Skip to main content

Jona – God ontferm Hom oor Nineve

Inleiding

prayer-shawlDie boek Jona, tydgenoot van Jesaja, Hosea, Miga en Amos, vyfde in die ry, versag die boodskap van oordeel oor die nasies en verkondig die ontferming van die Here oor diégene wat hulle tot Hom bekeer, selfs as die profeet dit nie wil hê nie! Daarmee word God se oordeel en genade weereens as ‘n integrale deel van sy nabye verhouding met mense en ook selfs die natuur uitgespel.

Die profeet Jona, seun van Amittai en afkomstig uit Gat-Gefer in Galilea, se onwilligheid om aanvanklik die opdrag as profeet na Nineve te aanvaar, en sy latere weerstand teen die Here se ontferming oor die stad, sy mense en sy diere, kan moontlik verklaar word uit die nasionalistiese ideaal wat hy gekoester het vir die volk Israel, soos uit die ander opgetekende profesie van hom blyk.

Ons lei dit af uit 2 Konings 14:25 waar dit duidelik is dat Jona geprofeteer het – in opdrag van die Here – dat die grense van Israel herstel sal word – “van Lebo-Hamat af tot by die see in die Jodaanvallei” – as deel van God se ontferming oor die ellende van Israel in die tyd van Jerobeam II, hoewel dit nie die uiteindelike ballingskap in 722 v.C. kon voorkom nie.

Jona het dit dus waarskynlik moeilik gevind om die genade van die Here teenoor vreemdelinge te versoen met dieselfde boodskap van genade aan sy eie mense. Hy vlug dus, met die ontvangs van die roeping na Nineve, weg van God se liefde af … ter wille van sy eie voorliefde.

Uit die geskiedenis weet ons dat die oordeel oor Nineve, hoofstad van die Assiriërs, uiteindelik voltrek word in 612 v.C., soos in die boek van Nahum voorspel word en in verskeie Joodse geskrifte beskryf word. Die pseudepigrafiese werk Tobit sowel as die Jerusalemse Talmoed wyt dié verwoesting aan die oppervlakkige bekering van die inwoners in die tyd van Jona.

Dit is ook interessant dat die twee boeke wat oor die toekoms van Nineve gaan, Jona en Nahum, albei eindig met ‘n vraag – die enigste twee boeke in die Bybel wat só geskryf is.

  • Jona verduidelik God se genade met die volgende argument: “Maar Ék mag nie besorg wees oor Nineve, die groot stad, waarin daar meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die verskil tussen regs en links nie ken nie, en boonop nog baie diere?
  • Nahum verduidelik God se oordeel oor Nineve met die volgende argument: “Wie het nie voortdurend onder jou wreedheid deurgeloop nie?” (Nah. 3:19).

Jesus verwys in die NT na die profeet Jona en sy boodskap teen Nineve en gebruik dit: 1) as getuienis teen die skrifgeleerdes en Fariseërs se onwilligheid om na Hom te luister en 2) as ‘n teken van sy dood en opstanding (Matt. 12:38-42).

Interessant genoeg is Jesus se tuisdorp Nasaret net 3 km suid van Gat-Gefer, Jona se geboortedorp. Dit is ook ironies dat die Fariseërs nie rekening gehou het met die feit dat Jona dus ‘n profeet uit Galilea was nie (Joh. 7:52)!

Indeling

Geleerdes beskrywe die boek as ’n hemelse komedie. Die verhaal is vol van ironie. Dit ontlok ’n glimlag by ons as ons die vernuftige wegvlug poging van Jona lees en van die nog meer vernuftige planne wat God maak om Jona by sy roeping uit te bring.

Jona is baie kunstig opgebou en daar is baie literêre kenmerke wat bydra tot die unieke boodskap van die boek. Een van die uitstaande kenmerke is die onderlinge verbande tussen die hoofstukke:

Hoofstuk 1 se eerste drie verse vertel van die eerste roeping van Jona. Hoofstuk 3 van die tweede roeping van Jona.
Die res van hoofstuk 1 vertel van Jona en die heidense matrose. Hoofstuk 3 en die eerste deel van hoofstuk 4 van Jona en die Nineviete.
Hoofstuk 2 vertel van Jona en God buite die boot. Die laaste deel van hoofstuk 4 vertel van Jona en God buite die stad.

En die effek daarvan?

Dit wys vir ons wie God is. Hy sien nie af van sy roeping nie. Hy los nie sy doel met sy profete nie. Selfs die verkeerde pad wat Jona volg, word ’n pad van redding vir die matrose. Hy laat nie ’n enkele mens op aarde sonder meer verlore raak nie. Hy is tegelyk onwrikbaar en vol deernis. Hy is doelgerig en aanpasbaar. Hy is streng en vol begrip.

Dit wys ook vir ons wie ons is. Jona “cuts us to size”. Ons gee hoog op oor wat ons kan en wil en sal doen. Uiteindelik is ons mense wat reageer op God en wat Hy doen en is ons grootste mislukking en ons grootste sukses net getuienisse van God se werk in ons lewens. En dit wys ook vir ons dat ons effektief kan wees … en dit nie geniet nie! Die geheim van ware geluk is om tevrede te wees met wat God deur jou en met jou wil doen en op te hou om daaroor te kerm of dit anders te wil hê.

Ons gaan dit as volg lees:

  • 1:1-16 – God roep Jona na Nineve, maar Jona vlug weg
  • 1:17-2:10 – God stuur ‘n groot vis, maar die Here red hom na gebed
  • 3:1-10 – God roep Jona weer na Nineve, maar God sien af van die ramp
  • 4:1-11 – Jona is ontevrede, maar die Here bevestig sy genade

Lees gerus ook my ekskursus oor die verhaal van Jona wat aandag gee aan die historisiteit van die verhaal, die “groot vis”, verskillende maniere om die verhaal uit te lê, die verhale van moderne Jonas, en ‘n uitnodiging om op ‘n verantwoorde manier met verskillende standpunte hieroor om te gaan:

 Ekskursus oor elemente van die verhaal van Jona


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jona


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…