Skip to main content

Tag: Jeremia

Verwysings na Jeremia in die Bybel

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDaar word vier keer in die res van die OT na Jeremia verwys, in Dan. 9:2, 24-27, 2 Kron. 35:25; 36:20-22 en Esra 1:1.

  • Daniël baseer sy intersessie vir die volk in die tyd van koning Darius (waarskynlik kan hy met Kores gelyk gestel word) op: “die Skrifte  … volgens die woord van die Here wat tot die profeet Jeremia gekom het” dat Jerusalem sewentig volle jare ’n puinhoop sou wees (Dan. 9:2).  Hy het dus waarskynlik een of ander vorm van die boek van Jeremia gebruik.
  • Dieselfde geld die Kronis sowel as Esra wat na die terugkeer uit ballingskap verwys as ’n vervulling van die belofte van die Here: “by monde van Jeremia” in die eerste regeringsjaar van koning Kores (waarskynlik gelyk aan Darius) van Persië (2 Kron. 36:20–22; Esra 1:1).
  • Die Kronis verwys ook na ’n treurlied wat Jeremia oor Josia gedig het en in die boek Die Treurliedere opgeneem is (2 Kron. 35:25).

Die NT verwys ook drie keer na Jeremia, al drie keer in die evangelie van Matteus: Matt. 2:17; 16:14; 27:9.

Continue reading

Die konteks van Jeremia

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnJeremia se profesieë word gelewer teen die agtergrond van die drie groot wêreldmagte van sy tyd:

  • Assirië – wie se invloed begin taan het met die val van Assurbanipal en die opkoms van die Galdeër Nabopolassar in 627 v.C. en in 609 v.C. finaal verslaan is by Megiddo deur Egipte;
  • Egipte – wat die internasionale vakuum probeer vul het deur hulle mag in die Midde–Ooste uit te brei, maar deur die opkomende Babiloniërs verslaan is in 605 v.C. by Karkemis;
  • Babilon – wat onder Nebukadnesar tot die dominante wêreldmag in die tyd van die ballingskap van Juda uitgebou is.

Continue reading

Jeremia as mens

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnWat veral uitstaan van die profeet Jeremia is dat ’n mens hom “as mens” kan leer ken, omdat daar ’n oorvloed van sy emosies, gesprekke en optredes regdeur die boek opgeteken is.  Veral die sewe sogenaamde “Konfessies” van Jeremia gee ons ’n kykie in sy binnewêreld, waarin hy sy wroeging oor en tog onwrikbare verbintenis aan sy roeping roerend met ons deel:

Continue reading

Jeremia as priester-profeet

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnIn teenstelling met die ander veertien Skrifprofete in die Bybel (die drie groot profete: Jesaja, Jeremia, Esegiël en die twaalf kleiner [korter] profete: Hosea, Amos, Obadja, Jona, Miga, Joël, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, Maleagi —Daniël word by die Geskrifte geplaas,hoewel hy in die NT as profeet genoem word: Markus 13:14), weet ons relatief baie van die profeet Jeremia.

Hy was die seun van Gilkija, `n priester uit Anatot (vandag Almon), in die grondgebied van Benjamin, so 5 km noord–oos van Jerusalem (Jer. 1:1).  Jeremia was daarom eintlik self `n priester, maar iemand wat die Here vroeg reeds as “profeet vir die nasies” geroep het (Jer. 1:5).   Op grond van Jeremia 32 se grondtransaksie, waar Jeremia as losser optree vir een van sy familielede, kan ons ook aflei dat Jeremia `n redelik welgestelde man was.

 

Inleiding op die boek Jeremia

Die tyd het aangebreek om die boek Jeremia te lees.  Ek begin ‘n dag vroeër omdat daar heelwat bydraes is om die boek in konteks te plaas.  Ek plaas dus vandag 5 van die  bydraes, en môre die res, voordat ons Donderdag begin met die lees van hoofstuk 1.  Geniet!

Jeremiah lamenting - Rembrand van RijnDie profeet Jeremia worstel in sy boek met sy roeping om vernietiging en oordeel oor die volk Juda en hulle leiers aan te kondig.  Sy boodskap is dat die volk God vergeet het en geweier het om Hom te erken.  Hulle is so nutteloos in die verhouding met God soos ’n verslete gordel om Sy lyf.  Daarom is die Here hulle nie meer goedgesind nie en het Hy geen medelye meer met hulle nie.  En al breek dit Jeremia se hart, verkondig hy dat soos ’n kleipot gebreek word, sal die Here hierdie volk en hierdie stad breek.  Die ballingskap in Babel is hulle straf.  Die Here gaan hulle nie spaar nie en hulle deur hulle vyande laat wegvoer.

Continue reading

Onlangse kommentaar