Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 106:34-42

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis fokus in hierdie gedeelte op vier gevalle van die volk se sonde en opstand in die land Kanaän wat noodwendig tot die toorn van die Here en sy straf gelei het deur die instrument van die vyandige nasies.

Bid die Psalm

“Israel het nie die nasies uitgeroei soos die Here hulle beveel het nie en het eerder met die nasies vermeng en hulle bose gewoontes aangeleer. Hulle het die nasies se afgode vereer, en dit het vir hulle ’n strik geword. Hulle het hulle seuns en dogters aan demone geoffer. Hulle het onskuldige bloed vergiet, bloed van hulle seuns en dogters wat hulle geoffer het aan die afgodsbeelde van Kanaän, en so die land met bloed bevlek. Hierdie dade het hulle onrein gemaak, net soos iemand wat egbreuk pleeg. Die Here se toorn het teen sy volk ontbrand, en Hy het sy eie volk verafsku. Hy het hulle oorgegee aan die nasies; hulle haters het oor hulle geheers. Hulle vyande het hulle verdruk en aan hulle mag onderwerp.” NLV

Boodskap en betekenis

Elkeen van die verhale van opstand het met direkte oortredings van God se duidelike bevele aan die volk te make:

  1. Hulle het nie die ander volke uitgeroei nie (vgl. die opdrag daartoe in Num. 33:52; Deut. 7:16, 24 en die verskeie verhale in Josua waar dit nie nagekom is nie, bv. Jos. 9; 15:63) – vers 34;
  2. Hulle het met die heidene vermeng (vgl. die opdrag daarteen in Deut. 7) – vers 35;
  3. Hulle het die afgode van die heidene begin dien (vgl. die duidelik opdrag daarteen in die wet van Eks. 20 en Deut. 5 – vers 36;
  4. Hulle het hulle seuns en dogters aan veldduiwels (demone) geoffer wat die land besoedel het (vgl. die verbod in Lev. 20:1-6 en God se afgryse daaroor in Jer. 19:3-5 wat Hom oortuig het om hulle deur die ballingskap te straf) – vers 37-38;

Die Psalm sal wel afsluit met die boodskap van hoop wat daar in God se genade opgesluit lê ten spyte van hulle groot afvalligheid. Vandag moet ons egter deeglik die gevolge van direkte oortredings van God se bevele ter harte neem en ons ook weens ons eie sondes onsself voor God verootmoedig.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 106:13-33

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis fokus vervolgens op ses verhale van die volk se opstand teen sy begeleiding deur die woestyntyd. Hy sal daarna fokus op vier verhale van die volk se opstand in die vestiging van die volk in Israel. Ons lees net die deel oor die opstand in die woestyn vandag.

Bid die Psalm

“Tog het hulle gou sy dade vergeet en nie op sy leiding gewag nie. In die woestyn het hulle begeertes opgevlam. In die wildernis het hulle God se geduld beproef. Hy het gegee wat hulle gevra het, maar hulle ook getref met ’n siekte. In die kamp was hulle jaloers op Moses, en ook Aäron, wat aan die Here gewy was. Die aarde het oopgegaan, Datan ingesluk, en Abiram en sy bende begrawe. Onder die bende het vuur gewoed, vlamme het die bose mense verteer. By Horeb het hulle ’n kalf gemaak, en ’n beeld van metaal aanbid. Hulle roemryke God het hulle verruil vir die beeld van ’n bees wat gras vreet. Hulle het God vergeet, hulle redder wat in Egipte groot dinge gedoen het: wonderlike dinge in die land Egipte, ontsagwekkende dade by die Rietsee. Hy het gesê Hy sou hulle vernietig, maar Moses, sy uitverkorene, het vir die volk in die bres getree en gepleit dat God hulle nie in sy toorn vernietig nie. Maar die volk het die vrugbare land verwerp, en nie sy beloftes geglo nie. Hulle het in hulle tente gekla en nie na die Here geluister nie. Daarom het Hy ’n eed afgelê dat Hy hulle in die woestyn sal laat omkom, dat hulle nakomelinge onder die nasies sou sterf, en oor die aarde verstrooi sou word. Maar hulle het Baäl-Peor vereer en geëet van die offers wat aan dooie afgode gewy is. Met hulle dade het hulle Hom getart sodat ’n plaag hulle getref het. Maar Pinehas het tussenbeide getree, en so is die plaag gestuit. Hy is beskou as ’n regverdige man, geslag na geslag, vir altyd. By die waters van Meriba het hulle die Here kwaad gemaak, en so het hulle vir Moses ernstige probleme besorg. Hulle het hom opstandig gemaak sodat hy onbesonne dinge gesê het.” NLV

Boodskap en betekenis

Ses gevalle van die volk se sonde en opstand in die woestyn word genoem waarin die verhale van Eksodus en Numeri veral in herinnering gebring word:

