Skip to main content

Ester 8 – Die Jode kry die reg om hulle teen etniese suiwering te verdedig

Haman se vernedering duur selfs ná sy dood voort.  Sy eiendom word aan Ester gegee wat dit aan Mordegai toevertrou om te bestuur, nadat sy haar verwantskap met hom aan die koning verklaar het.  Die posisie wat Haman gehad het, word boonop aan sy vyand, Mordegai, gegee, verseël met die seëlring van die koning.

Met Haman so verneder en uit die weggeruim, was die probleme van die Jode egter nie op ’n einde nie.  Die bevel van die koning was steeds dat hulle op die dertiende van die maand Adar uitgewis sou moes word.  Dié bevel kon nie as sodanig verander word nie, al het Ester voor Ahasveros gekniel, gehuil en hom om genade gesmeek.

Daarom stel Ester voor dat daar ander briewe geskrywe word, aan elke volk in hulle eie taal, dat die Jode die reg het om hulle te verdedig en die ramp wat hulle kon tref, só te kan afweer.  So 20 dae voor die voltrekking van die vorige gebod van Ahasveros rondom die uitwissing van die Jode, het boodskappers op resiesperde dié nuus versprei deur die hele ryk dat die koning aan die Jode in alle stede die reg gee om bymekaar te kom en hulle te verdedig. Trouens, die bevel was dat hulle enige gewapende mag van enige volk of provinsie deur wie hulle bedreig word, voor die voet kon uitroei, ook kinders en vrouens, en op almal se besittings beslag lê. ’n Radikale ommekeer in die koning se voorskrifte en een wat vandag nog weerklink in die manier waarop die Jode hulle teen die wêreld beveilig.

Die nuwe opdrag was dus net soos die vorige een, wreed, aggressief en ongenaakbaar, maar waarskynlik die enigste manier om só ’n groot gevaar, dié van etniese suiwering, te vermy.

Die bevel van die koning het tot groot vreugde in die stad Susan gelei en vir die Jode was daar weer “lig en vreugde en blydskap en ‘n gevoel van eiewaarde”. Hulle het maaltye gehou en feesgevier, iets wat uiteindelik oor sou gaan in die jaarlikse instelling van die Purimfees, soos ons in die volgende hoofstuk gaan lees. Interessant genoeg, sê die skrywer, het baie mense van ander volksgroepe Jode geword omdat hulle skrikbevange was vir die Jode. Hoe wydverspreid dit was, sou ’n mens nie kon sê nie, maar die gemoedstemming van almal is gelig.

Hierdie gebeure in die Persiese ryk, waarin ’n dreigende uitwissing deur die Jode afgeweer is, gee ’n mens dus ’n beter begrip van die Joodse psige.  Dit is gevorm deur eeue lange ervarings van konflik met hulle buurvolke.  Diep in hulle volksgeheue was die ervaring van slawerny (Egipte), die bevryding daaruit (Eksodus), die heilige oorlog teen die ander nasies in Kanaän (Intog), die ballingskap weens hulle ongehoorsaamheid (Babel), die hervestiging in Israel (Terugkeer – waaroor ons in Esra en Nehemia gaan lees) ingebrand.  Op die koop toe was daar hierdie gevaar van etniese suiwering (Persiese ryk).

Só sou daar nog ’n paar groot gevare op hulle pad wees, die verwoesting onder Antiogos IV Epiphanes in die Makkabeërtyd van die 2de eeu v.C., die verwoesting onder die Romeine in 70 n.C., die ghetto’s van die Middeleeue in Europa, die Volkslagting onder die Nazi’s (Duitsland) en die vele oorloë om hulle reg op nasieskap en ’n grondgebied te verseker na 1948.  Dit is ’n uitmergelende geskiedenis van konflik en oorlog waarvan die einde nog nie in sig is nie.

Dit is daarom wel jammer dat hulle nie ander gun wat hulle hulleself gun nie, spesifiek die Palestyne in die voortslepende konflik in Israel vandag.  Maar ’n mens het tog begrip vir hulle aggressie, gegewe só ’n konflikterende geskiedenis, al sou ’n mens graag wou hê dat hulle vreedsame naasbestaan najaag.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Ester


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders