Skip to main content

Jakobus 1:1-18 – Volhard in beproewing

JakobusLEES

Raak stil voor die Here met ’n kort gebed.  Lees die teksgedeelte deeglik deur.  Let op vir temas in die gedeelte.  Vra jouself af: Wat sê dit van God?  Wat sê dit van mense?  Wat sê dit van die wêreld?  Soek vir een sleutelgedagte wat jou besonderlik tref.  Skryf dit in jou joernaal neer.  Lees dan wat ek hieronder geskryf het.

My bydrae

1:1 – Jakobus, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus

Jakobus noem homself “’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus”.  Daarmee kies hy om sy geloofsbande met Jesus te beklemtoon, nie sy familiebande nie.  Hy rig sy brief “aan die twaalf stamme in die Diaspora”.  Dié woord Diaspora is, soos reeds genoem, gebruik om die “verstrooiing” van die Jode buite hulle land aan te dui.  Dié titel word nou op Christen Jode in verstrooiing van toepassing gemaak.

Continue reading

Inleiding op Jakobus

Jakobus die broer van Jesus

JakobusDie brief van Jakobus is waarskynlik geskryf deur Jakobus, die broer van Jesus.  Hy was waarskynlik die oudste seun naas Jesus, en het ook drie ander broers gehad: Joses, Judas (skrywer van die brief van Judas) en Simon.  Hy het natuurlik ook susters gehad (Mrk. 6:3).  Hoewel hy aanvanklik, soos sy ander broers, negatief was oor die bediening van Jesus (Joh. 7:3-5), het die Here Jesus ná sy opstanding persoonlik aan hom verskyn (Paulus verwys daarna in 1 Kor. 15:7), waarna hy nie net die Pinkstergebeure met die uitstorting van die Heilige Gees beleef het nie (Hand. 1:14), maar ook daarna ’n sterk leiersrol in die gemeente en vroeë kerk gespeel het.

Beide Paulus (Gal. 1:19; 2:9) en Lukas (Hand. 15:13; 21:18) beskryf hom as ’n leier, een van die “pilare” van die vroeë kerk, wat spesifiek ’n leidende rol in die insluiting van die gelowiges uit die heidene gespeel het.  Dit is ook hy wat die brief aan die gelowiges uit die heidene voorgestel het asook die inhoud daarvan (Hand. 15:13-21).  Hy het egter self gefokus op die evangelisering van Jode (Gal. 2:9) soos ’n mens ook uit die aanhef van sy brief kan aflei (Jak. 1:1).

Continue reading

Bybelskool 4de kwartaal 2014

Bybelskool.com bydrae grafikaIndeling van die leeswerk

Die laaste vyf boeke van die NT kom hierdie kwartaal aan die beurt by www.bybelskool.com.  Ons lees die brief-boodskap van een van die leiers van die huisgemeentes van Rome, Hebreërs.  Ook die briewe van twee broers van Jesus, Jakobus en Judas.  Daarby kom die twee briewe van Petrus, die apostel en leier van die vroeë kerk.

  • HEBREËRS – ’n Boodskap van bemoediging
  • JAKOBUS – Praktiese Christenskap
  • 1 PETRUS – Volhard vol vreugde in vervolging en lyding
  • 2 PETRUS – Hou vas aan die ware evangelie
  • JUDAS – Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof

Elke weeksdag plaas ek ’n bydrae by www.bybelskool.com van 21 Oktober tot 25 November.  Skryf daar in met jou e-posadres.  Dit is gratis.  Ek sal DV dit mettertyd ook as e-boeke beskikbaar stel (ePub en mobi).  Ek bespreek ook die briewe en van die kwessies wat daarin aangeraak word in byeenkomste in Somerstrand gemeente: Hoe praat God vandag,  watter rol speel buitengewone tekens en gawes, hoe moet ons dink oor die doop en verwante sake, hoe lyk praktiese Christenskap, hoe hanteer ons vervolging en lyding, watter plek het dogma en hoe hanteer ons dwaalleer.

NOTA: Ek het Hebreërs se indeling verander wat beteken dat daar twee bydraes bykom.  Die datums van al die bydraes is daarom aangepas.

Continue reading

Onlangse kommentaar