  1. Hulle het skaamteloos meer kos geëis in die woestyn (vgl. Eks. 16; Num. 11), selfs nadat hulle die wonder van die Uittog beleef het, en só in die barre wêreld God se geduld tot die uiterste toe beproef – vers 14;
  2. Hulle het hulle in afguns teen Moses en Aäron as leiers verset en Datan en Abiram het dit ontgeld (Num. 14) – vers 16;
  3. By Horeb het hulle ’n goue kalf gemaak en voor ’n god van metaal gekniel. Hulle het só God, hulle Redder vergeet, en die magtige teenwoordigheid van God verruil vir ’n beeld van ’n bees wat gras vreet (Eks. 32) – vers 19-21;
  4. Hulle het aanvanklik ’n waardevolle land versmaai en die belofte van die Here nie geglo nie, wat verwys na die eerste keer toe die eerste geslag van die Uittog by die land van die belofte gekom het en hulle in hulle tente bly sit en mor het en nie die Here se belofte geglo het dat Hy hulle krag sal gee om die land in te neem nie (Num. 13) – vers 24–25;
  5. Hulle het Baäl–Peor aangehang en die Here uitgetart sodat Hy ’n plaag onder hulle gestuur het (Num. 25) – vers 28–31;
  6. Hulle het die Here se toorn twee keer by die Meribawaters laat ontvlam, met hulle sug na water, sodat selfs Moses die tweede keer tot sy groot verlies gesondig het deur onbesonne dinge te sê. Die eerste keer word vertel in Eksodus 17, en die tweede in Numeri 20 (vgl. Ps. 95:8 wat ook daarna verwys en in Hebreërs 4:1-8 as ‘n waarskuwing ook vir ons vandag uitgelê word) – vers 32-33.

Met al hierdie wonderdade van God het Hy hulle dus gered en gedissiplineer ten spyte van hulle sonde en opstand in die hoop dat hulle Hom sal vertrou en vir sy leiding sal wag en dit dan voluit gehoorsaam.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 106:6-12

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Psalmis vereenselwig hom volledig met sy voorvaders. Dit is immers waarom hulle nou in ballingskap sit. Hy gaan egter voort om tegelykertyd op omvattende wyse ook hulle ervarings van verlossing en dissipline in die verlede as deel van sy eie geskiedenis te vertel. Die Psalmis begin deur twee verhale van die verlossing uit Egipte (magtige dade wat waarskynlik na die plae verwys, die trek deur die Rietsee) te noem – vers 7-12.

Bid die Psalm

“Ons en ons voorouers het gesondig. Ons het oortree en is skuldig. In Egipte het ons voorouers die Here se wonders gering geag, en sy baie dade van goedheid vergeet. By die Rietsee het hulle teen Hom in opstand gekom. Tog het Hy hulle gered ter wille van die eer van sy Naam, om sy mag bekend te maak. Op sy bevel het die Rietsee opgedroog sodat Israel op die seebodem kon trek. Dit was so droog soos ’n woestyn. Uit die vyand se mag het Hy hulle gered en hulle uit hulle teenstanders se mag verlos. Water het toe hulle vyande bedek. Nie een van hulle het dit oorleef nie. Toe eers het Israel sy beloftes geglo en het hulle sy lof besing.” NLV

Boodskap en betekenis

Op grond van dié herinneringe van die verlossing deur die Rietsee kan die Psalmis met oorgawe sy smeekgebed om ’n nuwe verhaal van verlossing verder voer om saam met die ander lede van die volk in ballingskap weer teruggebring te word na Israel toe. Dit is waarom hy ook soveel tyd afstaan om God te prys vir sy magtige dade in die verlede teen die agtergrond van Israel se sonde en opstand. Dit sluit wonders in sowel as straf wat albei van God se noue betrokkenheid by hulle getuig. Dit vorm die basis van sy smeekgebed om verandering; dat God weer sal optree soos Hy dit in die verlede gedoen het. Maar, hy is ook baie bewus van die feit dat die volk toentertyd op hierdie magtige dade met blydskap gereageer het, om egter maar net weer daarna terug te val in sonde en opstand. Implisiet is daarin ook ‘n waarskuwing vir ons ingesluit dat ons die Here moet vertrou sonder dat dit nodig is om deur ‘n tyd van tugtiging ons weer op die pad te kry.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 106:1-5

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 106 fokus op die fundamentele goedheid van die Here wat in sy troue liefde raakgesien kan word. Omdat die troue liefde van die Here iets is wat vir ewig duur, beteken dit dat sy goedheid ook vir ewig is. Dit vorm daarom die basis van die Psalmis se gebed dat die Here tog ook aan hom sal dink wanneer Hy weer sy guns aan die volk sal bewys. Dit is waarom die Psalmis soveel tyd afstaan in die Psalm om God te prys vir sy magtige dade in die verlede, die verhale van die verlossing uit Egipte, die begeleiding deur die woestyntyd sowel as die vestiging van die volk in Israel, veral omdat dit gedoen is ten spyte van die sonde en opstand van die volk (vers 6–46). Want, daarin lê hulle en natuurlik sy eie hoop op verlossing, dat God soos in die verlede aan sy troue liefde getrou sal bly. Dít vorm dan ook die breë drie-deling waarin die Psalm opgedeel kan word: 1) LOFPRYSING: God se fundamentele goedheid wys in sy troue liefde – vers 1–5. 2) BELYDENIS: God verlos sy volk ten spyte van hulle sonde en opstand – vers 6–46. 3) SMEEKGEBED: Verlos ons nou weer, Here ons God – vers 47–48. Omdat die middelste deel egter so lank is, deel ons die Psalm in 5 dele op.

Bid die Psalm

“Prys die Here! Dank die Here, want Hy is goed! Sy trou ken geen einde nie. Wie kan die magtige dade van die Here beskryf, of sy lof ten volle bekendmaak? Gelukkig is hy wat geregtigheid laat geskied en wat altyd doen wat reg is. Dink aan my, Here, wanneer U aan u volk guns bewys; kom my met u redding tot hulp sodat ek deel kan hê aan die voorspoed van u uitverkorenes, my verheug in die vreugde van u nasie, en U loof saam met u eie volk.” NLV

Boodskap en betekenis

God se getrouheid vir ewig is die basis vir ons eie vertroue op God. Daarin sien ons God se goedheid en motiveer dit ons om ten spyte van watter situasie ons ons ook al in mag vind, ons Hom om uitkoms kan nader. Die Psalmis is egter ook eerlik oor die geluk wat lê in ’n regte lewe, waar ons ook by elke geleentheid die regte ding doen. Maar, belangrik, die geldigheid van ons beroep op God lê nie in ons eie dade nie, maar in die guns wat Hy aan ons as sy uitverkorenes bewys. Daarom maak die Psalmis staat daarop dat God aan hom sal dink vanuit sy liefde vir die volk en hom só in die redding van die volk sal insluit. Só sal hy kan deel in die blydskap van dié wat aan God behoort.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 105:37-45

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die Uittog uit Egipte word daarna beskryf met ’n paar uitsoek aspekte van dié proses – die goud en silwer, die begeleidende wolk en vuur, die kwartels en manna, die water uit die rots – sonder om te vertoef by die uitdaging wat die volk aan die Here in die woestyn gestel het. Die Here se waarmaking van die belofte aan Abraham, sy dienskneg, word eerder in herinnering geroep met die vreugde wat Hy aan sy volk, sy uitverkorenes, verskaf het. Hy het aan hulle die land van ander volke gegee, sodat hulle nie net ’n ruimte kan hê om in te floreer nie, maar “sodat hulle sy gebooie sou onderhou en sy voorskrifte sou gehoorsaam.”

Bid die Psalm

“Toe het Hy Israel uit Egipte uitgelei, oorlaai met silwer en goud. Niemand in die stamme het gestrompel nie. Egipte was bly toe hulle getrek het, want hulle was almal baie bang vir hulle. Die Here het as bedekking ’n wolk oor hulle uitgesprei, en vuur om die nag te verlig. Hulle het kos gevra, en Hy het kwartels gestuur; met brood uit die hemel het Hy hulle versadig. Hy het ’n rots gekloof, en water het uitgestroom, ’n rivier het in dorre plekke gevloei. Hy het inderdaad sy heilige belofte aan Abraham sy dienaar onthou. Hy het sy volk met vreugde gelei, sy uitverkorenes uitgelei met gejuig. Die lande van nasies het Hy aan hulle gegee, en wat ander geplant het, het hulle geoes sodat hulle sy gebooie sou onderhou en sy voorskrifte sou gehoorsaam. Prys die Here!” NLV

Boodskap en betekenis

Soos met die res van die 4de Psalmboek, fokus Psalm 105 op die feit dat Jahwe reg deur die eeue getrou gebly het aan sy verbond met die volk van Israel. Dit is ook ’n boodskap wat die nasies betrek. Soos God getrou was aan die aartsvaders in Kanaän só was Hy dit aan die volk in Egipte. Hy het sy verbond nagekom en hulle verlos uit hulle verdrukking en weer gevestig in die land van die belofte, Israel–Kanaän. Die implikasie is dat God presies dieselfde sal doen vir enigiemand wat Hom ernstig neem en hulle op sy troue liefde verlaat, selfs dié nasies wat hulle aan die verkeerde kant van die impak van die verlossing en vestiging van Israel bevind het. Waar met God gewaag word, word jy ingetrek in ’n verhouding met Hom (verbond) en kan jy staatmaak daarop dat ook jy ’n gesalfde (geroepene) en profeet (bekend met God se wil) word wat op God se verlossing, versorging en vestiging kan staatmaak. Dan sal jy ook sy voorskrifte wil en kan nakom. Almal moet dít hoor.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar