Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 110

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Die volgende nege Psalms, Psalm 110-118, is bedoel om die geloofsgemeenskap te help om te fokus in gebed op God se beloftes van die vestiging van sy heerskappy. Dit word in Psalm 110 verwoord in die gebed vir die vestiging van die Dawidiese koningskap, waarskynlik met die aanwysing van Salomo as die nuwe koning (vgl. 1 Konings 1-2). Met die verwysing na Melgisedek is daar duidelik ook Messiaanse trekke, iets wat uiteindelik met die koms van Jesus in vervulling gegaan het. Daarom word Psalm 110 ‘n paar keer in die NT aangehaal. In ’n gesprek met die Fariseërs gebruik Jesus Psalm 110:1 om Sy goddelikheid te bevestig: “Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.” (Matt. 22:41-45). Die Hebreërskrywer gebruik twee verse uit hierdie Psalm om Jesus se priesterlike koningskap te bevestig: Psalm 110:1 – “Sit aan my regterhand, totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.” (Hebr. 1:13) en Psalm 110:4 – “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.” (Hebr. 5:6). Die apostels het ook Jesus se hemelvaart verklaar as ’n aanvulling van die uitspraak in hierdie psalm (Hand. 2:34). Jesus se oorwinning aan die kruis is ook aan hierdie psalm verbind (Hand. 2:35).

Bid die Psalm

“’n Dawidspsalm. Die Here het vir my heer gesê: “Sit op die ereplek aan my regterkant totdat Ek jou vyande verneder het tot ’n voetbankie onder jou voete.” Uit Sion sal die Here u heerskappy uitbrei; u sal heers oor u vyande. U volk sal as vrywilligers diens doen op die dag van u magsbetoon. Op die heilige berg, wanneer die dag breek, kom u jong manne soos die dou. Die Here het ’n eed afgelê en sal dit nie herroep nie: “Jy is priester vir altyd, volgens die orde van Melgisedek.” Die Here staan aan u regterhand. Op die dag van sy toorn sal Hy konings verpletter. Hy sal die nasies oordeel en hulle dooies sal oral lê. Hy sal hulle leiers verpletter oor die hele aarde. Maar Hy sal Hom verkwik uit die spruite langs die pad, want Hy sal seëvierend wees.” NLV

Boodskap en betekenis

Hierdie gebed is in NT konteks ‘n belangrike gebed om te bid. Dié Psalm herinner ons aan die Here Jesus wat alreeds koning is op grond van sy kruisdood, opstanding en hemelvaart, maar waarvan die volledige verwerkliking en erkenning daarvan nog in die toekoms by sy wederkoms lê. Ons vra dus in die taal van die Psalm met reikhalsende verlange na God se koninkryk: “Uit Sion sal die Here u heerskappy uitbrei; u sal heers oor u vyande. U volk sal as vrywilligers diens doen op die dag van u magsbetoon.” Ons wag vir die finale bekendmaking van God se heerskappy oral en oor almal. Dit is dieselfde gebed as wat die Gees en die bruid in Openb. 22 bid: “Kom! En elkeen wat dit hoor, moet sê: ‘Kom!’” Bid dit dan vandag … en elke dag, totdat Hy weer kom.

Oor Melgisedek

Om jou gedagtes te verfris: in Genesis 14:18-20 lees ons dat Abram met sy terugkoms, ná sy oorwinning oor Kedorlaomer en die konings by hom om Lot en sy mense te bevry, deur Melgisedek, die koning van Salem (Jerusalem) en priester van God die Allerhoogste, geseën is. Hy het brood en wyn gebring vir Abram en gesê: “Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde. Geloof sy God die Allerhoogste! Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.” Abram se reaksie was betekenisvol. Hy het vir Melgisedek ’n tiende van alles gegee. Daarmee is Melgisedek se voorrang bó die aartsvader Abraham bevestig. Die Hebreërskrywer lê die bestaande teks in Genesis 14 verder uit en verduidelik benewens die verklaring van sy naam as “Koning van Geregtigheid” ook sy naam as “Koning van Salem” dit is “Koning van Vrede”. Dit is egter die volgende aansprake oor hom wat ’n mens tot stilstand laat kom: “Hy was sonder vader, sonder moeder, sonder stamboom; sy lewe was sonder begin en sonder einde.” Dit is beskrywings wat net op ’n hemelse ongeskape wese van toepassing kan wees. Die toppunt van die Hebreërskrywer se aanspraak is dat Melgisedek daarbenewens: “soortgelyk aan die Seun van God” geteken word, d.w.s. dat hy ‘n voorafskaduwing van Jesus as Seun van God is. Dit is merkwaardig! Melgisedek as ‘n gestalte uit die OT het dus in die NT ‘n realiteit in Jesus geword. Die enigmatiese misterieuse hemelse figuur Melgisedek vind vervulling in Jesus as die Seun van God.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm109:20-31

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Dawid som nou die optrede wat hy van die Here verwag, op. Hy wil hê dat hulle vyandigheid teenoor hom op hulle eie koppe sal neerkom. Sy appèl is dat die Here sal optree eerstens soos Hy inderdaad is, goed en getrou. In die tweede plek pleit hy dat die Here sal raaksien dat sy Naam ook op die spel is, en dat Hy sal help dat die Psalmis en wat met hom gebeur nie God se Naam in diskrediet sal bring nie.

Bid die Psalm

“Mag dit die Here se beloning vir my aanklaers wees, vir hulle wat slegte dinge van my sê. Maar mag U, oppermagtige Here, met my handel tot eer van u Naam! Red my, want u getrouheid is so goed. Ek is arm en in nood, en my hart is hewig ontsteld binne-in my. Soos ’n skadu wat lank word, so kwyn ek weg. Ek is soos ’n sprinkaan wat afgeskud word. My knieë is swak omdat ek vas; ek is net vel en been. Mense spot met my; as hulle my sien, skud hulle die kop. Help my, Here my God! Red my op grond van u troue liefde. Laat hulle sien dat dit u werke is, dat U dit self gedoen het, Here. Hulle vervloek my, maar U sal my seën! My aanvallers sal beskaam word, maar u dienaar sal bly wees! Laat my aanklaers met skande bekleed wees, toegewikkel in oneer soos met klere. Ek sal aanhou om die Here te dank, Hom prys te midde van ’n menigte. Want Hy staan langs die behoeftige, gereed om hom te red van hulle wat veroordeel.” NLV

Boodskap en betekenis

Dawid pleit hier op roerende wyse dat die Here sal help voor dit te laat is, want hy voel hy is aan die einde van sy kragte, soos ‘n skaduwee wat lank word. Mense moet kan agterkom dat God dáár is, en dat dit sy hand is wat Dawid uit sy nood gered het. Hy soek ‘n omkeer in sy situasie dat dit eerder die teenstanders sal wees wat: “toegewikkel (is) in oneer soos met klere.” Dán sal die Psalmis God weer vryuit kan loof voor die groot geloofsgemeenskap. “Help my, Here my God! Red my op grond van u troue liefde.” Daarmee gee Dawid in hierdie Psalm vir ons twee gedagtes wat op ‘n kragtige wyse ons eie gebede kan struktureer. 1) Bid op grond van God se karakter dat Hy uitkoms sal gee. 2) Bid op grond van God se eer dat jou lewe nie tot sy diskrediet en oneer sal lei nie, veral nie waar daar vals getuienis, haatspraak en vyandskap teenoor jou gepleeg word nie. Natuurlik moet jy jou daarvoor gee om eerlik en opreg die Here te dien en aan Hom lojaal te bly, sodat niemand van jou kwaad kan praat nie. Maar verandering begin by die werk wat God in ons hart doen en namens ons in die gemeenskap. God is selfs in staat om die harte van teëstanders te verander, al is dit eers in die NT wat dié besef in die lewe van Jesus volledig deurbreek, soos ek gister geskryf het.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 109:6-19

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

In buitengewoon skerp taal bid Dawid in vers 6-19 dat die Here die vyande sal vernietig (hy gebruik eintlik hier die enkelvoud, miskien gerig teen die aanvoerder van die vyande). Hy bid ook nie net dat die Here teen hulle sal optree nie, maar teen hulle families ook. Die kras woorde laat baie geleerdes (en selfs vertalers) voorstel dat Dawid in hierdie verse sy vyande se woorde teen homself aanhaal. Ek het ook vroeër so gedink. Maar, 1) daar is geen aanduiding in die Hebreeuse teks self (bv. met ‘n opskrif of aanhalingstekens) dat die outeur se eie woorde by vers 5 stop en dat hy daarna begin om sy vyande se woorde vanaf vers 6 aan te haal nie. 2) Dit kom ooreen met talle ander Psalms van Dawid waarin hy vergelding afbid op sy teëstanders en vyande (vgl. die belangrikstes: Psalm 35, 55, 58, 59, 69, 139 en 140). Maar, soos ek vroeër al geskryf het, onthou, in al hierdie Psalms doen Dawid ‘n  beroep op God se regverdige oordeel, eerder as persoonlike wraakneming. Vergelyk bv. Psalm 139:20-22: “20Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. 21Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ’n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? 22Ek haat hulle met ’n uiterste haat, want hulle is ook my vyande.” 3) Vers 20 is ook duidelik ‘n samevatting van al Dawid se vorige woorde in die Psalm teen sy vyande. Ek hanteer vers 6-19 dus as Dawid se eie woorde. Ek gee in die boodskap en betekenis gedeelte ‘n NT perspektief op die gebed. Een manier om hierdie Psalm te bid as NT gelowige is om te bid: “Ek sou kon vra… stel ‘n bose persoon aan teen hom…” En dan te bid: “Maar, ek skaar my by U, Here Jesus, wat gekies het om te vergewe, omdat U weet God sal U offer gebruik om in genadetyd van vyande vriende te maak, totdat die eindoordeel aanbreek en alles reggestel sal word.”

