Skip to main content

Ester 9-10 – God red die Jode deur die leierskap van Mordegai en Ester

Die dertiende dag van Adar breek toe aan met die tafel gedek vir grootskaalse oorlog.  Omdat die Jode egter voorbereid was, kon hulle weerstand bied en het hulle hulle vyande oorweldig. Niemand kon voor hulle standhou nie.

Continue reading

Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester

Wraak verkoop flieks. Man on fire. The Equalizer. John Wick.

Creasy (Denzel Washington) skilder sy groot meesterstuk in Man on Fire. Sy kuns is die dood. Sy motivering is om ‘n dogtertjie van haar ontvoerders te red. En die onaantasbare korrupte polisiemag te ontbloot. Maar met oordadige bloederige geweld.

In The Equalizer neem Robert McCall (Denzel Washington) ook wraak teen die Russiese Mafia. Sy motivering is mense wat misbruik en gemarginaliseer word. Maar op ‘n bloederige dodelike manier. Dit neem minder as ‘n halfminuut om sonder ‘n wapen in sy hand ‘n hele kamer mense uit te wis.

En Keanu Reeves in John Wick neem op skouspelagtige manier wraak. John se motivering? ‘n Nikswerd seun van ‘n Mafia baas wat sy hond doodgemaak en sy motor gesteel het. As hyself ‘n teiken word in die opvolg fliek, omdat hy een van die kardinale reëls van sy professie oortree het, en die hele wêreld se sluipmoordenaars teen hom opgekommandeer word, sê hy vir Winston:

“Tell them… Tell them all… Whoever comes, whoever it is… I’ll kill them. I’ll kill them all …”

Hoe dink julle oor sulke wraak? Voel dit goed? Is dit bevredigend? Is dit billik? Voel julle die mense kry wat hulle verdien het? Voel julle dit is geregverdig om wraak te neem? Wanneer is dit geregverdig? Vir ‘n jong dogtertjie? Vir prostitute wat misbruik word? Vir ‘n hond wat doodgemaak word? Vir ‘n motor? As ander se lewe op die spel is? As jou lewe op die spel is?

Die verhaal van Haman en Mordegai in die boek Ester kan ons help om hieroor te dink.

Continue reading

Ester – Met die oog op ‘n tyd soos hierdie

Jews for Jesus.org

Ek onderbreek my hantering van my boek Wie is God? se temas weens die vakansie. Ek begin daarmee weer 8 Oktober.

Ek gaan egter in die gemeente die boek Ester oor die volgende twee weke deurwerk. Ek het die leeswerk in vyf dele opgedeel. Ek nooi jou uit om die pdf hieronder af te laai en te gebruik in jou stiltetyd of kleingroep.

Jy gaan telkens uitgenooi word om te merk dít wat jou laat glimlag, dít wat jou ontstel, dít wat jy van God se werk agter die skerms kan agterkom, en dít wat Hy jou leer in jou eie situasie.

Alles om hierdie ou verhaal in jou eie konteks te laat praat. In die kleingroep kan julle deel met mekaar wat julle tref (glimlag, ontstel, God se werk) en bespreek wat God julle daardeur leer.

Ek gaan twee keer daaroor preek in die gemeente Somerstrand. Die eerste preek sal waarskynlik oor wraak gaan – iets wat ek onlangs hier aangespreek het. Die tweede sal waarskynlik oor die voorsienigheid gaan. Die Here moet my nog lei in die spesifieke boodskappe.

Geniet!

Laai Ester.pdf hier af

Onlangse kommentaar