Ek hou Pinkster in La Rochelle gemeente in Bellville hierdie week. Tema: Gemeentes in die weegskaal (Jesus se briewe aan sewe gemeentes in Openbaring 1-3).
Ek neem dus ‘n blaaskans vir Pinkster.
Die bydraes hervat volgende week 10 Junie met bydraes oor die Wederkoms. Hier is ‘n lys van die vrae en antwoorde (en teksgedeeltes vir Sondae) wat ek in die loop van die volgende 21 weke gaan hanteer. Ons maak klaar op die 3de November, DV.
Kinders wat
kan wag op beloning, doen beter op skool en vaar oor die algemeen beter in die
volwasse lewe wat wag.
Hierdie
beginsel is deur Walter Mischel van
Stanford Universiteit bewys in ‘n eksperiment wat in 1970 met vierjariges
gedoen is – iets wat nou ook al in TV advertensies gebruik is. Hy het ‘n
vierjarige alleen in ‘n vertrek gelaat met ‘n malvalekker (“marshmellow”)
en ‘n klokkie. Indien die kleinding die klokkie lui, kom Walter dadelik terug,
en die kind eet die malvalekker. Indien die kleinding kon wag dat Walter uit
eie keuse terugkom, kry hy of sy ‘n ekstra lekker.
1. Lees die aanhalings uit die Apostoliese
Geloofsbelydenis 5-6, die Geloofsbelydenis van Nicea 5-6, die Geloofsbelydenis
van Athanasius 38-39 en die Heidelbergse Kategismus 45-46, en 49-51. Wat leer
jy oor die opstanding en hemelvaart van Jesus Christus? Wat beteken dit vir
jou? Wat vra dit van jou?
Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit. (NLV)
1. Paulus spel drie aspekte van Jesus
Christus se dood, opstanding, hemelvaart en teenwoordigheid by God vir ons uit:
Hy het vir ons gesterwe; Hy sit op die ereplek langs God; Hy pleit
daar vir ons. Wat beteken dit vir jou?
2. Paulus herinner ons aan hierdie dinge dat
ons nie moedeloos moet raak as daar teenstand teen ons lewe en getuienis is
nie. Ons sal nooit weer in veroordeling kom nie, want Jesus staan vir ons in.
Hoe laat dit jou voel?
3. Lees die verse later vandag weer om jou
te herinner aan Jesus wat vir jou gesterf het, en op die ereplek langs God sit
en vir jou pleit.
Jesus is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn. Toe Hy wegraak en hulle nog stip die hemelruim inkyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. Die twee mans sê toe: “Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!” (NLV)
1. Die dissipels kon Jesus se hemelvaart duidelik
ervaar, sodat hulle kon weet dat Hy weg is na God toe. ‘n Wolk was telkens in
die Bybel die teken van God se teenwoordigheid. Wat beteken dit vir jou dat
Jesus nou by God is?
2. Die engele het die dissipels verseker
dat Jesus nét so sou terugkom soos hulle Hom die hemel sien ingaan het. Watter
hoop bring dit vir jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou
te herinner aan die werklikheid nie net van die hemelvaart nie, maar ook van
die wederkoms.
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
Onlangse kommentaar