Skip to main content

Tag: Jeremia

Jeremia 11:1-17 – Vervloek is elkeen wat ongehoorsaam is aan die verbond

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHier begin weer ’n nuwe hoofdeel van Jeremia, aangedui met die frase: “Dit is die woord …”.  Die Here fokus hier op die verbreking van die verbond wat Hy met die volk gesluit het, maar wat hulle deur hulle ongehoorsaamheid en afgodediens verbreek het.  Dit is duidelik dat dié woorde van Jeremia geïnspireer is uit beskrywings van die verbond regdeur die boek Deuteronomium.  Vgl. bv. die verwysing na “vloek” in vers 3 met Deut. 27:26, “ystersmeltoond” in vers 4 met Deut. 4:20, die “eed aan die voorvaders” in vers 5 met Deut. 7:8; 8:18; 9:5 en nog vele meer.

Jeremia word ’n opdrag gegee om self te luister na die bepalings van die verbond, soos dit in Eksodus tot in Deuteronomium (veral 27:15-26) beslag gekry het en deur Josia in sy hervorming gebruik is (2 Kon. 22-23).  Met dít as agtergrond moet hy die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem soos volg daaroor inlig, telkens vanuit sy intieme gesprek met en in opdrag van die Here:

Continue reading

Jeremia 10 – Die Here die Almagtige is die ware God

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk kan in twee dele opgedeel word:

  1. 10:1-16 – Jeremia se openbare belydenis dat daar geen god is soos die God van Juda nie waarin hy waarskynlik onder andere dele uit Jesaja hfst. 40-46 ingespan het vir sy eie verwoording van God se grootheid.
  2. 10:17-25 – Jeremia se intersessie gebed vir genade in die lig van die onafwendbare oordeel.  Hy span onder andere dele uit Hosea 4 en Spreuke 16 in sy verwoording in.

Continue reading

Jeremia 9:3-26 – Hulle weier om My te erken

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnHierdie hoofstuk bevat vier perikope:

  1. God se roerende klaaglied oor die volk – 9:3-11
  2. Die verklaring vir die volk se afvalligheid – 9:12-16
  3. God se roerende klaaglied vir die volk – 9:17-22
  4. Die uitbreiding van God se oordeel na almal wat ontrou is aan Hom – 9:23-26

Continue reading

Jeremia 8:4-9:2 – Niemand het berou oor hul sonde nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie gesprek van die Here met Jeremia gaan in twee rondtes voort:

  • 8:3-16 – In geen onduidelike taal word die boodskap in die eerste plek aan die volk in prosaïese taal verder uitgespel in 8:4-13 waarop Jeremia in ontsetting reageer namens die volk in 8:14-16.
  • 8:17-9:2 – Dan verander die styl na poësie as ’n verdere gesprek tussen God en Jeremia waarin die Here sy oordeelsaankondiging herhaal met die metafoor van giftige adders wat Hy onder hulle instuur wat niemand kan besweer nie, 8:17, en Jeremia wat daarop met nog dieper smart, ontsteltenis, angs en trane reageer en wens dat hy liewer die einde gespaar sal word, 8:18-9:2.

Continue reading

Jeremia 7:1-8:3 – Moenie op die tempel vertrou nie

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie hoofstuk word weereens ingelui met die frase: “Die woord van die Here het tot my gekom” wat ons vroeër in hfst. 2 aangetref het wat daarom ’n nuwe afdeling in Jeremia se boek inlui, hfst. 7-10, hierdie keer meesal in prosa.  Ons sal dit weer vind in hfst. 11:1 wat ’n volgende hoofdeel inlui.

Jeremia word opdrag gegee om in die poort van die huis van die Here te gaan staan en aan die volk die woord van die Here te verkondig (7:1-15).  Hoewel daar nie ’n tydsaanduiding in hierdie hoofstuk is wanneer dit gebeur het nie, dui die inhoudelike ooreenkoms met die soortgelyke opdrag in hfst. 26 daarop dat dit oor dieselfde opdrag gaan.  Hfst. 26 word aan die begin van koning Jojakim se regeringstyd geplaas (26:1) wat dus ook van toepassing is op hfst. 7.  Die tyd is dus ongeveer 609-608 v.C.

Daarna volg daar drie gesprekke van God met Jeremia waarin hy verbied word om vir die volk in te tree (7:16-20), gewaarsku word dat hulle nie na hom sal luister nie (7:24-29), en aangekondig word dat dié ongehoorsaamheid sal lei tot ballingskap (7:30-8:3).  Die gesprek met Jeremia word onderbreek deur een woord wat waarskynlik aan die volk gerig was oor die nutteloosheid om offers te bring en nie terselfdertyd aan God gehoorsaam te wees nie (7:21-23).

Continue reading

Onlangse kommentaar