Skip to main content

Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof

Hoofstuk 13 voltooi die prentjie van die Bose aanslag op die mensdom met die bekendstelling van twee diere, die dier uit die see (antichris) en die dier uit die aarde (vals profeet – vgl. 16:13).  Saam met die draak (Satan) vorm hulle ’n gedugte bose driemanskap wat die mensdom met hulle mag beïndruk en van God Drie-enig afvallig maak, behalwe dié wat God daarvan beskerm.  Hulle teenstand sal in die volgende hoofstukke prominent geteken word, veral in die effek wat hulle op die mensdom het, sowel as op die gelowiges, totdat die wederkoms aanbreek en God hulle in die finale oordeel sal oorwin.

Continue reading

Openbaring 14 – Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel

Die hoofstuk skets aan die eenkant die wonderlike toekoms van die gelowiges wat aan God getrou bly, sowel as aan die ander kant die afgryslike toekoms van die ongelowiges wat nie met ontsag vir God gelewe het nie en eerder die dier en sy beeld aanbid het.

Die hoofstuk word in drie dele opgedeel:

  • Die Lam vergader die kerk as sy eiendom – 14:1-6
  • Die finale oordeel en verlossing word aangekondig – 14:7-13
  • Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel – 14:14-20

Continue reading

Openbaring 15 – Die oordeel breek onafwendbaar aan

Hoofstuk 15 is ’n kort inleiding op die finale oordeel waarin die sewe goue bakke gloeiende kole van God se toorn op die aarde uitgegooi word.  Dié sewe bakke met oordele word as sewe plae geteken wat God se oordeel voltooi wat ook Babilon (Rome) se vernietiging insluit.

Continue reading

Openbaring 16 – God se oordeel tref die hele kosmos en vernietig Rome

Hoofstuk 15 het die tafel gedek vir die verwerkliking van die sewe bakke van God se toorn wat nou deur die sewe engele vanuit God se teenwoordigheid in die hemelse tempel en volgens sy wil (tent van die getuienis) uitgegooi word op die aarde.

Waar die seëls ’n kwart van die aarde vernietig het en die trompette ’n derde, tref die bakke eintlik die hele kosmos – aarde, see, riviere, son (hitte en duisternis), eilande en berge sowel as die aardbewoners.  Weereens het die oordele van die bakke ooreenkomste met die plae in Egipte.

Continue reading

Openbaring 17 – Die omvang van Rome se bose invloed op die nasies word ontbloot

God se oordeel oor Babilon, die een wat as die moeder van alle onsedelikheid geteken word, strek van hfst. 17:1-19:5.  Dit brei aan die eenkant uit op die oordeel van die sewende goue bak waarmee God die aarde suiwer van haar invloed.  Aan die ander kant maak haar vernietiging plek vir die bruilofsfees van die Lam (19:6 vv.), die vestiging van die koninkryk van die Lam op aarde deur die vernietiging van die antichris en valse profeet (19:11 vv.), die opstanding uit die dood (20:1 vv.), die finale oorwinning oor die Satan (20:7), die laaste oordeel 20:11), die aanbreek van ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde (21:1 vv.) en God wat in die nuwe Jerusalem sy intrek saam met die gelowiges neem (21:9 v.).

Hoofstuk 17 word in twee dele opgedeel.  Die eerste deel, vers 1-6 skets die prostituut Babilon in grafiese detail.  Die tweede deel, vers 7-18 lê die eerste deel se betekenis uit, amper soos Jesus gedoen het met die gelykenis van die Saaier – eers die gelykenis, dán die verklaring daarvan (Matt. 13).  Hoofstuk 18 tot 19:5 handel oor haar vernietiging.

Continue reading

Onlangse kommentaar