Kolossense 1:24-2:5 – om met God se energie te bedien
Let op hoe Paulus van die evangelie praat as ‘n geheimenis wat God nou in Christus geopenbaar het. Daarmee vat hy natuurlik alreeds die idee aan dat daar geheimenisse is waarin ‘n mens nog ingelyf moet word om regtig geestelik te raak – dinge soos die engele aanbidding, die magte van die kosmos ensomeer. Die evangelie gaan nie oor dinge wat ons nog moet leer nie, maar oor dinge wat reeds oopgemaak is vir ons in Christus en wat al hoe meer deel van ons lewe moet raak.
Want dít is die geheimenis: Christus is IN julle. Die Een wat op so ‘n integrale manier by die Skepping en Herskepping betrokke was, is IN ons besig om God se werk te voltooi. En dit is ‘n boodskap wat vir alle mense is, en wat alle mense moet hoor.
Dan vervolg Paulus om oor sy bediening te skrywe. En ek moet sê, ek wonder baie keer hoe Paulus dit reggekry het om in 14 jaar die hele bekende wêreld van daardie tyd met die evangelie te kon bereik. Onthou, daar was nie vervoer soos vandag nie. Jy moes stap waar jy wou wees. En daar was nie die kommunikasie middele van vandag nie. Jy kon nie eers ‘n traktaatjie uitdeel nie, praat nie eers van ‘n e-pos skryf nie! Tog het hy met groot impak die wêreld ingevaar met die evangelie, ‘n werk wat die basis gevorm het van die groei van die Christendom, die vrugte waarvan die toets van die tyd deurstaan het.
Ek dink een deel van die geheim van Paulus se effektiwiteit lê in vers 29. Paulus het gewerk met die energie wat God hom gegee het. Die NIV vertaal dit as volg: “To this end I labor, struggling with all his energy, which so powerfully works in me.” Struggling with all his energy. Dit is ‘n mondvol!
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe - January 23, 2012
- Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping - January 24, 2012
- Kolossense 1:24-2:5 – om met God se energie te bedien - January 25, 2012
- Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou - January 26, 2012
- Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense - January 27, 2012
- Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde - January 30, 2012