Skip to main content

Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde

Paulus fokus op twee laaste belangrike goed:

  • Volhardende gebed vir die voortgang van die evangelie (Kol 4:2-4); Dit is opvallend dat Paulus ‘n paar keer spesifiek vra dat gemeentes vir oop deure vir die evangelie moet bid (vgl ook 1 Kor 16:9; 2 Kor 2:12; Open 3:8; Vgl ook Hand 14:27 waar Paulus oor die oop deure getuig).  Ons onderskat die rol van gebed in die uitbreiding van die evangelie.  God werk wonders deur ons gebede.
  • Wyse woorde in hulle publieke optredes in die gemeenskap (4:5-6).  Daar is geen verskoning vir onvriendelike dwase kwetsende woorde in ons openbare getuienis nie.  Ons woorde moet van respek vir mense en deernis met hulle situasies getuig.

Paulus sluit die brief af met groete en ‘n paar mededelings oor die mense wat saam met hom is (‘n hele paar van hulle word ook in die brief aan Filemon genoem):

  • Tigikus (Kol 4:7-8) was ‘n gelowige uit die provinsie Asië (Hand 20:4) en iemand wat ‘n hele paar keer vir Paulus gehelp het.  Hy het moontlik al die gevangeniskap briewe afgelewer op sy reis na Kolosse en Efese (Kol 4:9; Ef 6:21) en het ook twee ander kere onderskeidelik na Efese en Kreta gereis in opdrag van Paulus (2 Tim 4:12; Tit 3:12) om die gemeentes te ondersteun.
  • Onesimus word ook genoem, die slaaf van Kolosse wat na Filemon teruggestuur is, en wat deur Paulus die getroue medegelowige genoem word (Kol 4:9).
  • Aristargos is een van die bekeerlinge in Tessalonika wat ‘n medewerker van Paulus geword het (Hand 20:4; 27:2).
  • Markus  is waarskynlik die skrywer van die evangelie van Markus en neef van Barnabas (soos ons hier in Kol 4:10 lees).
  • Jesus Justus  is die ander Joodse gelowige wat saam met Paulus is.  Jesus was sy Joodse naam (eintlik Josua – Jesus is die Griekse vertaling van Josua) en Justus sy Latynse naam, soos Paulus se twee name: Saulus – Joodse naam; Paulus – Latynse naam.  Ons weet nie iets meer van hom af nie.
  • Epafras is saam met Paulus ‘n gevangene, en word verbind met die stigting van die gemeente van Kolosse (Kol 1:7).  Hy is ‘n voorbidder van formaat (Kol 4:12).
  • Lukas is die skrywer van die evangelie van Lukas en die Handelinge van die Apostels en word hier spesifiek ‘n dokter genoem (Kol 4:15).
  • Demas het kort hierna die teenswoordige wêreld lief gekry het en na Tessalonika vertrek (2 Tim 4:9-10).
  • Nimfa was van Laodisea en leier van die huisgemeente daar.  Daar is twee tekslesings vir dié persoon se naam.  Die OAV het die manlike vorm aanvaar, en die NAV die vroulike.  Al hoe meer geleerdes interpreteer dit egter as ‘n vrou.  Nimfa was dus, soos Lidia, ‘n geestelike leier wat haar huis tot beskikking van die kerk gestel het.
  • Argippus word opgeroep om die bediening wat die Here vir hom gegee het, te omarm en uit te voer.  Hy word ook in Filemon genoem en was waarskynlik die seun van Filemon en Affia van Kolosse.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kolossense


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms