynlik dui op ’n openbaring wat hy van God ontvang het wat hy nou aan die volk meedeel as gesaghebbende woord van God. God is meer as gereed om te help as hulle net sou luister (vers 1-8), ‘n boodskap waarop in die tweede deel van die Psalm wat ons môre sal lees, uitgebrei sal word (vers 9-17).

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Met musiek. Van Asaf. Jubel tot eer van God, ons sterkte! Jubel tot eer van die God van Jakob! Sing! Slaan die tamboeryn! Laat hoor die klank van lier en harp! Blaas die ramshoring op nuwemaan en wanneer dit volmaan is, op die dag van ons fees! Want dit is die instelling vir Israel, die voorskrif van die God van Jakob. Dit is as ’n herinnering vir Josef bepaal toe God teen Egipte opgetrek het. Ek het in ’n vreemde taal gehoor: “Die las op jou skouer het Ek afgehaal; jou hande kon die mandjie los. In nood het jy geroep, en Ek het jou gered; uit ’n donderwolk het Ek geantwoord. By die waters van Meriba het Ek julle op die proef gestel. Sela” NLV

Boodskap en betekenis

Let op hoe die swaar tyd in Egipte in herinnering geroep word met die metafoor van die mandjies wat hulle kon neersit. Die gawe van die wet in die woestyn word met die stem uit die donderwolk geskets, die teenstand van die volk met die versoeking by Meriba. Dis interessant dat lof meermale die eerste oproep aan die volk van God is, selfs wanneer daar spesifieke dinge is wat aangespreek moet word.  Lofprysing kom voor skuldbelydenis, soos dit ook in die verhaal van die teruggekeerde ballinge in Nehemia 8 die geval was.  Hulle moes hulle hartseer bedwing nadat die Woord hulle aangespreek het en eers die Here loof en prys, vóór hulle in skuldbelydenis en boetedoening voor Hom vergader het. Israel word hier tot feestelike lofprysing aangemoedig met sang, tamboeryne, liere en harpe op hulle onderskeie feeste.  Die ramshoring moet geblaas word om die verskillende feeste aan te kondig: nuwemaan, volmaan en so meer.  Dit is God se instelling wat as dure plig op hulle gelê is reeds van die begin van hulle roeping as Godsvolk. In die NT wys Paulus ons daarop dat hierdie verskillende feeste tot ‘n einde gekom (Kol. 2:16), maar dat ons steeds tot lofprysing opgeroep word (Kol. 3:16).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 80:9-20

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis maak sy appèl op God om herstel deur die pragtige metafoor van Israel as God se wingerdstok wat Hy uit Egipte gaan haal het om in Israel te kom plant, in te span.  Dit is ’n metafoor wat gereeld in die profete van die OT gebruik is (Jes. 5:1-7; Jer. 2:21; 12:10; Eseg. 19:10-14; Hos. 10:1 – ook Jakob verwys na sy nageslag met dié metafoor in sy gebed in Gen. 49:22). Die Here het tog self vir Israel ’n plek reggemaak, hy kon floreer in sy gebied en sy lote uitstoot tot aan die Eufraat. Maar nou is die mure om die land, by wyse van spreke, afgebreek en stroop al die verbygangers, wildevarke en gediertes uit die veld God se wingerd.  Dit kan tog nie, God moet mos optree!  Hy span dus die beeld van Israel as wingerdstok in om die Here tot aksie te beweeg, om tog uit die hemel af te kyk (vers 15) en Hom oor Israel, oor sy wingerdstok, te ontferm en weer onder Sy sorg te neem.  “Hou in stand wat U met u eie hand geplant het, die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het!” (vers 16). Daarom bid Hy dat die Here Hom nie net oor die heelal sal bekommer nie, maar oor sy mense met wie Hy in ’n intieme verhouding is, Hom oor hulle sal ontferm en weer onder sy sorg sal neem.  En hy vra dat die volke wat Israel vernietig het eerder tot niet sal gaan (vers 17).  “Dán sal ons nie weer van U af wegdraai nie … dan sal ons u Naam aanroep!” (vers 19).

Bid die Psalm

“U het ’n wingerdstok uit Egipte gaan haal. U het nasies verdryf en dit hier geplant. U het die grond vir hom reggemaak; sy wortels het gegroei en die land gevul. Die berge is oordek met sy skaduwee; die magtige seders met sy takke. Sy ranke het na die Middellandse See toe uitgestoot, en sy takke na die Eufraatrivier toe uitgesprei. Hoekom het U sy mure afgebreek sodat verbygangers dit kan stroop? Wildevarke van die bos verwoes dit, en die wilde diere vreet dit op. God Almagtig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie wingerdstok, die loot wat U self geplant het, en oor hierdie seun wat U vir Uself grootgemaak het. Laat dié wat u wingerdstok verbrand en aan stukke gekap het, tot niet gaan wanneer U hulle teregwys. Versterk die man aan u regterhand, die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het. Dan sal ons U nie weer verlaat nie. Laat ons herlewe, dan sal ons weer u Naam aanroep. O Here, God die Almagtige, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.” NLV

Boodskap van die Psalm

Dié Psalm is regtig swanger van betekenis. Ek lig twee besondere dele daarvan uit. 1) In die eerste plek is daar ’n subtiele boodskap verskuil in vers 18 wat die NLV heel korrek vertaal. Dit is dat die gebed van die metafoor van die wingerdstok skuif om oor ’n individu te praat wat die Here uitgekies het en God tot aksie en beweging moet bring: “Versterk die man aan u regterhand, die mensekind wat U vir Uself grootgemaak het.”  Uiteraard bedoel dit hier nog in die eerste plek die volk Israel, maar in die lig van die NT gebeure kan ’n mens nie anders as om iets van die NT vervulling hierin raak te sien nie.  Geen wonder dat hierdie metafoor van die wingerd in die NT nie op die volk van God van toepassing gemaak nie, maar wel op Jesus, die Seun van God, wat die fundamentele verandering wat God in die nuwe bedeling teweegbring – deur self die basis van hulle gemeenskap te word in die God-mens Jesus – uitdruk (Joh. 15:1-8).  Die NT dra dus die boodskap dat die hoop vir verandering nie in die herstel van die volk opgesluit lê nie, maar in die redding wat Jesus bring.  Iets wat reeds in Psalm 80 op verskuilde manier teruggevind kan word. 2) In die tweede plek word God op só ’n ryk en omvattende manier beskryf: as Herder en as Almagtige.  Dit is die fundamentele basis vir ons gebed – dat God naby ons is en dat Hy oor alles is.  Dit is die vertrekpunt in gebed: dat ons lewe van Hom as Almagtige afhanklik is en dat sy sorg as Herder ons enigste hoop is.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 80:1-8

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie Psalm van Asaf is ryk aan metafore wat ons gebede ’n besondere krag gee.  Dit praat oor God in terme van beide sy intieme persoonlike verhouding met sy mense, uitgedruk met die metafoor van die Herder, sowel as sy kosmiese Heerskappy oor alles.  Dit praat ook oor God se mense in terme van beide die historiese openbare status as God se volk, sowel as in terme van die intieme verhouding met Hom, uitgedruk met die metafoor van die wingerdstok. Psalm 80 is ‘n uitstekende Psalm om in voorbidding vir mense in die geloofsgemeenskap te gebruik. Twee keer bid Asaf: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8, 20). ‘n Mens kan dit vir jouself, vir jou familie, en vir mense in die breë geloofsgemeenskap bid. Dit is dan ook die manier waarop die Psalm ingedeel is wat telkens afgesluit word met hierdie gebed om redding in: 1) ’n roerende pleidooi tot God as Herder om te luister (vers 2-8) en 2) ’n roerende pleidooi tot God as Almagtige om op te tree ter wille van sy volk, sy wingerdstok (vers 9-20). Ons bid dit oor 2 dae.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier: Op die wysie van“Lelies”. ’n Getuienis. ’n Asafpsalm. Luister tog, Herder van Israel, U wat Josef soos ’n kudde gelei het. U wat oor die gerubs troon, verskyn tog in u heerlikheid aan Efraim, Benjamin en Manasse. Toon ons u magtige krag! Kom tot ons redding! O God, herstel ons tog! Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word. Here, God die Almagtige, hoe lank sal U kwaad bly ten spyte van u volk se gebede? U het vir hulle trane as kos gegee, ’n beker vol droefheid laat drink. U maak ons tot ’n voorwerp van twis vir ons bure. Ons vyande dryf met ons die spot. God Almagtig, herstel ons tog. Laat u guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word.” NLV

Boodskap en betekenis

Die titel “Herder” word net nog twee ander kere in die OT direk vir God gebruik.  In Psalm 23:1 druk Dawid sy persoonlike ervaring van God se sorg in sy lewe uit.  In Genesis 48:15 druk Jakob ook sy persoonlike ervaring van God se sorg aan die einde  van sy lewe daarmee uit.  Dit word egter ook ’n hele paar keer indirek op God van toepassing gemaak. In Psalm 28:9 gebruik die Psalmis dit as ’n metafoor: “wees vir hulle ’n herder”, vir die tipe sorg wat van God afgebid word.  In Prediker 12:11 word wysheid met God as die “Een herder” verbind.  In Jesaja 40:11 word die lotsverandering wat God bring ook met die herderbeeld uitgedruk: “Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die  lammerooie.”  Ook Esegiël werk uitvoerig met dié beeld van God as Herder en verbind dit aan God se omsien en redding van sy volk in ballingskap (34:12) wat hulle in veiligheid “rustig sal laat lê en herkou” (34:15) en reg sal laat geskied (34:16). Hierdie titel vir God word uiteindelik ’n hele paar keer in die NT vir Jesus gebruik, waar Hy spesifiek die “Goeie Herder” (Joh. 10:11,14) en “Groot Herder” (Hebr. 13:20) genoem word (sien ook 1 Pet. 2:25; Openb. 7:17).  Die belofte van verlossing word ook op besonder roerende manier aan God se oordeel op die “herder in sy diens” (Sag. 13:7) verbind, soos Jesus dit van sy eie naderende kruisdood van toepassing maak (Matt. 26:31 – vgl. Mark 14:27; Joh. 10:11 verwys ook daarna), een van die kragtige voorspellings in die OT wat in Jesus se kruisdood vervul is. Netso benoem die Psalmis die volk van God met ’n aantal beskrywings wat God se verhouding met hulle in die verlede in die geskiedenis anker – nageslag van Josef, stamme Efraim, Benjamin en Manasse.  Hulle wag op sy verlossing.  Hoekom?  Want ironies genoeg bewys God se straf dat Hy aan hulle verbind is.  Dit bring die hoop dat God dan ook hulle lot kan verander.  Dit is waarop die Psalmis vertrou. Hoe lank sal U dan nog afsydig staan teenoor die gebed van u volk?  “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8 – dit sal weer herhaal word aan die einde van die volgende deel van sy gebed, vers 20).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 79

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 79 bring die haglike toestand van die volk wat agtergebly het in die land, na die meeste van hulle in ballingskap weggevoer is, onder God se aandag.  Die tempel is ontheilig, die stad is vernietig en baie min van hulle het oorgebly.  Daarom pleit Asaf by God dat Hy hulle situasie sal omkeer. Interessant genoeg is die Psalm eintlik ’n samevoeging van frase uit ander bekende Palms.  Dit is asof die skrywer(groep) hulle gebed om redding saamgestel het uit hulle geheue, van dele van ander Psalms wat vir hulle betekenis gehad het: vgl. bv. vers 4 se beskrywing van die vyande met Psalm 44:15; ook vers 9 se pleidooi op grond van God se naam met die soortgelyke frase in die bekende Psalm 23:3 en verskeie ander plekke.  Tate (Word kommentaar) noem amper 30 verwysings wat met Psalm 79 verbind kan word.  Dit is net vers 3-4 en vers 13 wat waarskynlik eie formulerings is.  Psalm 79 is dus ’n soort verpersoonliking van Psalmfrases om ’n eie gebed tot God te bid, in ’n ander situasie as dié waarin die Psalms in die eerste plek geskryf is.  Dit is amper soos ons ’n spontane gebed sou bid waarin ons sekere Bybelfrases wat vir ons van betekenis is, sal gebruik.

Bid die Psalm

“’n Asafpsalm. O God, heidense nasies het gekom, en u eie erfdeel binnegeval. Hulle het u heilige tempel verontreinig en Jerusalem ’n puinhoop gemaak. Hulle het die lyke van u dienaars vir die voëls gegee om te vreet, die vleis van u getroues was kos vir wilde diere. Hulle bloed het soos water rondom Jerusalem gevloei, en daar was niemand om hulle te begrawe nie. Ons is ’n bespotting vir ons bure, verag en gespot deur almal om ons. Hoe lank nog, o Here? Sal U vir altyd kwaad wees? Sal u jaloesie brand soos vuur? Stort u toorn uit oor die nasies wat weier om U te erken en oor koninkryke wat u Naam nie aanroep nie. Want hulle het Jakob verslind, en sy woonplek verwoes. Moenie die sondes van ons voorouers teen ons hou nie. Ontferm U gou oor ons, want ons is baie mismoedig. God van ons verlossing, help ons, red ons tog ter wille van die eer van u Naam, en vergewe ons sondes ter wille van u Naam. Hoekom sou die nasies spot en vra: “Waar is hulle God?” Laat ons sien hoe U die nasies vergeld weens die bloedvergieting wat hulle oor u dienaars gebring het. Luister na die versugting van hulle wat gevange geneem is. Gebruik u groot krag en red hulle wat die dood in die gesig moet staar. Vergeld ons bure sewe maal, Here, oor die veragting wat hulle teen U geslinger het. Dan sal ons, u volk, die skape van u weiding, U vir altyd dank, en U prys van geslag tot geslag.” NLV

Boodskap en betekenis

Op roerende wyse word die effek van die beleg en verwoesting van Jerusalem en die tempel beskryf.  Lyke het oral rondgelê en is deur voëls en wilde diere gevreet.  Die bloed het rondom Jerusalem gevloei soos water.  Niemand is begrawe nie, wat die toppunt van skande vir ’n Oosterling was.  Dit het hulle ’n bespotting gemaak in die oë van almal rondom hulle. Hoe lank sal dit nog aanhou Here?  Is dit vir altyd klaar met ons?  Sal u woede vir ewig teen ons bly brand? Asaf bring Psalm 1 se paradigmatiese stelling dat die Here die regverdiges seën en die goddeloses soos kaf laat vergaan voor die Here.  Hy bid dat dít nou hier sal gebeur, dít wat Psalm 1 beskrywe: dat die heidene wat nie met God in ’n verhouding is nie, wat Hom nie ken nie, Hom nie dien nie, dit sal ontgeld; en dat die Here Hom oor die volk van God sal ontferm en hulle lot sal verander. Let op dat sy pleidooi gekoppel is aan ’n gebed om vergifnis vir hulle sonde en gegrond is op die eer van God se Naam wat in diskrediet gebring word weens die haglike situasie van die volk in die land.  Hy is ook nie net bekommerd oor dié in die land nie, maar ook oor dié wat gevange is (vers 11), dié wat in ballingskap is.  Dan sal die volk die Here loof “van geslag tot geslag” (vers 13). Dink veral daaraan dat die Psalm waarskynlik gebruik is deur die klein gemeenskappies van Jode wat in die land agtergebly het in die ballingskap.  Dit druk die afgryse van die agtergeblewenes wat krepeer van die ellende van hulle verlies op treffende wyse uit. Daarmee het dit ’n Psalm geword vir enigiemand wat ’n uitmergelende verlies ervaar het en smag na uitkoms en ommekeer.  Jy kan dié Psalm as basis vir jou eie gebed tot God gebruik. Dit beteken dat jy jou eie nood aan die hand van dié Psalm kan beskryf in jou gebed, jou skuld aan die toedrag van sake bely (indien dit in jou geval só is), en ’n beroep doen op die Here se “onverdiende” vergifnis en vra vir ’n lotsverandering.  Jy kan dit ook namens ander doen. Dit is daarom die gebed wat ek vandag saam met my neem vir almal wat worstel met hulle omstandighede en namens hulle sê ek ook: “Ontferm U gou oor ons, want ons is baie mismoedig.” (vers 8).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 78:40-72

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In ’n verdere historiese relaas vertel die Psalmis die verhaal van Israel verder van Egipte tot in Kanaän (vers 40–64) en lê opeenvolgend klem op God se versorging (vers 40–55) met die magtige plae in Egipte (1ste plaag – water in bloed; 3de en 4de plaag – muggies en steekvlieë; 2de plaag – paddas; 8ste plaag – sprinkane; 7de plaag – hael en vuur; 5de en 6de plaag – pessiektes en swere; 10de plaag – die dood van die eersgeborenes – Eks. 7-12) waarvan hulle nie net beskerm is nie, maar waardeur hulle verlos is van die verdrukking van Egipte.  Hulle is soos ’n kudde skape veilig uitgelei terwyl hulle vyande deur die Rooi See oorweldig is en uiteindelik in ’n land ingebring is waar hulle vyande voor hulle uitgedryf is. Maar, hulle het weereens in opstand gekom teen die Allerhoogste (vers 56–58).  Hulle was so vals soos ’n onbetroubare wapen – ’n “slap boog” (2014 vertaling) – wat die Here vertoorn het. Daarom het Hy hulle gestraf (vers 59–64) deur hulle die onderspit te laat delf in die oorlog by Silo (in die tyd van Eli) en die ark (sy “krag” en sy “heerlikheid” sê die grondteks in vers 60 – vgl. 2 Sam. 4:22: “die eer van die Here is weggevat uit Israel, want die ark van God is gevat.”) in ballingskap te laat wegvoer (1 Sam. 4). Die toedrag van sake laat die Psalmis weereens diep nadink (vers 65–72).  En hy besef, dít is die verhaal uit die verlede wat regtig hoop kan bring.  Dit was asof die Here skielik uit ’n slaap wakker geword het – “die roes van wyn” sê die grondteks! – en besef het die oplossing lê in die keuse van ’n jong seun, Dawid, een met ’n “opregte hart” wat nie net sy volk met vaardigheid van hande (dink aan die slingervel wat Goliat neergevel het!) sal lei nie, maar die volk in ’n intieme verhouding met God sal oppas.

Bid die Psalm

“Hoe dikwels het hulle in die woestyn teen Hom in opstand gekom, en het hulle in die woesteny sy hart bedroef! Weer en weer het hulle God getart en die Heilige van Israel gepynig. Hulle het vergeet van sy mag, van die dag toe Hy hulle verlos het van die vyand, toe Hy sy tekens in Egipte getoon het, en sy wonders in die veld by Soan. Hy het hulle riviere in bloed verander sodat niemand uit hulle strome kon drink nie. Hy het muggies gestuur om hulle te byt, en paddas om hulle te verwoes. Hy het hulle oeste aan sprinkane gegee; hulle hele opbrengs is opgevreet. Hy het hulle wingerde met hael verwoes en hulle wildevyebome met ryp verniel. Hy het die vee aan hael oorgegee, hulle skape aan weerligstrale. Hy het sy toorn teen hulle losgelaat: woede, gramskap en ellende was vir U hulle boodskappers van onheil. Dit was ’n weg vir sy toorn: Hy het hulle lewens nie gespaar nie, maar hulle oorgegee aan die pes. Al die eersgeborenes in Egipte het Hy getref, al die oudste seuns in die wonings van Gam. Maar sy eie volk het Hy soos skape uitgelei, en soos ’n kudde skape hulle deur die woestyn gelei. Hy het hulle veilig gelei sodat hulle nie bang was nie, maar hulle vyande is deur die see oorweldig. Hy het hulle gebring na ’n gebied wat Hy afgesonder het, na die bergland wat Hy deur sy mag verower het. Hy het nasies voor hulle uit verdryf, die land as erfdeel aan hulle gegee, en die stamme van Israel in hulle woonplekke gevestig. Hulle het egter die Allerhoogste beproef, teen Hom in opstand gekom, en sy gebooie nie gehoorsaam nie. Hulle was afvallig en ontrou net soos hulle voorouers. Hulle was net so onbetroubaar soos ’n onbruikbare boog. Hulle het God ook kwaad gemaak met afgodsdiens op die hoogtes. Met hulle afgodsbeelde het hulle Hom uitgetart. Toe God dit hoor, was Hy kwaad. Hy het Israel heeltemal verwerp. Hy het die tabernakel in Silo verlaat. Dit was sy tentwoning onder mense. Hy het sy magtige ark prysgegee, sy glorie in die hande van vyande. Hy het sy volk uitgelewer aan die swaard, want vir sy besondere eiendom was Hy kwaad. Hulle jong manne is deur vuur verteer, vir hulle jong meisies is geen huwelikslied gesing nie. Hulle priesters het deur die swaard geval en hulle weduwees kon nie rou nie. Toe het die Here ontwaak soos iemand uit sy slaap, soos ’n sterk man ontwaak uit die bedwelming van wyn. Hy het sy vyande teruggedryf en vir altyd aan skande oorgegee. Hy het Josef se nageslag verwerp; die stam van Efraim het Hy nie gekies nie. Maar die stam van Juda het Hy gekies, vir Sionsberg, wat Hy liefhet. Hy het sy heiligdom baie hoog gebou, stewig vir altyd soos die aarde self. Hy het sy dienskneg Dawid gekies, hom van die skaapkrale af gaan haal. Van agter die lammerooie het Hy hom weggevat om sy volk Jakob te versorg, sy eie volk, Israel. Hy het hulle met ’n opregte hart versorg en hulle met bekwame hande gelei.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalm het ’n verrassende oplossing vir die raaisel van onbestendigheid.  En ken ons dit nie self nie!  Daardie geneigdheid tot die verkeerde; daardie roep tot God as dit sleg gaan; die vergeet van God as dit goed gaan… dit lê in die oplossing wat God self bewerk, sy dienskneg Dawid wat sy volk met ‘n opregte hart sal versorg en hulle met bekwame hande gelei het. Dié geskiedenis, weet ons, loop uiteindelik op die koms van die Here Jesus Christus, die Seun van Dawid, wat geslaag het waar selfs Dawid gefaal het. Hy is die een wat ook aan ons opregtheid van hart skenk. Soos Dawid dit gebid het: “Skep ’n rein hart vir my, o God, vernuwe ’n bestendige gees in my binneste.  Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet nie u heilige Gees van my wegneem nie. Laat my weer jubel oor u verlossing, laat ’n gewillige gees my ondersteun.” (Ps. 51:12-14). En Paulus dit geëggo het in Filippense 2:12-13: ”werk met vrees en bewing aan julle verlossing.  Dit is immers God wat in julle werksaam is, sodat julle gewillig is en optree soos Hý dit goedvind.” Dit doen die Here Jesus vir ons vandag.  Ons kan ons daarom ook toelê daarop om as verloste te leef, omdat God in ons werk en Hy die onbestendigheid kan wegneem en aan ons ’n rein hart kan skenk. Ek gaan dié dag tegemoet met Dawid se gebed in Psalm 51: “Skep ’n rein hart vir my, o God.”

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar