Skip to main content

Tag: Deuteronomium

Deuteronomium 14 – Julle identiteit as Godsvolk moet in alle fasette van die lewe wys

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Om Israel te help om die versoeking van die vreemde gode die hoof te bied, herinner Moses die volk aan die verbod op heidense gebruike rondom rousmart en die gebod tot Joodse dieet gebruike.  Hulle moes nie treur soos die heidene nie, omdat hulle aan God behoort en daarom heilig is (Deut. 14:1-2).  Hulle moes ook onderskei tussen rein en onrein diere as ‘n herinnering daaraan dat God teenwoordig is in hulle alledaagse lewe en hulle hele lewe rein voor Hom moes wees (Deut. 14:3-21).  Moses herinner hulle ook aan die tiendes wat hulle vir die Here by die heiligdom moes kom gee, as ‘n herinnering aan die dankbaarheid wat hulle aan die Here verskuldig is vir al sy gawes, sowel as sy opdrag tot vrygewigheid (Deut. 14:22-29).

Continue reading

Deuteronomium 13 – Moenie ander gode dien agter ander mense aan nie

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses weet egter dat die uitdaging in die land om ander gode te aanbid van verskillende kante af kan kom.  Daarom waarsku hy hulle met konkrete voorbeelde sodat hulle daarop bedag kan wees.  Dit kan van profete of dromers kom wat liggelowiges op sleeptou wil neem met tekens en wonders (Deut. 13:1-5).  Dit kan van naby familie of vriende kom wat ander gode in die geheim wil aanbid (Deut. 13:6-11).  Dit kan ook van kwaadstokers of booswigte af kom wat hele gemeenskappe met hulle wil saamneem (Deut. 13:12-18).

Continue reading

Deuteronomium 12 – Aanbid alleen die Here op die plek wat Hy uitkies en volgens sy voorskrifte

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die woorde waarmee Deuteronomium 12 begin, lui die hele tweede deel van Moses se tweede preek in tot met die afsluiting daarvan in Deuteronomium 26.  “Hierdie voorskrifte en bepalings moet julle gehoorsaam in die land wat Jahwe aan julle gegee het …”  Die inhoud daarvan kan in drie hoofdele verdeel word:

  1. Voorskrifte vir die kultus en die gemeenskap: die plek van aanbidding, die persoonlike afkeur van ander gode en dié wat jou daartoe kan verlei, die onderskeid tussen rein en onrein, tiendes elke jaar wat elke derde jaar vir die Leviete bedoel was (vgl. Deut. 26:12-19), die hantering van skuld, slawe, eerstelinge en die viering van drie van die feeste – Deut. 12-16:17;
  2. Voorskrifte vir leiers en die gemeenskap: regspraak, die publieke hantering van mense wat ander gode dien, godsdienstige uitsprake by die heiligdom deur die priesters, uitsprake deur die koning, voorregte vir priesters en Leviete, die afskaffing van afskuwelike Kanaänitiese praktyke, en gehoorsaamheid aan die profeet wat die Here vir hulle sal gee – Deut. 16:18-18:22;
  3. Voorskrifte vir allerlei ander dinge in die gemeenskap: asielstede, grenslyne, getuies, oorlog, moord, huwelik, doodstraf, sosiale gebruike, godsdienstige gebruike, maatskaplike gebruike, egskeiding en hertrou, onderlinge verhoudinge, swaershuwelik (leviraat), billikheid in regspraak, uitwissing van die Amalekiete, eerstelinge van die oes, en tiendes elke derde jaar vir die Leviete – Deut. 19-26.

Die voorskrifte en bepalings wat God vir sy volk gee, is nie iets wat net vir ‘n tyd lank bedoel is nie.  Dit is bedoel vir hulle hele lewe.  Dit is die voorskrifte waarvolgens hulle: “hier op aarde moet lewe in die land wat die Here die God van julle voorvaders aan julle gegee het om in besit te neem.”  Die voorskrifte is die basis van die ooreenkoms tussen God en die volk.  In hulle nougesette gehoorsaamheid daaraan sou die verbond met God bevestig en in stand gehou word.

Continue reading

Deuteronomium 11 – Gehoorsaamheid bring seën; ongehoorsaamheid bring straf

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses sluit die eerste deel van sy tweede preek af met ‘n opsomming van drie vereistes in hulle verhouding met Hom wat hy telkens baseer op voorbeelde uit hulle geskiedenis met God sowel as op beloftes vir die toekoms.

  1. Hulle moet die Here God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam (Deut. 11:1-7).
  2. Hulle moet alles gehoorsaam wat God beveel, sodat hulle sterk kan optree (Deut. 11:8-12).
  3. As hulle die Here God liefhet en gehoorsaam, sal hulle vrugbaarheid in die land beleef (Deut. 11:13-17).

Die wil van die Here vir die lewe moet hulle hele lewe volmaak (Deut. 11:18-25).  Gehoorsaamheid sal die seën van die Here oor hulle bring. Ongehoorsaamheid sal die straf van die Here oor hulle bring (Deut. 11:26-32).

Continue reading

Deuteronomium 10 – Gehoorsaam die Here, want Hy is jou God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die eerste deel van Moses se tweede preek word met hoofstuk 10 tot 11 afgesluit.  Hy het begin by die Tien Gebooie wat hulle moes leer en gehoorsaam om daarvolgens te lewe (Deut. 4:44-5:33).  Terwyl die liefde vir die Here hulle hele lewe moes bepaal (Deut. 6), sou dit die liefde van die Here wees wat hulle in staat sou stel om gehoorsaam te wees (Deut. 7).  Daarom het God hulle in die woestyn afhanklikheid geleer en sou hulle in die oorvloed van die beloofde land dankbaarheid leer (Deut. 8).  Hulle moes net nie die Here vergeet en hardnekkig of verwaand raak nie, want dan sou sy toorn oor hulle ontvlam.

Nou sluit Moses die eerste deel af – die uitleg en toepassing van die Tien Gebooie – met ‘n terugverwysing na die bewaring van die twee plat klippe in die ark van doringhout, en die opdrag dat net die Leviete die ark mag dra (Deut. 10:1-9) saam met ‘n oproep om die Here alleen te dien en lief te hê met hart en siel deur elkeen van die dinge wat Hy hulle beveel het, nougeset te doen (Deut. 10:10-11:32).

Let op dat Moses hierdie opdrag motiveer in wie God self is (Deut. 10:17-18).  Daarom moet die volk die dinge doen wat die Here hulle beveel.  Die Tien Gebooie is gegrond op wie God ten diepste is.  Dieselfde geld alles wat God hulle in die uitleg daarvan beveel het.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda