Skip to main content

Genesis 8 – Toe het God gedink aan Noag en al die diere in die ark

4782847“Toe het God gedink aan Noag en aan al die wilde diere en die mak diere wat by hom in die ark was …”  Dit is die evangelie in dié teks.  Dit hang saam met sy vroeëre besluit om ‘n verbond met Noag  te sluit (Gen. 6:18) wat in die volgende hoofstuk in ‘n omvattende verbond nie net met Noag nie, maar ook met sy nageslag beskryf sal word, trouens met “mens en dier” dat Hy nie weer die vloedwaters sal stuur om die aarde te oorweldig nie waarvan die reënboog die teken sou wees (Gen. 9:8-19).

Continue reading

Genesis 9 – God sluit ‘n verbond met alle lewende wesens

4782847Genesis 9 sluit die verhaal van Noag af in twee dele: ‘n gesprek van God met Noag (9:1-17) en ‘n gesprek van Noag met sy kinders (9:18-29).

  • In God se gesprek met Noag seën Hy vir hom en sy nageslag en beveel hulle om vrugbaar te wees. Hy belowe ook om nie weer alle lewende wesens deur ‘n wêreldwye vloed uit te wis nie, en gee die reënboog as teken om Homself daaraan te herinner.
  • In Noag se gesprek met sy kinders vervloek hy Gam se seun, Kanaän, tot ‘n slaaf vir sy seksuele oortreding, en seën Sem en Jafet om die opdrag van God om die aarde te bewoon, uit te voer.

Albei gesprekke het verreikende gevolge vir die wêreld sowel as vir die nasies wat uit Noag voortgespruit het.  In hoofstuk 10 sal daar ook ‘n geslagsregister geplaas word wat as getuienis van die verspreiding en ontwikkeling van die nasies na die sondvloed sal dien (vgl. 1 Kron. 1:4-23 waarmee dit ooreenkom).

Continue reading

Genesis 10 – Uit Noag en sy nageslag versprei die nasies oor die aarde

4782847Dit is duidelik uit Bybelse perspektief dat Noag en sy nageslag die nuwe begin van God met die hele aarde is.  In die name van die nageslag van dié drie seuns, Sem, Gam en Jafet, kan die hele ontplooiing van die bekende nasies van daardie tyd gesien word: “Uit húlle het die nasies oor die aarde versprei ná die oorstroming.” (Gen. 10:32).

Die geslagsregister is duidelik hier geplaas om dit aan Noag se verhaal te koppel, maar kronologies kom dit ná die verhaal van Babel, soos ‘n mens ook aflei uit die verhaal van Peleg, nageslag van Sem, waarvan gesê word: “in sy tyd is die land/aarde verdeel”.  Kronologies kom hoofstuk 11 dus eintlik vóór hoofstuk 10.

Die hoofstuk is uiteraard opgebou rondom die nageslagte van dié drie seuns van Noag:

  1. Die nageslag van Jafet – 10:2-5
  2. Die nageslag van Gam, in baie meer besonderhede – 10:6-20
  3. Die nageslag van Sem, waaruit die Hebreërs, onder andere Abraham en Israel gebore is – 10:21-31

Vers 1 is ‘n inleiding en vers 32 ‘n opsommende opmerking.

Continue reading

Genesis 11 – God bring ‘n taalverwarring en beweeg Tera om na Kanaän te trek

4782847Genesis 11 handel oor drie onderwerpe.  In die eerste plek word die verhaal van die toring van Babel en die taalverwarring vertel – 11:1-9.  In die tweede plek word die geslagsregister van Sem waaruit Abraham gebore is aan die orde gestel met ‘n duidelike datering aan die hand van die sondvloed – 11:10-26.  In die derde plek word die familiegeskiedenis van Tera vertel, die vader van Abram en patriarg van die res van die aartsvaders wie se verhaal in die res van Genesis 12-50 vertel sal word – 11:27-32.

Dit is duidelik dat die Here sy plan om die mens te gebruik om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar nie laat vaar nie.  Hy keer met die taalverwarring dat ‘n sekulêre en godlose beskawing in Babel tot stand kom wat sy planne met die mens sou fnuik.  Agter die skerms is Hy ook besig in die lewe van Tera om die trek na Kanaän te begin.  Selfs toe Tera nie die trek voltooi nie, word God nie daardeur gestuit nie, maar gaan voort met sy roeping van Abram, die vader van die gelowiges, soos ons in Genesis 12 gaan agterkom.

Watter wonderlike getuienis van God se werk agter en deur alles wat ‘n impak het regdeur die geskiedenis.  Dit herinner my aan Richard Niebuhr se stelling dat ons altyd met dié God moet rekening hou in alles wat ons doen: “God is acting in all actions upon you.  So respond to all action upon you as to respond to his action.”

Continue reading

Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwys

4782847Abraham is die oorgangsfiguur tussen die oergeskiedenis en die patriargale geskiedenis. Genesis 12-50 fokus ná die oergeskiedenis op die verhale van die drie aartsvaders, Abraham, Isak en Jakob en hulle nageslag.  Hierin is Josef, die seun van Jakob, ‘n belangrike oorgangsfiguur na die tyd van slawerny in Egipte.  Hy is die hoofkarakter in die  verhaal van Genesis 37-50.

Genesis 11:27-32 het reeds met Abraham se geslagsregister die drie hoofkarakters van die Abraham verhaal van Genesis 12-25 aan ons voorgestel: Abraham, Sarai, en Lot.  Die verhaal wat die ontstaan van die verbondsvolk in die volgende hoofstukke aan die orde stel, word aan die hand van alles wat met hulle gebeur het in hulle verhouding met God, mekaar en die nasies rondom hulle vertel.

Voordat ons die teks begin lees, wil ek net aandag gee aan twee sake wat met die plasing van die verhaal binne die Bybel verband hou, die mondelinge tradisies waarop dié verhale berus, en die datering wat die teks self gee.  Uiteraard kan ‘n mens nie dié tradisies met historiese presisie nagaan nie.  Daarom gee ek dit weer soos dit hier vertel word, sodat die verhaal se eie interne gegewens jou prentjie van wat hier gebeur, kan vorm.

Continue reading

Onlangse kommentaar