Bid die Psalm

“Stel ’n bose persoon aan teen hom en ’n aanklaer aan sy regterkant. Wanneer hy geoordeel word, laat hy skuldig bevind word, en sy gebede as sonde gereken word. Laat sy dae min wees; laat iemand anders sy plek inneem. Mag sy kinders wese word en sy vrou ’n weduwee; mag sy kinders as bedelaars rondswerf, en kos soek tussen die bouvalle van hulle wonings. Laat skuldeisers beslag lê op al sy besittings, en vreemdelinge alles vat waarvoor hy hard gewerk het. Mag niemand vir hom goed wees of sy weeskinders bejammer nie. Mag al sy afstammelinge sterf, en hulle naam in een geslag uitgewis word. Mag die Here nooit sy voorouers se sondes vergeet nie; mag sy moeder se sondes nooit uitgevee word nie. Laat hierdie sondes voortdurend voor die Here wees, maar laat sy kinders se nagedagtenis uitgewis word uit die geheue van mense. Hy was nie goed vir ander mense nie, maar het die arm en behoeftige, ook dié wat moedeloos is, tot die dood toe vervolg. Hy het daarvan gehou om te vervloek; laat hy dit nou self ervaar. Ander het hy nooit geseën nie; laat seën vir hom ook veraf wees. Vervloeking was vir hom soos klere, soos water vir sy liggaam, soos olie vir sy beendere. Mag sy vervloeking wees soos klere wat hy dra, soos ’n gordel wat hy altyd aanhet.” NLV

Boodskap en betekenis

Ek herhaal, onthou dat sulke skerp taal die basiese houding in die wraak Psalms weerspieël dat die psalmis se vyande per definisie die Here se vyande is. Daarom het Dawid hier nie net die reg nie, maar ook die plig om vir hulle nederlaag en dood te bid. Dit is iets wat uiteraard in die NT verander. Jesus bid by sy kruisiging: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:43). Stefanus doen dieselfde kort daarna toe hy deur die Jode gestenig is: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” (Hand. 7:60). Ook Paulus roep ons op om om te seën en nie te vervloek nie. Ons taak in die NT is om die kwaad deur die goeie te oorwin: “Moenie self wraak neem nie, geliefdes.” (Rom. 12:19a) Maar dan voeg Paulus by dat ons die oordeel aan God sal oorlaat: “Daar staan immers geskrywe: ‘Dit is mý reg om te straf Ék sal vergeld, sê die Here.” (Rom. 12:19b – Paulus haal uit Deut. 32:35 aan). Ons leef in die genadetyd en is daarom bedienaars van die versoening met God. Die oordeel kom wel aan die einde van die tyd wanneer God sy oordeel oor alle mense sal fel. Vir die dieper delwers, die vroeë kerk het vers 8 se bede: “laat iemand sy amp oorneem”, van toepassing gemaak op die verkiesing van ‘n ander apostel in die plek van Judas Iskariot (Hand. 1:20).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 109:1-5

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 109 is die tweede Dawidspsalm aan die begin van die 5de Psalmboek. Die Psalm handel oor Dawid wat deur sy vyande geteister word en wat tot die Here om hulp roep weens die “karakter moord” (soos Derek Kidner dit noem) wat hulle pleeg. In drie dele bied Dawid in Psalm 109 ‘n konteks vir sy klag (Ps. 109:1-5), spel die optrede uit wat hy verwag teen hierdie tipe vyandigheid, verpersoonlik deur van die vyand in die enkelvoud te praat (Ps. 109:6-19), en hef ‘n roerende smeekgebed tot God aan dat God sal optree en dinge sal regstel (Ps. 109:20-31). Weereens is dié Psalm besonder geskik as model wanneer ‘n mens in ‘n soortgelyke situasie kom: 1) Beskryf die konteks vir die Here, 2) vra vir optrede teen die vyande (weliswaar gesien deur die bril van Christus), en 3) pleit dat Hy dit sal regstel. Ons lees en bid dit in drie dele.

Bid die Psalm

“Vir die koorleier. ’n Dawidspsalm. O God, vir wie ek prys, moenie stilbly nie, want bose en vals mense kla my aan en vertel leuens oor my. Hulle omring my met woorde van wraak en sonder rede val hulle my aan. As antwoord op my liefde is hulle my aanklaers, en dit terwyl ek vir hulle bid! Hulle vergeld my kwaad vir goed en haat vir die liefde wat ek gee.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalmis se pleitrede aan God begin in vers 1 met ‘n kort lofprysing: “O God, vir wie ek prys”, iets wat hom herinner daaraan dat God bestaan en dáár is vir hom. En hy vervolg met ‘n ewe kort en kragtige pleidooi: “moenie stilbly nie, want bose en vals mense kla my aan en vertel leuens oor my.” Letterlik staan daar: “moet U nie doof hou nie.” Inderdaad: God is immers daar. Moet net nie stilbly nie, Here! Hy stort sy hart uit voor die Here oor die tragedie dat die liefde waarmee hy ander hanteer het deur hulle met vyandskap beantwoord is. Hulle vergeld hom met kwaad vir goed en met haat vir liefde, al was hy die een wat aanvanklik vir die aanklaers gebid het. Hierdie tipe gebed is altyd in alle situasies die korrekte, om eerlik met die Here jou leed weens ander met Hom deur te gesels. Ook in die lig van die boodskap van Christus in die NT. Jesus het immers in Getsemane sy eie nood voor God gebring, al het Hy uiteindelik die kruispad aanvaar. Oor die NT perspektief egter eers môre.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 108:6-14

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

God se trou is inderdaad alom bekend, soos die eerste deel van die Psalm dit getuig. Daar is egter telkens nuwe uitdagings wat wag, hier uitgedruk met die hernude gevaar van Edom. Let op hoe die Psalmis in die eerste plek met God se verhewenheid en heerlikheid begin en sy gebed om verlossing op God se heiligheid skoei. In die tweede plek beroep hy hom op God se beloftes aan Abraham (Gen. 15) en Dawid (2 Sam. 7) oor die uitbreiding van hulle grondgebied: na Sigem en die Sukkotlaagte – weerskante van die Jordaan – en die feit dat nie net die grondgebied van Israel (Gilead, Manasse en Efraim na die noorde, Juda rondom Jerusalem) aan die Here behoort nie, maar selfs Moab en Edom aan die oostekant van die Jordaan en Filistea na die westekant aan die Middellandse See.

Bid die Psalm

“Wees verhewe tot bo die hemele, o God, en laat u heerlikheid erken word oor die hele aarde. Red ons met u krag en help ons sodat U u geliefde volk kan red. God het dit by sy heiligheid belowe: As oorwinnaar sal Ek Sigem verdeel en die vallei van Sukkot uitmeet. Gilead is Myne, en Manasse behoort aan My. Efraim sal my krygsmanne oplewer, en Juda my konings. Moab sal my nederige dienaar word en Edom sal my slaaf wees. Oor Filistea juig Ek as oorwinnaar. Wie sal my lei na die versterkte stad? Wie sal my na Edom toe bring? Het U ons verwerp, o God? Gaan U, o God, nie saam met ons leërs opruk nie? Help ons tog teen ons vyande, want menslike hulp is waardeloos. Met God se hulp sal ons seëvier, want Hy sal ons vyande vertrap.” NLV

Boodskap en betekenis

Die boodskap van die Bybel het altyd nuwe toepassings in nuwe situasies. Dit is waarom dit só belangrik is om jouself in die Woord te verdiep, om die Bybel ‘n huis te maak waarin jy woon. Want, dan kan jy ook soos hierdie na-ballingskap gemeenskap die ouer Psalms gebruik om ‘n nuwe Psalm te skryf vir die situasie waarin jy jou nou bevind. En soos hulle jou vertroue op God se karakter en beloftes plaas. Dink vandag aan ‘n situasie waarin jy of iemand naby aan jou steeds vasgeval is… en bid dat die Here jou daaruit verlos: “Help ons tog teen ons vyande, want menslike hulp is waardeloos. Met God se hulp sal ons seëvier, want Hy sal ons vyande vertrap.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar