Genesis 3 – Die mens kruip vir God weg weens die sonde
Hierdie hoofstuk is ‘n fassinerende een, veral as ‘n mens dit nie net in samehang met die begin van die verhaal in Genesis 2 lees nie, maar ook saam met hoofstuk 4 hierna oor die stryd tussen Kain en Abel lees. Genesis 3 vertel onder andere die verhaal van die “battle of the sexes”. Genesis 4 vertel die ooreenstemmende verhaal van die “battle of the siblings”.
Genesis vertel vir ons hierdie verhale, nie net om vir ons te illustreer hoe die God-mens en mens-mens verhouding werk nie, maar om ons in trek en saam te neem na ‘n eie geloofservaring. Dit gee ons ‘n soort “kyk-weer” ervaring, sodat ons self die uitnodiging kan hoor: God praat en wil ons metgesel word ten spyte van ons sonde!
Kent Ira Groff het hieroor gesê: “Stories skep ‘n innerlike ruimte waar ons eggo’s van God se teenwoordigheid kan hoor.” En dit is wat met ons gebeur as ons die verhale lees.
Ek gee eers ‘n paar vooraf opmerkings oor Genesis 3 vóór ek die laaste vyf episodes van die verhaal wat in Genesis 2 begin het aan die orde stel.
Onlangse kommentaar