Skip to main content

Kolossense 1:24-2:5 – om met God se energie te bedien

Paulus praat hier nie net van vervolging nie.  In die grondteks van vers 24 staan lyding en verdrukkinge, dws meer omvattende dinge as net vervolginge.  Hierdie lydings en verdrukkings is dinge wat Christus sou ervaar het as Hy nou nog hier was as mens.  In ‘n sekere sin is alle lyding wat Paulus dus ervaar, ter wille van Christus.  En die omgekeerde is ook waar.  Alle lyding wat Paulus ervaar – omdat Hy in Christus glo en aan Hom getrou wil bly – is dinge wat aan Christus gedoen (sou) word.  Dit is waarom Paulus daaroor kan bly wees, want dit is dinge wat Hy ter wille van Christus ervaar, en dinge wat hy namens Christus ervaar.  Dit is wat sy deelname aan die lyding van Christus beteken, soos hy vroeër in Filippense 3:10 geskryf het.

Let op hoe Paulus van die evangelie praat as ‘n geheimenis wat God nou in Christus geopenbaar het.  Daarmee vat hy natuurlik alreeds die idee aan dat daar geheimenisse is waarin ‘n mens nog ingelyf moet word om regtig geestelik te raak – dinge soos die engele aanbidding, die magte van die kosmos ensomeer.  Die evangelie gaan nie oor dinge wat ons nog moet leer nie, maar oor dinge wat reeds oopgemaak is vir ons in Christus en wat al hoe meer deel van ons lewe moet raak.

Want dít is die geheimenis: Christus is IN julle. Die Een wat op so ‘n integrale manier by die Skepping en Herskepping betrokke was, is IN ons besig om God se werk te voltooi.  En dit is ‘n boodskap wat vir alle mense is, en wat alle mense moet hoor.

Dan vervolg Paulus om oor sy bediening te skrywe.  En ek moet sê, ek wonder baie keer hoe Paulus dit reggekry het om in 14 jaar die hele bekende wêreld van daardie tyd met die evangelie te kon bereik.  Onthou, daar was nie vervoer soos vandag nie.  Jy moes stap waar jy wou wees.  En daar was nie die kommunikasie middele van vandag nie.  Jy kon nie eers ‘n traktaatjie uitdeel nie, praat nie eers van ‘n e-pos skryf nie!  Tog het hy met groot impak die wêreld ingevaar met die evangelie, ‘n werk wat die basis gevorm het van die groei van die Christendom, die vrugte waarvan die toets van die tyd deurstaan het.

Ek dink een deel van die geheim van Paulus se effektiwiteit lê in vers 29.  Paulus het gewerk met die energie wat God hom gegee het.  Die NIV vertaal dit as volg: “To this end I labor, struggling with all his energy, which so powerfully works in me.”   Struggling with all his energy.  Dit is ‘n mondvol!


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kolossense


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • perfectly57edc75df4 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms