Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Psalm 119:25-32

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Ek verkneukel my in die vernuftigheid van die Psalmis wat in hierdie vierde gedeelte – waarvan elke reël begin met die letter DALET – regdeur die ander groot woord van God se pad met ons inspan om sy boodskap oor te bring. Dit is die woord DÊRÊG (pad) wat ook met ‘n Dalet begin. Let op hoe hy aan die een kant oop en eerlik voor die Here kom en sy eie lewenspad met die Here deel (Ps. 119:26) wat uiteraard ook kommer insluit (Ps. 119:28) en die problematiek van bedrog (Ps. 119:29). En wonder bo wonder het die Here hom geantwoord deur hom sy voorskrifte te gee sodat hy God se pad kan verstaan en daarvolgens – of meer korrek – daarop kan wandel. Dit is die pad van God se opdragte, van eerlikheid, en van God se bevele. Daarom leer die Psalmis by God sy voorskrifte, vra hy dat God hom sal help om sy opdragte te verstaan: “sodat ek oor u wonders kan nadink.” Hy verlaat hom ook heel pertinent op God se genade, want in die lig van die wet se eise is dit presies wat hy nodig het (Ps. 119:29)! En soos hy God se beslissings en bepalings agterkom, hou hy dit voor oë, hou hy daaraan vas in die gebed dat die Here hom nie beskaamd sal laat staan nie: “Die pad van u bevele volg ek geesdriftig, want U verruim my insig.

Bid die Psalm

“Ek lê in die stof, op pad na die graf; laat my herlewe volgens u woord. My optrede het ek bekendgemaak, en U het geantwoord. Leer my nou u voorskrifte. Leer my verstaan die betekenis van u bevele, sodat ek u wonders kan oordink. Ek huil van droefheid; versterk my soos U in u woord beloof. Bewaar my van leuenagtige weë; leer my in genade u gebooie. Ek het die betroubare pad gekies; ek lewe volgens u bepalings. Ek hou vas aan u voorwaardes, Here. Moenie dat ek in skande kom nie! Ek sal die pad van u gebooie navolg, want U sal my begrip verbreed.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Woord is regtig ‘n huis om in te woon. Soos ‘n mens groei in die insig en begrip van God se pad met jou, neem sy wil vorm aan soos ‘n huis waarin jy vertroud raak met die kamers en die lewe wat daarin moontlik is.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 119:17-24

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Hierdie derde gedeelte van die Psalm fokus op die nood wat die Here se “diensknegte” het om in situasies van gevaar aan die woord van die Here getrou te bly. Aan die een kant bid hy God om hom nie in die steek sal laat nie: “wees goed vir u dienskneg”, “maak oop my oë”, “moet u bevele nie vir my verborge hou nie”, en “neem bespotting en minagting van my weg”. Hy het getuienisse nodig van God se sorg en omgee. Hy het insig nodig in wat God se wil vir sy lewe is: “dat ek die wonders in u wet kan raaksien”. Trouens, “My lewe kwyn weg van verlange na u beslissings vir elke geleentheid.” Watter wonderlike woorde wat ook in my die verlange na God se “gevleuelde woorde” vir elke geleentheid aansteek! Maar, hy weet ook dat die verlange na insig in wat God wil aan die ander kant geëggo moet word in ‘n lewe van gehoorsaamheid. God se goedheid is bedoel dat hy kan: “lewe en u woord nakom”. By God se bepalings moet hy hom hou: “selfs al sit leiers en planne beraam teen my.” Die teenstand moet hom nie keer om te bly nadink oor God se voorskrifte en om steeds sy grootste vreugde daarin te vind: “hulle is my raadgewers.

Bid die Psalm

“Wees goed vir u dienaar sodat ek mag lewe en u woord gehoorsaam. Maak oop my oë sodat ek die wonders kan sien wat opgeskryf is in u gebooie. Al is ek net ’n vreemdeling op aarde, moenie u gebooie van my weghou nie. Ek word voortdurend verteer deur ’n begeerte na u bepalings. U bestraf trotsaards en vervloektes wat afdwaal van u gebooie. Weer smaad en belediging van my, want ek gehoorsaam u waarskuwings. Al sit en praat heersers saam teen my, sal ek u voorskrifte oordink. U waarskuwings is beslis my vreugde; dit gee my goeie raad.” NLV

Boodskap en betekenis

Die Psalmis werk dus met die baie belangrike perspektief dat God se openbaring in wet en woorde, getuienisse en beloftes, voorskrifte en opdragte, insigte en beslissings ons lewe moet vorm. Daarom is dit so absoluut noodsaaklik dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Soos ek so baie in die Bybelskool sê: lees, luister, leef. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Hom prakties te volg, en skryf God ons in sy verhaal met die wêreld in.

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 119:9-16

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Waar die Psalmis meer oorhoofs en algemeen oor die waarde van ‘n lewensfokus op die openbaring van God gepraat het in die eerste agt verse, vervolg hy in die tweede deel en spreek spesifiek jongmense aan: “Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord.” As motivering verwoord hy sy eie gehoorsaamheid aan God se woord. Let op hoe hy aan die een kant sy voorneme om gehoorsaam te wees, uitspreek, maar tog ook die Here vra: “moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie.” (Ps. 119:10).

Bid die Psalm

“Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord. Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie. Geseënd is U, o Here; leer my u voorskrifte. Die bepalings van u mond het ek met my lippe bekendgemaak. In u voorwaardes het ek my verlustig soos ’n mens bly is oor rykdom. Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë. Ek sal my verbly in u voorskrifte en u woord nie vergeet nie.” NLV

Boodskap en betekenis

Gehoorsaamheid kom dus tot sy volle werking in ons lewe in die kombinasie van God se werk en ons s’n. Let ook op hoe dit iets is wat uit die hart uit kom – “met my hele hart soek ek U”, en “in my hart koester ek u woord”. Dit is iets wat geleer en oordink word en iets waarvan getuig en gesing word. Dit omvat ‘n mens se hele lewe: hart, denke en woorde. In die volgende deel sal hy nog meer oor die tipe gedrag wat daarby hoort, praat. Die interessante is ook dat gehoorsaamheid kom as God se woord gekoester word, want God se woord het inherent die krag om ‘n mens van sonde te bewaar. Waar jy vreugde het en ontwikkel in God se wil en woord, ontketen dit ‘n krag in jou lewe wat die impak en houvas van die sonde in jou lewe verminder. Presies soos Psalm 1 dit al verwoord het. Laat ‘n mens dink aan Paulus wat aan die Filippense skryf: “werk met vrees en bewing aan julle verlossing. Dit is immers God wat in julle werksaam is.” (Fil. 2:12-13).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 119:1-8

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Psalm 119 is ‘n letterkundige juweel. In ‘n verstommende akrostiese kragtoer begin elke opeenvolgende groep van agt verse elke keer met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse konsonante alfabet. Dit gee 22 kleiner eenhede – aangedui met die Hebreeuse konsonante: ALEF, BET, GIMEL ens. soos in talle vertalings – wat elkeen die wonder van God se woord aan sy mense beskrywe en besing. Ons gaan dit daarom ook oor 22 dae lees om reg te laat geskied aan elke eenheid. Hierdie uitnemende Psalm besing die openbaring van God soos vers 1 dit aandui. Daarmee word bedoel alles wat God van Homself aan die mensdom openbaar het. Daarvan getuig die agt woorde wat Psalm 119 gebruik vir God se openbaring wat eintlik as sinonieme vir mekaar optree. Ek gee die NLV se keuses hier weer:

  • gebooie (torâh – Ps. 119:1, 29 – “law”),
  • waarskuwings/voorwaardes (‘edût – Ps. 119:2, 14, 22, 24, 31 – “rules” of “testimonies”).
  • bevele (piqqûdîm – Ps. 119:4, 15, 27 – “precepts”),
  • voorskrifte (huqqîm – Ps. 119:5, 8, 12, 16, 23, 26 – “statutes”),
  • gebooie (mizwôt – Ps. 119:6, 10, 18, 21, 32 – “commandments”),
  • bepalings (mishpâtîm – Ps. 119:7, 13, 30 – “judgments”),
  • woord (dâbâr – Ps. 119:9, 16, 17, 25, 28 – “word”),
  • woord (‘imrâh – Ps. 119:11 – “utterance”).

Hiermee bevestig die Psalmis wat alreeds in Psalm 1 gesê is: God se woord is die sentrum van die lewe, dié ding wat jou nie net soos ‘n boom geplant langs watervore maak en laat gedy nie, maar sorg dat jy die pad (dêrêg – ‘n woord wat ook gereeld in Psalm 119 voorkom) van die regverdiges kan bewandel.

Bid die Psalm

“Geseënd is hulle wat opreg lewe, wat leef volgens die gebooie van die Here. Geseënd is hulle wat sy waarskuwings gehoorsaam, Hom met volle oorgawe dien, nie onreg pleeg nie en op sy paaie wandel. U het ons opdrag gegee om u bevele noukeurig te onderhou. Mag my optrede voortdurend weerspieël dat ek u voorskrifte wil nakom. Dan sal ek nie tot skande kom as ek maar net my oë op al u gebooie hou nie. Wanneer ek u regverdige bepalings bestudeer, wil ek U dank met ’n opregte hart. U voorskrifte sal ek nakom; moet my net nie verlaat nie!” NLV

Boodskap en betekenis

Die eerste gedeelte plaas onomwonde God se hele openbaring op die tafel. God gee nie net sy wet met sy bepalings, bevele, opdragte en voorskrifte nie, die begeleidende kant van sy openbaring nie. Nee, Hy gee ook getuienisse van wat werk vir dié: “wat Hom met hulle hele hart soek.” Hy gee ook regverdige beslissings wat bestudeer kan word, voorbeelde wat inspireer, sodat ‘n mens nie net gemotiveer word om Hom met ‘n opregte hart te loof nie, maar ook geïnspireer word om hulle na te kom … terwyl ‘n mens tog steeds ook bid: “moet my tog nooit in die steek laat nie”! Watter wonderlike manier om dié Psalm te begin. Dit is inderdaad die onfeilbare roete wat lei na geluk: “Hoe gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die Here volg.” Dit is juis wanneer ‘n mens doen wat God vir ons almal wys deur sy openbaring dat ons gelukkig kan wees. Soos Jesus veel later sy “wet van die koninkryk” in die Bergrede sou aankondig: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.” (Matt. 5:3). Hy spreek ook die duiwel se versoeking in die eerste plek aan met die stellige vertroue op God se Woord: “’n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” (Matt. 4:4 – aangehaal uit Deut. 8:3).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Psalm 118:19-29

Die fokus van hierdie Leesplan is gemeenskap met God. Ons begin telkens met die bid van die Ons Vader, bid dan die Psalm met ‘n tyd van nadenke, en sluit ons gebedstyd af met ‘n kort Lofprysing. Die idee is dat jy na die Ons Vader die kort gedeelte oor die teks en konteks van die Psalm lees, daarna die Psalm met aandag deurlees, en dan vers vir vers in jou eie woorde (hardop as dit kan) bid. Daarna kan jy die kort bydrae oor die boodskap en betekenis lees vir nadenke. Sluit met die bid van die Lofprysing. Die middag en aand bid jy net die Ons Vader, die Psalm, en die Lofprysing.

Ons Vader

“Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes, soos ons ook ons skuldenaars vergeef. En laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.” (Matt. 6:9-13)

Teks en konteks

Na die jubeling buite die tempel is die gebed van die volk dan: “Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof.” Van dié ervaring van gebedsverhoring moet die wêreld, maar veral ook die geloofsgemeenskap kennis neem. Die Psalm werk dan heel onverwags met die metafoor van die: “klip wat deur die bouers afgekeur is,” maar: “juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.” Die Psalmis bedoel daarmee dat hulle eintlik soos die afgekeurde klip was in hulle eie ervaring, en selfs in die oë van hulle vyande. Deur die Here se ingrype voel hulle nou asof hulle van hulle posisie van vernedering verhoog is tot die mees prominente plek in die tempel van die Here, die belangrikste klip in die gebou (vgl. Jes. 28:16 vir ‘n soortgelyke gedagte, en Jer. 51:26 vir die teenoorgestelde boodskap aan Babel).

Bid die Psalm

“Maak oop vir my die poorte van regverdigheid, dan sal ek ingaan en die Here loof. Dit is die poort na die Here; die regverdiges gaan hier in. Ek prys U omdat U my verhoor het en my redder geword het. Die klip wat die bouers afgekeur het, het nou die sluitsteen geword. Dit is die werk van die Here, en wonderlik vir ons om te aanskou. Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees. Here, red ons tog, Here, gee ons tog voorspoed. Geseënd is die een wat kom in die Naam van die Here. Ons seën julle uit die tempel van die Here. Die Here is God, Hy laat sy lig oor ons skyn. Begin die optog, wuif die takke! Stapel dit op tot by die horings van die altaar. U is my God, en ek wil U prys! My God, ek sal U hemelhoog prys! Wees dankbaar teenoor die Here, want Hy is goed! Sy goedheid duur vir altyd!” NLV

Boodskap en betekenis

Die boodskap van die belangrikste klip vind op ‘n besondere manier in die NT weerklank in Paulus (Rom. 9:33; 10:11) en Petrus (1 Pet. 2:6) se onderrig oor Jesus as die fondament, die hoekklip, van die Christelike kerk. Soos Jesus verneder is aan die kruis (soos ‘n “weggooi-klip”), is Hy verhoog deur sy hemelvaart. En is Hy nou die hoeksteen, die belangrikste klip in die gebou wat God besig is om te voltooi, die hemelse Jerusalem. Dit is daarom een van die belangrikste en wonderlikste boodskappe wat die OT en NT geloofsgemeenskap aan mekaar bind. Wat hulle verwag het, dít is vervul in Jesus en vorm die basis vanwaar af ons as gelowiges leef. Daarom: “Begin die optog, wuif die takke!” Alle gelowiges van alle tye vind vreugde in dié werklikheid. Nog dieper, dit is dan ook uit dié hoek wat ons die skare se woorde met die intog in Jerusalem moet hoor as hulle die woorde uit Psalm 118:26 gebruik: “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” soos Matteus dit vir ons vertel (Matt. 21:9). Psalm 118:27 maak dan net soveel meer sin: “Begin die fees! Wuif met takke!” Hoewel die Jode se lofprysing nie lank gehou het nie, omdat hulle nie rekening gehou het daarmee dat Jesus se verheerliking sy kruisdood ingesluit het nie, het die boodskap van die Psalm steeds deur die opstanding in vervulling gegaan toe Jesus die dood oorwin het. Psalm 118 het ook in die lewe van die Engelse filosoof, teoloog, vertaler, prediker en Hervormer: John Wycliffe (1329-1384) vervulling gekry. John het ‘n passie gehad om alle mense die Bybel in hulle eie taal te laat lees. Sy vyande in die kerk het egter niks daarvan gehou nie, en wou hê dat net die geleerdes die Bybel in Latyn en die oorspronklike tale lees. Hulle het hom selfs verbied om te preek. Op 52 jarige ouderdom het hy as ‘n baie siek man afgetree. Toe sy vyande selfs op sy siekbed hom geteister het met die idee dat hy sy “sonde moet bely” om die Bybel vir alle mense toeganklik te maak – kan jy dít glo! – het vers 17 van Psalm 118 hom te binne geskiet, en het hy dit vir hulle aangehaal: “Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.” Net daar en dan het John besluit om die hele Bybel in Engels te vertaal. Dit het hom drie jaar geneem en hy het dit voltooi net voor hy op 55 jarige ouderdom oorlede is. Sy passie vir die Woord het ander geïnspireer om dieselfde te doen. Die Tsjeg Johannes Hus (1369-1415) het ‘n proses begin om die hele Bybel in Boheems te vertaal en Maarten Luther (1483-1546) het daarop voortgebou en self die hele Bybel in Duits vertaal. Dat jy dus die Bybel in jou eie taal in jou hand kan hou, is te danke aan die visie en passie van hierdie Hervormers. En Psalm 118:17 was die inspirasie wat die Here in die lewe van John Wycliffe gebruik het om sy lewenswerk te voltooi. Trouens, die hele idee van ‘n Bybel in jou eie taal, kom tot ‘n groot mate van sy visie af! Luister hier na die majestueuse melodie van Psalm 118, geskryf in 1545 deur Guillaume Franc in Straatsburg ‘n jaar voor Luther se dood (gespeel deur Dick Sanderman).

Lofprysing

“Weet vandag en verstaan dat die Here God is; Hy alleen is God in die hemel en op die aarde.” (Deut. 4:39)

Onlangse kommentaar