Skip to main content

Wees versigtig vir die verkeerde idees oor Kersfees

Ek het ‘n navraag gekry oor die gewaande heidense oorsprong van Kersfees.

Ek sal egter versigtig wees vir die artikels wat Kersfees met afgodery verbind. Dit berus op swak navorsing. Ook die idee dat Kersfees uit ‘n heidense fees ontwikkel het. Die waarheid is dat dit andersom ontwikkel het. Heidene het Kersfees vir hulleself gekaap.

Daar is byvoorbeeld sommige mense wat probeer om ‘n Bybelse argument teen Kersfees, veral teen die idee van ‘n Kersboom, te voer vanuit die misplaaste gedagte dat die Bybel ons verbied om bome in ons huise te bring en te versier.

Daar is ‘n gedeelte wat dikwels aangehaal word om Kersfees met afgodery te verbind. Jeremia 10:1-16 word gereeld aangehaal. Wees regtig versigtig vir dié misleiding.

Hierdie gedeelte in Jeremia verwys na die afsny van bome, die afkap van die hout om ‘n afgod te maak, en dan die afgod met silwer en goud te versier voordat dit aanbid word. (sien ook Jesaja 44:9-18).

Die gedeelte in Jeremia kan egter nie só uit sy konteks geneem word as ‘n argument teen Kersbome nie. Die boodskap daarvan was in die eerste plek ses eeue voor Jesus se geboorte aan die Jode gerig. Dit was in die tweede plek nie as ‘n profesie vir vandag aangebied nie. En dit gaan in die derde plek in Jeremia 10 oor afgode waarteen tereg gewaarsku moet word.

Kersbome is nie afgode en word nêrens gebruik om aanbid te word nie!

Natuurlik moet ons Kersfees vier as ‘n fees van Christus, en fokus op die hoop, vrede, liefde en vreugde wat Hy bring. Lees byvoorbeeld sy geboorte en kinderverhale. Beklemtoon dat Hy die Geskenk is aan ons, en dat ons geskenke aan mekaar gee uit dankbaarheid is vir wat Hy vir ons gedoen het.

Maar, moenie die kerkjaar wat met Advent en Kersfees begin, besoedel met idees wat Christus se onoortreflike waarde vir ons verminder in die gedagtes van gelowiges en die gemeenskap nie. Vier die kerkjaar met oorgawe: Advent en Kersfees, Epifanie en Lydenstyd, Pase en Pinkster. Dit is ons storie!

Hier is ‘n paar artikels wat ek waardevol gevind het as jy meer hieroor wil lees.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.