Skip to main content

Inleiding op die boek Ester

Ester se verhaal speel af in die tyd van die Persiese koning Xerxes – of Ahasveros, soos hy in die Bybel genoem word – in die stad Susan (486-465 v.C.).  Die gebeure van die boek kan daarom geplaas word tussen die verhaal van Esra 1-6 (die terugkeer onder Serubabbel van 539 v.C. af) en Esra 7-12 (die tyd van Esra en Nehemia van 458-430 v.C.).  Susan is ook die stad wat Daniël in een van sy visioene gesien het (Dan. 8) en waarvandaan Nehemia sy werk in Israel in opdrag van Artaxerxes (Artasasta – Neh. 2:1), Xerxes se seun, gaan doen.  Artaxerxes was nie Ester se eie seun nie, maar hulle moes mekaar waarskynlik wel geken het.  Só moontlik ook Nehemia en Ester.

Continue reading

Ester 1-2:18 – Ester beïndruk almal om haar en vestig haarself as nuwe koningin

Die verhaal begin met koning Ahasveros (Xerxes) wat ’n onthaal gee vir al sy hoë amptenare en die ander in sy diens.  Sy ryk was groot en het 127 provinsies beslaan, van Indië af tot by Egipte.  Dit was nadat hy eers vir 6 maande lank sy rykdom ten toon gestel het.

Continue reading

Ester 2:19-5:14 – Mordegai en Ester tree met groot wysheid en oorleg op in die gevaar wat Haman vir die Joodse volk inhou

Met Ester goed gevestig in haar rol as koningin, skuif die fokus na die antagonis Haman wat nie net ’n geswore vyand van Mordegai word nie, maar ook van die hele Joodse volk wat – onwetend vir hom op dié stadium – natuurlik vir Ester insluit.

Continue reading

Ester 6-7 – Die koning se slaaploosheid is die draaipunt in die verhaal

Waar hoofstuk 1-5 die dreigende gevaar vir die Joodse volk beskryf het, begin hoofstuk 6-9 nou die verstommende uitkoms beskryf wat orals in die wêreld redding vir hulle sal bring.  Interessant genoeg is dit die koning se slaaploosheid wat die draaipunt in die verhaal verteenwoordig.

Continue reading

Ester 8 – Die Jode kry die reg om hulle teen etniese suiwering te verdedig

Haman se vernedering duur selfs ná sy dood voort.  Sy eiendom word aan Ester gegee wat dit aan Mordegai toevertrou om te bestuur, nadat sy haar verwantskap met hom aan die koning verklaar het.  Die posisie wat Haman gehad het, word boonop aan sy vyand, Mordegai, gegee, verseël met die seëlring van die koning.

Continue reading

Onlangse kommentaar